Hennie en Melinda van Greunen het geen bekendstelling in die Suid-Kaap nodig nie. Dié paartjie kén van kosmaak, spitbraai en entertain en doen dit al jare lank sedert hulle meer as 23 jaar gelede met hul gewilde spysenieringsdiens M&H Catering  in Mosselbaai begin het.

Hennie en Melinda van Greunen 2

Hul "nuwe baba" - 4 Cousins Bar & Bites - in die Super Spar-sentrum in Da Nova bou voort op dié tradisie van 'n wye verskeidenheid keurige en liplekker-disse, uitstekende gehalte en professionele diens.

4 Cousins

By dié restaurant en kuierplek met sy ruim dek waar jy boonop 'n panoramiese uitsig oor Mosselbaai se uitgestrekte kuslyn saam met jou dop of tjop kan geniet, het jy 'n wye keuse van smullekker geregte  - van tradisionele Sondag-boerekos, hamburgers, vis en tjips tot afval en skaapkop!

4 Cousins6 3

Hennie se befaamde ribbetjie, biefstuk en lam- en hoender-spitbraaie is alom bekend en met 'n musikant of twee wat boonop musiek verskaf, word elke funksie 'n fees!

4 cousins12

Hennie en Melinda is bekend vir hul watertand-disse teen beskostigbare pryse vir lékker eet en kuier . . . 

4 cousins84 cousins11

Die restaurant met sy gelisensieerde kroegarea is ook ideaal vir spesiale funksies soos troues, verjaardagpartytjies en spesiale funksies, en kan tussen 60 tot 80 mense huisves - veral in sonnige weersomstandighede wanneer almal op die dek saamdrom om die uitsig en sonsondergang te geniet.

4 cousins7 2 

Hier word lekker gekuier met 'n prag-uisig oor die baai . . . 

cousins9 hennie

 Hennie agter die spit met sy befaamde lam-spitbraai soos Mosselbaaiers hom ken. 

4 cousins14 2

Spyskaart:

 * Keurige, bekostigbare maaltye wat wissel van smullekker hamburgers, vis en skyfies, rib, biefstuk en ligte etes wat bedien word met slaaie en groente. 

4 cousins9

 * Die spesiale Sondag-middagetes van tradisionele boerekos is veral gewild en sluit watertand-geregte in : sop, beesstert, lamsboud, hoender en ander vleisgeregte, gebakte aartappels, rys, slaaie, groente en gebakte poeding. Die Sondag-etes kan ook as wegneem-etes bestel word.

4 Cousins4

 * Daaglikse spesiale disse is ook as wegneemetes beskikbaar.

Tye:

4 Cousins is daagliks oop van 09:00 tot 22:00, behalwe Sondae van 09:00 tot 15:00. Verlengde ure geld in seisoentye.

 

4 cousins10

 

Spyseniering en spesiale funksies:

Kontak Hennie of Melinda gerus by 044 690 3332 vir spysenieringsdoeleindes soos buffet-etes, kaasborde (platters), spitbraaie of spesiale funksies.

 

4 Cousins3

 Spesiale skaapkop-etes en spitbraaie soos net Hennie en sy span kan doen, word gereeld op bestelling hier gehou.  Lees en kyk gerus hier hoe lekker dit op so 'n skaapkop-eetfees gaan: 

 https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2457233477841238?

skaapkop18

 couzins1

 Keurig en lekkerrr . . . 

4 cousins13 2

Super Spar-sentrum

Da Nova

Mosselbaai 

Tel: 044 690 3332

Facebookhttps://web.facebook.com/4-Cousins-Bar-Bites-Restaurant-194794711168415/

 

Related Articles: