Altesame 21 informele nedersettings in Mosselbaai gaan formele dienste ontvang en meer as 4 000 gedienste persele sal aan kwalifiserende begunstigdes oorgedra word.

Deur Jackie Kruger 29 Augustus 2018 06:17

Dit is van die inligting wat aan die lig gekom het op ’n vergadering van die Mosselbaaise munisipaliteit op

7 Augustus met inwoners van Aslapark en omliggende gebiede waar protesoptrede in Julie voorgekom het.

In die eerste fase in die 2018-’19-boekjaar sal ’n tydelike gebied vir hervestiging geskep word met 250 gedienste persele en nuwe strukture. Die fase sal in 2019 voltooi word. 

Die eienaar van die eiendom sal verantwoordelik wees vir die koste van die herinstallering.

Gedurende fase 2 in die daaropvolgende boekjaar sal die informele nedersettings Emfuleni/Marikana, Transand-kamp, Asla E en Asla C geformaliseer word, en in die 2020-’21-boekjaar die nedersettings Sinethemba, 7de Laan, Asla A, Asla D, Gwentswana, PA Camp en Wolwedans as deel van fase 3.

Volgens die munisipaliteit sal die opknapping van informele nedersettings so naby as moontlik aan die huidige ligging van die nedersettings gedoen word om die minste ontwrigting te veroorsaak en die koste van grootmaat-dienste-infrastruktuur te beperk.


onluste

Foto: Oproerige inwoners word deur polisielede in toom gehou tydens die gewelddadige protesoptredes in Julie vanjaar in Aslapark.

Hoewel die nasionale en provinsiale regering verantwoordelik is om grond vir behuising te vind, het die munisipaliteit begin met ’n proses om ekstra grond te koop vir die projek.

Die munisipaliteit het verder onderneem om ondersoek in te stel of 70 elektrisiteitsmeters wat in die 2017-’18-boekjaar verwyder is weens vandalisme of peutery, weer hergebruik kan word. Die eienaar van die eiendom sal verantwoordelik wees vir die koste van die herinstallering.


Verder is die munisipaliteit besig om vraghouers op te knap vir ekonomiese infrastruktuur.

Formele strukture vir kleinsakeondernemings sal in Mayixhalestraat ontwikkel word as deel van die Violence Prevention Through Urban Upgrading-projek.

Ná konsultasie met belanghebbendes sal die munisipaliteit ook ondersoek instel na die moontlike afbakening en formalisering van meer stalletjies vir informele handelaars.


Nog ’n vergadering sal voor 30 September gehou word.

https://www.netwerk24.com/nuus/munisipaliteite


Lees ook: 

Related Articles: