GOEIE nuus is dat die Kleinbrak-rivier steeds sterk vloei 'n volle tien dae nadat die mond inderhaas meganies oopgemaak is om vloede in naasliggende woonbuurtes te voorkom. Inwoner Wessel Johannes Maree het vanoggend om 06:33 die sterk invloei van seewater in die rivier op kamera vasgelê.

 

Die welkome (en vreemde!) reënbuie vroeër vandeesmaand het wel verligting van die voortslepende droogte gebring, maar is nog lank nie genoeg om die damme te vul nie. Die watervlak van die Hartebeestkuildam in die Hartenbosrivier is tans maar 2,68% - nog minder as die 3.04% verlede jaar dié tyd. (Die monde van die Hartenbos- en Grootbrakriviere het ongelukkig kort ná dit ook meganies oopgemaak is, weer toegespoel . . . ) 

Ook die Wolwedansdam se watervlak is tans maar 66,72% en hoewel die streng waterbeperkings in Mosselbaai ná die goeie reënbuie afgeskaf is, het die munisipaliteit gewaarsku dit sal weer ingestel moet word as die damvlak onder 60% daal

Blydskap en dankbaarheid oor die welkome reën is wyd op sosialemedianetwerke betuig. Die voortdurende droogte, waterbeperkings en strafheffings vir oormatige waterverbruik het mense weer bewus gemaak van hul afhanklikheid van water en die belangrikheid daarvan om ons natuurlike water- en hulpbronne te beskerm.

Te midde van die vreugde en dankbaarheid oor die reën, was daar egter ook kommer oor toenemende olie- en rioolbesoedeling op Mosselbaai se strande, terwyl oningeligte mense ook met nette die broeivisse in die Kleinbrakrivier gevang het nadat die riviermond meganies oopgemaak is. Die oogmerk is om die besoedeling in die rivier te bekamp en die soutbalans te herstel sodat die natuurlike visbroeiplekke ook kan herstel . . .  Deur die volwasse broeivisse in die rivier te vang nadat die mond oopgemaak is, is nie net onwettig nie, maar ook strydig met die doel om die visgetalle te laat groei.

Ons het die maand se gebeure rondom die Kleinbrak-rivier en die besoedeling volledig op ons Facebook-blad gepubliseer, maar omdat Facebook-plasings so vlietend is, publiseer ons dit ook hier datumgewys in volgorde van gebeure van onder tot bo: 

Beautiful sight: The welcome rain of the past week transformed the Kleinbrak river into its former beauty and the mouth is still open after it was mechanically breached last week to prevent flooding - and to restore the salt balance.Wessel Johannes Maree of the Kleinbrak Conservancy took the photos/video of the happy sight. 

 

 

Olie-lekkasies op strande en skerp olie/dieselreuke in woongebiede soos Bayview kom deesdae al hoe meer voor. Die olie-lekkasie by Transnet Spoorvrag se Voorbaai-depot is vanoggend met spesiale omgewingsvriendelike middels behandel om die olie veilig af te breek tot water, terwyl pype en 'n wal ook aangebring word om die olie-skeiergebied af te sper om toekomstige lekkasies te voorkom.

As die oliespoor gevolg word, is dit egter duidelik dat dit nie olie van dié depot is wat sporadies op die strand by Bayview beland nie. Volgens mnr. Albertus Hanekom, Transnet Spoorvrag se trajekbestuurder op die terrein, beland besighede in Voorbaai/Bayview se afvalwater toenemend in sentrale dreinstelsels. Die oorsaak van gister se olielekkasie by die monding van die Blinderivier by Danabaai kon ook nog nie met sekerheid vasgestel word nie. Die Mosselbaai Munisipaliteit het berig dat alle betrokke owerhede, asook PetroSA, in kennis gestel is van die lekkasie en skerp reuk in die rivier.

 

Mosselbayontheline

 
Die voortdurende lekkasie van diesel/olie by Transnet Spoorvrag se Voorbaai-depot in Bayview - veral ná swaar reën - word hopelik vandeesweek permanent opgelos deur die behandeling van die water met 'n omgewingsvriendelike middel wat die olie afbreek, en deur die olieput-skeier deur middel van twee pypleidings en 'n wal-afskorting af te sonder.
 
Mosselbayontheline het verlede jaar ook met foto's en 'n video berig oor die onaanvaarbare lekkasie van olie, wat ook 'n skerp dieselreuk het, in die omgewing van die olieput-skeier. Mnr Albertus Hanekom, Transnet se trajekbestuurder op die terrein, het vanmiddag vir ons foto's gestuur om te wys hoe die oliewater vanoggend behandel word om dit af te breek tot suiwer water. Die wal en pypleiding sal in die volgende paar dae aangebring word om verdere lekkasies te voorkom.
 
Hanekom beklemtoon egter dat dit nie diesel/olie van Transnet se perseel is wat sporadies op strande in die omgewing uitspoel nie, maar dié van ander besighede in Voorbaai en omgewing wat in die sentrale dreinstelsels beland. Mnr Warren Manual, senior omgewingsbeampte by Mosselbaai munisipaliteit, het gister kort voor ons besoek ook die terrein besoek en volgens Hanekom het hy saamgestem dat die sporadiese strandbesoedeling by Bayview waar die afgelope vakansie ook rioolvuil op die strand beland het, nie van Transnet afkomstig is nie. Die oorsprong van gister se oliebesoedeling in die Blinderivier by Danabaai kon ook nog nie vasgestel word nie.
 

 Die omgewing van die "stinkriviertjie" by Bayview met groot petroltenks op die agtergrond vanwaar besoedelde water en riool glo sporadies op die strand en in die see beland.

 

Terwyl almal JUIG oor die mond van die Kleinbrakrivier uiteindelik weer OOP is en die watervlak van die Wolwedansdam die naweek van 42,7% tot 60,45% gestyg het, plunder inwoners die vis wat see toe probeer swem ondanks wetstoepassers wat hulle sedert gister probeer vasvat . . . Die doel is om die balans van die rivier en die natuurlike visbroeiplekke te probeer herstel.

Over the last couple of days, anglers have been illegally catching fish at Kleinbrak Estuary, as shown in the video.

Legislation states that anglers may not attempt to catch fish in the mouth of a blind estuary, four days before and four days after it has opened. The use of gaffs is also illegal.

These larger fish, are breeding stock, and this illegal fishing of them can affect their reproduction numbers.

Fisheries inspectors have been made aware of the situation and are attending the site of these infractions.

#oceansresearch #IUUfishing

 

The breaching of the Kleinbrak river mouth also evoked some shocking and saddening human behaviour from those one would expect to love and conserve the marine life ...

Robin Fick of the Midbrak Conservancy/Bewarea wrote:

I have just returned (21h30) from the Little Brak River assisting DEFF as when the mouth was opened, it was a free for all netting fish swimming in the channels to go to sea. I cannot understand human behavior when they know it is illegal to net these fish in these circumstances. Sea patrol will be on duty for the rest of the night as we heard through the grapevine that there will be netters taking their chances later tonight. Several vehicles turned around in the car park when they saw our vehicles. Anyway papers were served on the couple of the netters that were caught red handed.but unfortunately the bulk were missed or hit the road when we arrived. As members of the public provided us with photos and videos of the netters, the matter will be taken further. Opening the mouth to save peoples houses from being flooded resulted in killing fields for our marine life. Tragic.

 
Robin FicktoMIDBRAK CONSERVANCY/BEWAREA
 to go to sea. I cannot understand human behavior when they know it is illegal to net these fish in these circumstances. Sea patrol will be on duty for the rest of the night as we heard through the grapevine that there will be netters taking their chances later tonight. Several vehicles turned around in the car park when they saw our vehicles. Anyway papers were served on the couple of the netters that were caught red handed.but unfortunately the bulk were missed or hit the road when we arrived. As members of the public provided us with photos and videos of the netters, the matter will be taken further. Opening the mouth to save peoples houses from being flooded resulted in killing fields for our marine life. Tragic.
 
 

 Kleinbrak river mouth is finally OPEN - Moné Cairncross captured the happy moment! 

 

Mouth of Kleinbrak-estuary breached ... "Hierdie is GOEIE nuus, né?" 

 https://web.facebook.com/juli.stapelberg/videos/2695901210456967/

The mouth of the Kleinbrak-estuary is being opened mechanically as a precaution to avoid possible flooding in the neighbouring Riverside and Powertown areas . . .

 

Kleinbrak river breached 2020

Water, water all around after a heatwave! What a beautiful sight!

Welcome rain in the Mossel Bay region raised all the dam levels significantly . . . Larry Daguiar reported that 90 mm fell in the mountains and that the Little Brak River (Moordkuil) is flowing strongly over the lower causeway. Brandwag River will be flowing later on this afternoon. The mouth wil need to be monitored as if these flows continue, there will be flooding in Riverside and Power Town.
The situation is being monitored . . .
The underneath video which was shared on the FB page Midbrak Conservancy was taken on the farm Wolwedraai where 65mm was measured earlier today - 10km from Grootbrak on the Friemersheim road. "We are so grateful, the Wolwedans dam has visibly risen!"

 
 
 
Related Articles: