Tien redes om 'n draai te maak op Mosselbaai. WEG 04 Mei 2017

weg voorblad


Mosselbaai staan nie verniet bekend as die “doen-dinge-bestemming” nie. Hier is 10 van ons
gunstelinge.

OF JY NOU AKSIE, AVONTUUR, KUNS, KULTUUR, GESKIEDENIS, PRET EN PLESIER OF BLOOT RUS SOEK, MOSSELBAAI IS ’N BESTEMMING DUISEND. EN DIS BOONOP LIGTER OP DIE SAK AS BAIE VAN DIE ANDER BESTEMMINGS IN DIE LAND.

  1. 1. SWEM, JANNIE, SWEM

    weg 1

    Besoekers aan Mosselbaai is ’n klipgooi van altesaam 4 blouvlagstrande: Santos, De
    Bakke, Hartenbos en Klein-Brakrivier. Dit beteken die strande voldoen aan die hoogste
    gehalte- en omgewingstandaarde. In seisoentyd is hier van 08:00 tot 18:00 menseredders
    aan diens.

    2. DAG, OU GROTE|


    weg 2

    Mosselbaai is ’n uitstekende plek om walvisse te sien. Van Junie tot November is dit
    walvisseisoen. Kom staan binne die museumkompleks, sit in ’n restaurant wat uitkyk oor
    Santos, De Bakke of die Punt, of kyk sommer van jou eie balkon of kampeerplek af uit
    oor die see ... ’n waterreus sal jou elke nou en dan verras. Die streek is ook bekend vir sy
    robbe, dolfyne en haaie. As jy die seediere van naderby wil bekyk, bespreek ’n bootrit by
    Romonza (www.romonzaboattrips.co.za; 082 701 9031/044 690 3101).



    3. GROTKRUIPERS

    weg 3


  2. Vir ’n onvergeetlike belewenis, besoek die Cape St. Blaize- en die Pinnacle Point-grotte.
    Dié grotte neem jou 162 000 jaar terug in die geskiedenis en word gereken as die punt van
    die mens se oorsprong (in Engels: “Point Of Human Origin”). Jy kan Cape St. Blaize
    sonder begeleiding besoek. Artefakte van om en by 80 000 jaar gelede wat hier gevind is,
    is nou by die Dias-museumkompleks te siene.
    (Meer inligting by www.humanorigin.co.za, of 071 690 8889/079 640 0004.)
    Verken Pinnacle Point op ’n begeleide toer. Let wel: Jy kan die grot net met ’n stel steil
    trappe bereik. Bespreek vooraf by: www.humanorigin.co.za, 079 640 0004/071 690
    8889. www.visitmosselbay.co.za/archaeology

  3. 4. STAP TOT JOU ASEM BEGIN BLAIZE . . .

    weg 4



    Die staproete volg ’n kontoerpad van 13,5 kilometer oor die kranse wes langs die
    Mosselbaai-kus af en strek van die St. Blaize-grot by die Punt, tot by Danabaai se 1ste
    Strand. Gaan vra raad by die Toerismekantoor.


    weg 5


    Beach House 970x250 newsite


    5. LEER JOU LES

    weg 6


    As die grotte jou eers nuuskierig gemaak het, besoek ook die Dias-museumkompleks,
    Posboom, Dias-karveel, Skulpmuseum, Akwarium en die Cape St. Blaize-lighuis.
    Mosselbaai het ’n groot (en interessante) rol in Suid-Afrika se geskiedenis
    gespeel. www.diasmuseum.co.za.

    weg 7

    6. HAAI DAAR, OUENS

    weg 8


    White Shark Africa se haaihokduiksessies vind vanaf die 11,5 meter lange Shark Warrior
    plaas. Duikpakke, duiktoerusting en ligte verversings is ingesluit. Bangjan kan die haaie
    vanaf die boot dophou.
    Bespreek by www.whitesharkafrica.com of 082 455 2438/044 691 3796. Vir ’n ander
    belewenis, kom swem saam met die hondhaaie by The Shark Lab. Geen bespreking is
    nodig nie. Bring jou eie swembroek of duikpak en swemhanddoek saam. Meer inligting:
    063 408 1724.


    7. KOM TEM DIE SANDDRAAK


    weg 9

    As jy hare (en sand) op jou tande het, kom tem die Draakduin (“Dragon Dune”), die
    grootste sandduin in Suid-Afrika. Sandduinry is baie soos sneeuplankry en jy het geen
    vorige ondervinding nodig om dit baas te raak nie. Hier kan jy vorder vanaf die Baba-duin
    (100 meter), na die Big Boy (180 meter) en helaas na die Big Daddy, oftewel die
    Draakduin (350 meter). Bring toe skoene, drinkwater, sonskerm en jou aksiekamera saam.
    Bespreek ’n dag voor die tyd by www.dragondune.com of 082 971 1405


  4. weg 10


    8. KLAP ’N TOON


    weg 11

    Kry vir jou ’n Historiese Roete-kaart by die Toerismekantoor op die hoek van Mark- en
    Kerkstraat en verken Mosselbaai te voet. Dié brosjure wys byna 70 geskiedkundige
    geboue uit wat almal dateer uit die jare 1786 tot die vroeë 1990’s. Maak ’n punt daarvan
    om die Ou Foto-uitstalling in die timmermanswinkeltjie by Montagustraat 89 (agter die
    taxi-staanplek) te gaan kyk. Die Santos Pavilion is een van twee Victoriaanse
    strandpaviljoengeboue wat vandag nog gebruik word. Dit is in 1906 gebou nadat die
    argitek in Engeland gaan draai het om die Brighton Pavilion te bestudeer. Vandag huisves
    die Santos Pavilion ’n lieflike restaurant op die strand.


    9. NOG LANK NIE OOR DIE MUUR

    weg 12


    Mosselbaai se hawemuur bied heelwat om te sien en doen. Geniet die uitsig oor die see terwyl jy iets eet by een van die eetplekke op Kaai 4. Sea Gypsy-restaurant is ’n ou gunsteling onder die “locals” en besoekers, en ’n entjie verder sal jy die bloedrooi bus genaamd die London Bus Fish & Chips Company aantref, waar jy op die boonste vlak van dié daklose bus kan aansit. Langsaan is die Mossel Bay Oyster Bar, wat oesters en
    vonkelwyn, asook soesji bedien. Die Kaai 4-braairestaurant spesialiseer in tradisionele
    Suid-Afrikaanse kos soos braaivleis, seekos en vars roosterkoek – alles op ’n oop vuur berei. Die hawemuur bied ook heelwat pret-aktiwiteite aan. Electrodive spesialiseer in skubaduik en snorkel, of jy kan saam met die manne van Go Fish gaan diepseehengel. In die somervakansie is die Waverider gewild onder adrenalienverslaafdes.


    10. SPREI JOU VLERKE

    weg 13



    Mosselbaai is die kroonjuweel in ’n fantastiese streek. Bondel die kinders en jou skoonma in die motor en ry vir die dag uit na Herbertsdale, die Brakke (Groot-, Klein- en MidBrak), Heroldsbaai, Brandwag, Ruiterbos, Friemersheim, Danabaai, Boggomsbaai, Fransmanshoek, Vleesbaai, Gourits of Albertinia. Op sommige strande kan jy vir Wagter saambring – hou die borde dop. 


    delfinos newsite

    weg 14

    Te veel om te kies? Die vriendelike mense by die Mosselbaai-toeriste-inligtings- kantoor staan reg om jou in die regte rigting te stuur. Hulle is by: h/v Mark- en Kerkstraat. 044 691 2202, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
    GPS-punt: S34.180113, E22.143153
    www.visitmosselbay.co.za
    www.facebook.com/visitmosselbay
    @visitmosselbay
    #visitmosselbay
    5/21/2018 10 Redes om ’n draai te maak op Mosselbaai
    https://www.netwerk24.com/…/10-redes-om-n-draai-te-maak-op-… 11/11
    Nuttige skakels
    Visit Mossel Bay #visitmosselbay #mosselbay
    Electrodive
    Mossel Bay Deep Sea Fishing Adventures
    Wave’s S’cool of Surfing
    White Shark Africa
    Dragon Dune Sandboard
    Skydive Mossel Bay
    Bergfietsroetes
    Staproetes soos Cape St. Blaizeen Oystercatcher
    Romonza-bootritte
    Model Shipyard
    Mosselbaai Kunsroete
    Garden Route Casino @Pinnacle Point
    Pinnacle Point Gholf Estate
    Mosselbaai Gholfbaan
    Fietsry en Bergfietsroetes Mountain Bike Trail Parks bv. by
    Klipheuwel, Jakkalsvlei, ReedValley
    Perdry: Adventure Horse Safari’s en Outeniqua Moon Percheron
    Hartenbos
    Groot-Brakrivier Museum
    Wildplase en ander plase waar jy wild en voëls kan
    sien: Indalu , Botlierskop , Garden Route Game Lodge , Hartenbos Private
    Game Lodge , Eight Bells Mountain Inn, Bergsig Game Farm
    4x4 Roetes Bonniedale Holiday Farm, WildX Adventures

    https://www.netwerk24.com/Weg/Reis/10-redes-om-n-draai-te-maak-op-mosselbaai-20170504
NETWERK24.COM
 
Mosselbaai staan nie verniet bekend as die “doen-dinge-bestemming” nie. Hier is 10 van ons gunstelinge.
 
Related Articles: