Vier dae ná die onverklaarbare verdwyning van Heidi Scheepers en haar twee jong kinders, Cozette (6) en Hugo (2) op Dinsdagaand in die skilderagtige kusdorpie Heroldsbaai, is daar nog geen nuwe leidrade wat lig kan werp op die omstandighede wat tot dié hartseer gesinstragedie gelei het nie.

Heidi Scheepers

Klein Hugo se liggaampie is Donderdag uit die see naby die Voëlklip-uitkykpunt gehaal waar dit nog in sy motorstoeltjie vasgegespe was. Ondanks 'n uitgebreide soektog is geen teken nog van Heidi en Cozette gevind nie. Hul liggame was ook nie in of naby die wrak van hul VW Caravelle-kombi waarin die drie vermoedelik Dinsdagaand ná 'n gesinsuitstappie op die strand oor die afgrond by Voëlklip gestort het nie. Die soektog is intussen uitgebrei om die kusgebied van Mosselbaai tot Knysna in te sluit.

Heidi Scheepers karwrak

Die motorwrak, waarvan blykbaar net die wiele en onderstel oor was, is Donderdag uit die water opgehys nadat dit sowat 100 - 120 m ver by die afgrond afgestort het. Nie Heidi of Cozette is gevind nie. Foto: Sosiale Media

 

voëlklip

Dit is nie bekend presies hoe en waar die Caravelle oor die afgrond gestort het nie, maar polisie-woordvoerder kapt. Malcolm Pojie het bevestig die wrak is opgetrek in die gebied waar MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) op 15 November 2015 in die vroeë oggendure (by Voëlklip) dood is toe die Toyota Hilux-bakkie waarin hulle gery het oor ’n afgrond in die see gestort het. Els en Jansen se lyke is gevind, maar Finger s’n nooit nie.  

Die hartseer gesinstragedie het landwyd mense se verbeelding aangegryp en 'n ongekende stormloop van vertroosting, simpatie, kommentare, vals gerugte en bespiegelinge op sosialemedianetwerke ontlok.

Heidi Scheepers en Etienne

Die laaste profielfoto wat Heidi in Julie vanjaar op haar Facebook-blad opgesit het waar sy en Etienne gesellig verkeer.

'n Spesiale gedenkdiens by kerslig is Vrydagaand vir klein Hugo by sy kleuterskooltjie Little Farm in George gehou. 

Heidi Scheepers memoriam Hugo

 

Heidi Scheepers Memoriam Hugo1

Foto: Kristy Kolberg

Heidi Scheepers Hugo Memorium

Vanweë die polisie se volgehoue soektog na Heidi en Cozette wat voorrang geniet en die tragiese omstandighede, is min besonderhede bekend oor hoekom Heidi se man, Etienne, nie saam met sy gesin teruggery het huis toe nie en hoekom Heidi en die kinders op 'n weeksaand die ompad na dié spesifieke gevaarlikse uitkykpunt by Voëlklip gery het.

Dit is nie op hul roete huis toe nie en die grondpad na Voëlklip is boonop moeilik en die terrein onherbergsaam. Etienne het Dinsdagaand omstreeks 20:30 die polisie ontbied nadat sy vrou en kinders nog nie teruggekeer het huis toe nie. 

 Heidi Scheepers Burger roete

Foto-illustrasie: Die Burger

In ander mediaberigte is genoem dat Etienne en die res van die familie deur 'n baie hartseer en moeilike tyd gaan en self ook baie vrae het oor presies wat Dinsdagaand gebeur het. Sover bekend, het Etienne nog nie self met die media gepraat nie behalwe om te sê dat baie aspekte van die gebeure vir hom onduidelik is.

 

Heidi Scheepers dogtertjie

Daar word nog onverpoos gesoek na klein Cozette (6) en haar Ma, Heidi

Intussen gaan die soektog na Heidi en Cozette die naweek voort. Onstuimige seetoestande en talle inhamme en kleiner grotte in die omgewing bemoeilik egter die kanse om iemand op te spoor. 

Kapt. Pojie het gesê geen misdaad word vermoed nie en alle moontlikhede word ondersoek.

 

Heidi Scheepers roete

Baie vrae heers oor hoekom Heidi Scheepers Dinsdagaand met haar jong kinders op dié onherbergsame pad by Voëlklip gaan draai het.   

 

Lees ook ons vorige berigte:

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/klein-hugo-scheepers-2-se-liggaampie-in-see-gekry

 

 

 

 

 

Related Articles: