Sondag se wolkbreuk wat sowat 50 mm welkome reën binne minute laat uitsak en uitgebreide skade van miljoene rande in veral die Hartenbos-omgewing aangerig het, het ook 'n ongekende storm op sosiale media ontketen.

Tientalle mense het foto's en videos van die modderige watermassas afgeneem wat plek-plek reg deur huise gestroom het en helaas geen beduidende verskil aan die halfleë damvlakke gemaak het nie omdat dit nutteloos wegspoel het. 

Lesers het dié kostelike foto van kampeerders wat visvang in die oorstroomde Dibiki-karavaanpark in Hartenbos as die Foto van die Jaar gedoop oor die humor te midde van grootskaalse reënskade en oorstromings.

wolkbreuk

In die relatief nuwe Monte Christo-spogkompleks in Hartenbos het 'n pad in 'n rivier verander wat plaveisel meegesleur en dwarsdeur 'n paar huise gestroom het. 

wolkbreuk3

Die omvattende skade het ook baie vrae en vrese laat onstaan oor die beplanning en doeltreffendheid van stormwaterstelsels, die gehalte van bouwerk, die veiligheid van grondgebiede waar spogontwikkelings toegelaat word en les bes, wie verantwoordelik is vir al die voorkombare skade.

Die vrees, verlies en ontbering van inwoners wat reeds oorstromings beleef en hul huise weens grondverskuiwings verloor het, is net te kort in die geheue om dié nuwe en uitgebreide reënskade ligtelik op te neem.

Ons Facebook-blad het ontplof van kommentare wat gewissel het van dankbaarheid oor die reën tot aanbevelings, kritiek, aantygings en werkbare oplossings om soortgelyke skade in die toekoms te voorkom.

Omdat Facebook so vlietend is, maar baie meer foto's en videos kan hanteer as 'n webblad, het ons al die Facebook-plasings met kommentare  - vandat die eerste reënbuie Sondag uitgesak het tot die nadraai van die stormweer - in chronologiese volgorde hier vasgevang (van onder na bo):

 wolkbreuk1

Die parkeerterrein by die ATKV Seefront het soos 'n waterpark gelyk en besighede het ook skade gely. 

1 Oktober 2019:

In nog 'n onverwagse nadraai van Sondag se reënstorm wat groot skade in veral die Hartenbos-omgewing aangerig het, word in 'n dringende verslag aangeraai dat nog sowat 20 huise in die Seemeeupark-ontwikkeling dadelik ontruim word omdat die onstabiele grond dit te gevaarlik maak om langer daar te woon - veral in reëntoestande.

 seemeeu nuut6

In ons vorige plasing het ons juis gemeld van Seemeeuparkers se voortdurende vrees vir enige reënbuie omdat daar steeds sigbare grondverskuiwings plaasvind wat voortdurend waterpype laat bars, mure laat kraak en plaveisels oplig.

Die onafhanklike verslag wat deur drie kenners van Gauteng opgestel is, is verlede week aan die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) gestuur. Ná die naweek se reënskade sal dit na verwagting vandag reeds met die betrokke regeringsamptenare en die Mosselbaai Munisipaliteit bespreek word.

Die verslag, wat ook onder ons aandag gekom het, is opgestel deur 'n ingenieursgeoloog van die Universiteit van Pretora, prof. J Louis van Rooy, in samewerking met ʼn grondkundige, dr. Johan van der Waals, en ʼn hidroloog, dr. Riaan Titus nadat hulle van die Seemeeupark-ramp in die media gelees en hul eie ondersoek kom doen het.

Hulle het bevind dat van die huise in Seemeeuvlug wat nie in 2016 ontruim en gesloop is nie, om veiligheidsredes dadelik ontruim moet word omdat reën en verandering in die grondwatertoestande 'n katastrofale hellingversaking tot gevolg kan hê.
Volgens die verslag dui die historiese en huidige getuienis duidelik daarop dat die grond steeds onder die fondamente van die huise skuif wat dit lewensgevaarlik kan maak indien nog swaar reën sou uitsak.

Mosselbayontheline het reeds breedvoerig berig oor die rampspoedige grondverskuiwing wat in 2016 talle pensioenarisse verplig het om hul nuwe aftreehuise te ontruim en te sloop nadat dit verbrokkel en onbewoonbaar geword het.

seemeeu5

Talle is haweloos gelaat en het 'n skadevergoedingseis van R200 miljoen teen die betrokke owerhede aanhangig gemaak.

Die saak sloer sedert verlede jaar terwyl geotegniese toetse en ondersoeke steeds aan die gang is.
Die verslag se bevinding is 'n verdere trauma vir die inwoners wat steeds daar woon en teen wil en dank bly hoop het hul huise sal nie verder deur grondverskuiwings geraak word nie - veral omdat nuwe huise en selfs 'n kerk sedertdien 'n hanetree van hulle gebou en bemark word.

Die Seemeeupark-ontwikkeling is destyds op die terrein van twee ou, ongerehabiliteerde gruisgroewe gebou. Die grondverskuiwing in 2016 het plaasgevind kort nadat van die huiseienaars in hul nuutgeboude huise ingetrek het.

Maroela Media het berig die verslag het bevind die ontwikkeling is op 'n mislukte hellingstruktuur geleë en dat daar steeds hellingbewegings plaasvind.
“Die bewyse dui op die moontlikheid van ʼn voortdurende stadige afwaartse beweging, ʼn moontlike verhoogde hellingbeweging as die grondwatertoestande vererger, of ’n skielike groot katastrofiese hellingversaking,” skryf Van Rooy in sy verslag.
“Dit kan ook veroorsaak word deur ’n skielike toename in grondwater op die terrein of omgewing.”

Seemeeu Susan1

Die onafhanklike grondkundige, dr. Johan van der Waals, op die terrein waar grondverskuiwings steeds voorkom. 

Hoewel die onafhanklike span nie die helling geotegnies ondersoek het om wetenskaplike bewyse en geologiese besonderhede ter ondersteuning van hul bevindings te verskaf nie, meen hulle die omstandighede is voldoende bewys dat die helling misluk het en steeds gevaarlik onstabiel is.

In die lig daarvan word aanbeveel dat van die oorblywende bewoonde huise dringend ontruim word ongeag die uitslag van verdere ondersoeke of ander prosesse wat die besetting van die huise motiveer.

Dit is nog onbekend hoe die Mosselbaai munisipaliteit en die NHBRC op dié dringende aanbeveling gaan reageer. Beide is respondente in die sloerende regsaak, terwyl die Wes-Kaapse provinsie die derde respondent is.

Só het ons in Julie nog berig oor inwoners se vrese en klagtes oor volgehoue grondverskuiwings:
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/r200-miljoen-skadever…

Lees die verslag hier: 

SLOPE STABILITY, SEEMEEU PARK, MOSSELBAY.

During various discussions on the current status of the stability of the Seemeeu Park development in Mosselbaai the following has been established:
• The development is located in a disused quarry on to two different elevated platforms;
• Slope movements took place and are still taking place as is evidenced by past and current serious damage to houses;
• Displacements are evident on ground surface and manifests as large open cracks and displaced retaining wall structures.
• The slope movements are still observed, although these are relative observations as no specific reference survey bases have been installed to monitor actual slope movements.

The above evidence, both historic and current is clearly indicating downslope movement of the surficial soil and rock materials in and below the platforms on which the houses have been constructed.

It is therefore concluded, based on historic events and current visual observations that the Seemeeu Park development is located on a failed slope structure. There are still slope movements taking place with evidence pointing to the possibility of continued slow downward movement, possible increased slope movement if groundwater conditions worsens, or a sudden large catastrophic slope failure may also be induced with a sudden increase in groundwater on the failure plane. The slope has not been investigated geotechnically to provide scientific evidence and geological detail to support or discard any of the above scenarios. Circumstantial evidence does however proof the fact that the slope has failed and is still unstable.

In the light of the above it is recommended that the remaining properties that are still occupied be evacuated with urgency and that the outcome of further investigations or other processes not be used to motivate further occupancy of these houses. This recommendation must be seen in the light of the above description based on mainly visual and historic observations and actual ongoing damage to properties.

Yours sincerely

LOUIS VAN ROOY
Pr.Sci.Nat.
2019/09/18 1 J Louis van Rooy

SlopeLetter2019_09_18.pdf

Lees ook die munisipaliteit se reaksie op die verslag hier: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2505145016383417?

 30 September 2019

Die son skyn weer en almal is baie dankbaar oor die reën?
Die opregte dankbaarheid oor die reën is GROOT.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/photos/pcb.2503025093262076/2502962739934978/?type=3&theater

Die hartseer is dat feitlik al die kosbare water onbenut weggespoel het en feitlik geen verskil aan die kommerwekkende stand van die halfleë damvlakke gemaak het nie . . .
En dat dosyne inwoners steeds in deurweekte huise sit en met oop deure en vensters wag dat dit droogwaai; of vir assessore wag om die skade te kom bepaal van matte en meubels wat vervang moet word of strukturele skade of plaveisels wat weggespoel het . . .

Dit kos dikwels 'n storm om swak plekke in 'n infrastruktuur bloot te lê en met Mosselbaai se geskiedenis van periodieke vloede en oorstromings, sou 'n mens reken beplanning vir stormwater- en dreineringstelsels geniet voorkeur op enige beplannings- en begrotingsagenda.

Só het die water Sondagoggend in die Fraaiuitsig-omgewing afgestroom. Inwoners en besoekers het beangs die watermassas afgeneem en op sosiale media versprei. Video: Facebook

Terwyl die meeste inwoners hard gebid het vir dié broodnodige reën, het dosyne ander ewe hard daarteen gebid uit vrees dat hul huise weer oorstroom of wegspoel of verkrummel soos al (herhaaldelik) in die onlangse verlede gebeur het . . .

Sondagoggend se vinnige reënstorm van sowat 50 mm in veral die Hartenbos-omgewing, het 'n ongekende stormloop van foto's, videos en kommentare op sosialemedianetwerke ontketen. Een enkele plasing van foto's en videos op mosselbayontheline se Facebook-blad het by meer as 388 000 lesers gaan draai en is meer as 2 700 keer gedeel.

Terwyl die meerderheid mense gejuig het oor die welkome reën, het sommiges elke vallende druppel gevrees en hulpeloos toegekyk hoe water- en grondmassas op hul huise afstroom.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/photos/pcb.2503025093262076/2502962739934978/?type=3&theater


In kommentare op sosiale media is reguit gevra of dit "normaal" is dat 50 mm reën soveel skade aanrig as 'n dorp se uitleg, stormwater- en dreineringstelsels goed beplan en doeltreffend is. "Wat gaan gebeur as hier 120 mm reën of meer val as dit só lyk na 'n skrale 50 mm?"

"Wat help dit mense smeek vir reën, en as dit kom, stroom alles weer onbenut weg of veroorsaak miljoene rande se skade omdat daar geen stelsels in plek is om dit op te vang en te benut nie - dis mos stank vir dank?" het 'n afgetrede ingenieur ontstoke laat weet.

'n Inwoner van Bayview wie se huis in Hannes Pienaarstraat Sondag vir die vierde keer sedert 1996 oorstroom het, is moedeloos gesukkel met onbeholpe en onbekwame beplanning.

"Die eerste twee keer is die water kniediep deur ons huis voordat hulle uitgevind het die randsteen is voor die opening van die stormwaterpyp in Hannes Pienaarstraat gebou en het dit dus blokkeer.
"Nadat dit reggestel is, het dit beter gegaan, maar nou kom die water ook van agter af deur die bure se erf omdat daar nie groot dreine in die draai van Berthold Alheitstraat is om die stormwater van die see se kant af op te vang nie.

"Ons sit en wag nou maar weer vir die assessor - gelukkig is ons verseker teen vloedskade. Al die matte sal wéér vervang moet word en eintlik behoort die assessore die rekening na die munisipaliteit te stuur vir swak beplanning, want hoeveel keer moet versekeraars uitbetaal vir dieselfde skade wat maklik voorkom kan word?"

Die reuse-skade in die betreklik nuwe Monte Christo-spogontwikkeling waar huise oorstroom is, 'n hele straat weggespoel het en al die plaveisel van 'n oprit meegesleur is, het eweneens skerp kritiek oor swak beplanning, swak bouwerk en gebrekkige stormwater- en dreineringstelsels ontlok.

Talle lesers meen dit is munisipale bou-inspekteurs se plig om te verseker dat huise teen skuinstes reg gebou word en dat daar genoeg stormwaterkanale en dreine in 'n woongebied is en met 'n helling ingesit word. "Die sienning dat jou buurman aan die onderkant al jou stormwater moet vat en jy nie self 'n pyp straat toe hoef in te sit om water te herlei nie, laat sulke goed gebeur," is onder meer gesê.

Só het die water Sondagoggend in Hannes Pienaarstraat in Bayview afgestroom . . . Video: Facebook       

 * Inwoners van Sonskynvallei vrees eweneens die reën omdat hul huise ook telkens oorstroom wanneer dit reën. Sondag het 'n stormwaterpyp boonop gebars en het tientalle huise oorstroom. 'n Parapleeg moes inderhaas uit sy oorstroomde huis verwyder word, maar teen Maandagaand het niemand nog op inwoners se oproepe om hulp gereageer of na die stormwaterpyp kom kyk nie.

 

* Riverside-inwoners wie se huise tydens 'n soortgelyke stortreën en vloed in November 2007 oorstroom het, vrees al maande lank enige harde reënbuie omdat die strukture en blokkasies wat die vloei van die Klein-Brakrivier blokkeer, steeds nie verwyder is nie.   Hulle vrees die volgende vloed se tyd is naby omdat die eerste twee vloede presies elf jaar ná mekaar in November voorgekom het. Intussen word miljoene rande bestee aan oppervlakkige verfraaiing van Beyersstraat en om kunsmatige loopvlakke langs die riviermond aan te bring.
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/the-untold-story-of-r…

* Inwoners van Seemeeupark is ewe beangs oor enige reënbui. In Oktober sal dit presies vier jaar wees sedert die eerste grondverskuiwings in dié spogkompleks teen die heuwels van Hartenbos begin het wat binne 'n jaar talle nuutgeboude huise se sloping genoodsaak het.

"Dit het destyds begin met reën in September en in Oktober 2016 het die groot reën gekom wat die massiewe grondverskuiwing veroorsaak het. Sedertdien lewe ons in vrees vir die reën, pleks van om dit te verwelkom", sê Petro Botes, een van die huiseienaars en woordvoerder van die Seemeeuvlug-huiseienaarskomitee.

'n Groep van 62 huiseienaars - meesal pensioenarisse - was genoodsaak om uiteindelik 'n skadevergoedingseis van R200 miljoen teen die Mosselbaai munisipaliteit, die Wes-Kaapse Provinsie en die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) aanhangig te maak nadat hulle letterlik haweloos gelaat is. Die saak sloer steeds voort sonder dat hulle enige vorm van hulp of empatie van owerheidskant ontvang het.
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/r200-miljoen-skadever…

  • Desondanks skiet nuwe huise in dieselfde omgewing soos paddastoele op en het massas grond Sondag teen die hange van Hartenbos Heuwels en Monte Christo afgestroom. Dieselfde strukturele probleme wat destyds tot Seemeeupark-huise se sloping gelei het, kom glo toenemend ook voor in albei bogenoemde woongebiede weens grond wat skuif.

wolkbreuk5

'n Diep donga het klaar oopgespoel reg langs dié nuwe huis in Hartenbos Heuwels wat skuins agter Seemeeupark geleë is. 

Die vraag is WIE aanspreeklikheid gaan aanvaar vir 'n tweede Seemeeupark-ramp . . . ?

Met so 'n geskiedenis van vloede en oorstromings in die Hartenbos/Kleinbrak-omgewing, sou voorsorg dalk beter as nasorg wees . . . en kan slim ingenieurs en stadsbeplanners dalk 'n plan bedink om te verhoed dat al die kosbare reënwater so vermors word en soveel voorkombare skade aanrig?

 
 
 

Die Hartenbos-omgewing is die ergste deur die reënstorm getref . . . Die massas water, plaveisel en kleigrond wat in die straat by die Monte Christo-woonbuurt afgestroom het, is reg deur 'n paar huise  . . . 'n Beangste inwoner, Linda Els, het die video vanaf haar huis geneem.

  
 
 
 Road closed after wall collapsed

Mossel Bay Municipality will close the access route to Vogelsang (Vakansieplaas) temporarily after another piece of the barrier wall has collapsed along the road. The Mossel Bay Fire and Disaster Management Services have been deployed and are working with other technical municipal staff to deal with the problems reported. Contact 044 606 5107 for urgent assistance if needed.
* Marsh Street in the central business district is also closed to traffic between Mitchell and Meyer streets. A fuel spill at a petrol station led to the temporary closure. The Mossel Bay Fire and Rescue Services is attending to the situation. Motorists can use the alternative route via Bland Street. (The road has been opened again - spillage cleared.)

 
Mossel Bay Municipality

TRAFFIC ALERT: Mossel Bay Municipality will close the access route to Vogelsang (Vakansieplaas) temporarily after another piece of the barrier wall has collapse...

 

Só stroom die water en kleigrond in die straat af by die Monto Christo-dorpsontwikkeling in Hartenbos . . . Linda Els het dié video in Guinea Fowlstraat geneem en sê al haar bure se huise het oorstroom.

 
 
Terwyl nuwe, harde reënbuie opnuut uitsak, sukkel mense in kampeerterreine en oorstroomde gebiede om die watermassas te hanteer.

Hier is nog foto's van reënskade en oorstromings in die groter Mosselbaai-omgewing - by die Dibiki-kampeerterrein en Monte Christo lyk dit ook erg, terwyl Seemeeuvlug-inwoners in angs toekyk hoe massas kleigrond van die boonste walle afskuif in die rigting van hul huise . . . Nog foto's stroom steeds in . . . Rol boontoe en ondertoe vir nog videos en foto's op ons vorige plasings . . .

 
 
 

Foto's en videos van reënskade stroom steeds in en word wyd versprei op sosialemedianetwerke . . . só lyk dit ná die reën in Monte Christo . . .

 
 
29 September 2019 

Die welkome reën het hopelik groot verligting van die langdurige droogte gebring en tussen 25 mm tot 50 mm is plek-plek in die Mosselbaai/Hartenbos-omgewing aangemeld.

Terwyl dankbetuigings oor dié seëning oral op sosialemedia versprei word, het die vinnige en harde buie ook groot skade, ontwrigting en angs by baie inwoners in vloedgebiede veroorsaak.

In Bayview het 'n sterk stroom water in Hannes Pienaar afgestroom en die treinbrug-afrit was in 'n stadium onbegaanbaar. Inwoners van Seemeeupark, Sonskynvallei en Riverside het met angs die stormsterk, vinnig-vallende water dopgehou en huise het plek-plek oorstroom en skade is aan infrastruktuur aangerig. Nog foto's en videos van stormskade stroom steeds in . . . 

 
  
 
 
Related Articles: