Property Pointer Oyster World Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Mosselbaai het baie uniekhede en eerstes. Dis die plek waar die vroegste moderne mens eeue gelede 'n beskawing langs die beskutte kus geskep het en waar Bartholomeu Dias per ongeluk in 1488 'n skeepsroete via die suidpunt van Afrika na Indië ontdek het.

Nou is Mosselbaai ook die eerste plek in Afrika wat kan spog met die eksklusiewe Thaise roomyskuns waar smulpape kan kyk hoe dié lekkerny voor hul oë gemaak, gerol en gegeur word in kleure en geure van hul eie keuse.

Die eindproduk is 'n keurige kunsskepping wat amper te mooi lyk om te eet en elkeen lyk en proe uniek.

zoooti4 2

Kobus en Juanita Vorster van Johannesburg het die Zoooti-roomyskonsep in Thailand raakgeloop en was só beïndruk met dié watertand-kunswerke dat hulle verlede jaar besluit om dit na Suid-Afrika te bring - en waar is nou 'n beter plek vir so 'n unieke, koue lekkerny as die sonnige Mosselbaai met sy gematigde klimaat?

zoooti5 768x576 3zoooti7 768x1024 4zoooti5 768x576 3

"Ons het so sewe jaar gelede met die Amerikaanse Pizza Cone-konsep begin eksperimenteer. Dis 'n gewone pizza-vulsel in 'n gebakte deeg wat in die vorm van 'n roomys cone gevorm is sodat jy dit sommer in die loop kan eet. Dis veral baie gewild by feeste waar mense heeltyd rondloop en peusel en nie noodwendig by 'n tafel wil gaan sit en eet nie. Ons toer steeds die land plat na al die verskillende feeste met die Pizza Cones en sal vanjaar weer 'n stalletjie by die Buffalo Rally in Mosselbaai hê," sê Kobus.

pizzacone 6

In Desember 2016 het hulle die Pizza Cone Haven in die Hartenbos Waterfrontsentrum oopgemaak en in Oktober verlede jaar die handgemaakte Zoooti-roomyse ook ingebring. Dié eksotiese lekkernye is só gewild dat hulle nou ook ná die Bufffalo Rally 'n kiosk in die Langeberg-winkelsentrum gaan oopmaak.

zoooti17 7

Dis voorwaar 'n omgekeerde uniekheid: Kleurvolle, versierde roomysrolle wat soos kunswerke lyk en pizzas in 'n cone wat op 'n afstand lyk soos draai-roomys.

pizzacone4 8

Terwyl Kobus en Juanita die lekkernye landwyd op feeste verkoop, bestuur WP en Rita Burger die winkel, terwyl Sonja Adel die amptelike "roomysmaker" is.

Die spesiale volroom-roomysmengsel word op 'n spesiale vriesplaat gegiet waar Sonja dit "smeer" en meng met die geure van jou keuse.

zoooti11 9zoooti11 9zoooti11 9

Daar is aarbei (First Kiss), Bar One, Peanut Blast, Ferrero Rocher en Sweeties. Jy kan ook jou eie kombinasie kies uit geure soos piesang, Nutella, lemoen en Peppermint Crisp. Wanneer die roomys behoorlik gemeng en gevries is, word dit vernuftig soos mini-pannekoekies gerol en versier met die stroop of lekkernye van jou keuse. Elke roomysrol word afsonderlik gemaak terwyl jy kyk en wag. Hoewel dit sowat 2 -3 minute kan duur, is die meeste mense so gefassineerd deur die maakproses en die smaak, dat hulle nie omgee nie en altyd terugkeer vir nóg. (Kyk ook die video heel onder.)

zoooti8 12zoooti 360x240 13zoooti6 768x1024 14

Die Pizza Cones se spesiale deeg word vooraf tot so 80% gaar gebak in 'n spesiale ingevoerde masjien.

pizzacone1 15

pizzacone8 16
Wanneer jy 'n pizza bestel, word die deeg-cone 8 minute lank in 'n oond gebak en die vulsel daarin geskep. Daar is vyf vulsels om van te kies: Bief & Biltong, Buffalo Wings (ontbeen), Soetrissie-hoender; Hawaiian en Spek en drie kase.

Kom proe gerus!

pizzacone2 17pizzacone3 18
pizzacone5 19pizzacone6 20
zoooti14 21

Kyk ook die video hoe die roomys gemaak word:

Sien ook hulle FB-blad:

https://web.facebook.com/PizzaHavenSa/

https://web.facebook.com/Zoooti/https://web.facebook.com/Zoooti/

Related Articles:

Comments  

0 #1 Patrick 2020-09-24 16:28
Great work! This is the type of info that should be shared around the web.

Shame on Google for not positioning this post higher! Come on over and talk over with my website .
Thanks =)

My website - https://hatdinhduongdonavi.com/: https://hatdinhduongdonavi.com/
Quote