Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Property Pointer Skorpios Security Oyster World Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

DA moet geld terugbetaal, eis raadslid | Netwerk24

Die DA moet die geld terugbetaal wat Marius Botha, Mosselbaai se afgedankte finansiële hoof, die laaste paar maande aan salaris ontvang het, eis Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa en ’n lid van die Mosselbaaise stadsraad.

Botha is vroeër vanjaar skuldig bevind op aanklagte van geldwassery en bedrog. Hy is verlede week gevangenisstraf opgelê en die DA-beheerde stadsraad het hom daarna in die pad gesteek. Botha was voorheen die finansiële hoof van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit. Die geldwassery en bedrog het gebeur terwyl hy die hoof van finansies van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit was.

Hy het op 1 Desember 2014 hoof van finansies van die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit geword en het die munisipaliteit toe oor die aanklagte teen hom ingelig. ’n Bepaling is in sy dienskontrak aangebring dat sy dienste beëindig kan word as hy aan ’n strafregtelike oortreding skuldig bevind sou word. Sy dienste is nie onmiddellik ná sy skuldigbevinding beëindig nie.

Kamfer sê Botha is al ’n paar maande gelede skuldig bevind. “As hy toe nie wou bedank het nie, hoekom het die DA-beheerde raad hom nie afgedank nie? “Hy het daarna steeds ’n salaris ontvang en die munisipaliteit moes ook ’n klomp regskostes betaal. Dit het beteken dat die belastingbetalers duisende rande moes betaal. “

Icosa eis dat die DA die geld vir sy salaris en regskoste betaal. Hy was al in die tronk toe hy steeds ’n salaris ontvang het. “As Botha destyds afgedank was, sou daar nou al ’n nuwe hoof van finansies aangestel kon gewees het.”

Elroy Baron van die VF Plus sê die party eis dat ’n volledige onafhanklike forensiese ondersoek gedoen word na die Mosselbaaise munisipaliteit vir die tydperk toe Botha in beheer van finansies was. Diegene wat by Botha se aanstelling betrokke was, moet die geld wat hy ná sy skuldigbevinding as salaris ontvang het aan die munisipaliteit terugbetaal.

’n Woordvoerder van die ANC in die stadsraad sê toe Botha in 2014 aangestel is, was die DA-beheerde raad ten volle bewus dat ’n ondersoek teen hom aan die gang is. Die ANC voel sterk daaroor dat die DA-raadslede die gemeenskap van Mosselbaai om verskoning moet vra vir die gebeure. Die ANC hou sy opsies oop en het reeds regsadvies ingewin. Hy meen die werwingsmaatskappy wat by die aanstellingsproses betrokke was, moet ook ondersoek word.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester en DA-leier in die stadsraad, het nie teen die spertyd gereageer op navrae nie. Meer oor: Marius Botha | Mosselbaai | Stadsraad

http://www.netwerk24.com/Nuus/Munisipaliteite/da-moet-geld-terugbetaal-eis-raadslid-20170911

Lees ook:

MUNICIPALITY, FINANCE DIRECTOR PART WAYS

2MOSSEL BAY NEWS – The Mossel Bay Municipality terminated the services of its chief financial officer, director Marius Botha, following confirmation of the sentences handed down to him in the Williston Regional Court in the Northern Cape last month.

In a statement issued after a special council meeting on Thursday, 7 September, the municipality said the position of chief financial officer would be advertised forthwith and filled in accordance with the relevant legislative prescripts.

On Tuesday, May 23, Botha and his co-accused were found guilty on charges of fraud, corruption and money laundering brought against him by the Karoo Hoogland Local Municipality, his previous employer.

Botha was sentenced on 28 August to an effective five years’ imprisonment.

The municipality only received confirmation of the sentence on Friday, 1 September.

Acting on the advice received from senior counsel and the municipality’s attorneys in this regard, council resolved at a special meeting, held in committee, to terminate Botha’s employment in accordance with the contract he entered into when he joined the Mossel Bay Municipality on 1 December 2014.

http://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/municipality-finance-director-part-ways-20170915

‘We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news’

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 Venetta 2022-10-04 21:36
Just wish to say your article is as astonishing. The clearness in your post is just excellent and i
could assume you are an expert on this subject. Well with your permission allow me to grab your RSS feed to keep
up to date with forthcoming post. Thanks a million and please
keep up the enjoyable work.

My web blog - 아이러브밤: https://babionline.org/blog/index.php?entryid=49528
Quote