Die Life Bay View-private hospitaal in Mosselbaai is vanjaar vir die derde agtereenvolgende keer onder die 20 beste hospitale in die land volgens die jongste meningsopname onder pasiënte van Discovery Health.


Hoewel dit baie verblydende nuus is te midde van die landwye krisis waarin gesondheidsdienste gedompel is, kan 'n mens nie help om te vra wat van die 85 % Mosselbaaiers wat NIE die peperduur mediese skemas kan bekostig nie en derhalwe noodgedwonge afhanklik is van die oorvol staatshospitale en klinieke wat onder kritieke geld- en personeeltekorte gebuk gaan?  

Life Bay View Hospital

Hier is die 20 beste hospitale in SA

Die resultate van die nuutste peiling onder pasiënte wat Discovery Health uitgevoer het om die beste hospitale in die land aan te wys, toon sewe hospitale wat al vier jaar agtereenvolgens op die lysie is.

Lede van mediese skemas wat deur Discovery Health geadministreer word, het aan die peiling deelgeneem oor die
hospitale waar hulle in 2017 opgeneem is. Die lys is uit 140 hospitale saamgestel.
Life Healthcare, en die onafhanklike netwerk van hospitale wat lede van die National Hospital Network (NHN) is, het die meeste hospitale op die lys.

Netcare het net een hospitaal op die lys.

NHN het die meeste hospitale wat reeds vier jaar agtereenvolgens op die lys is.

Hier is die lys van die 20 beste hospitale in alfabetiese volgorde:


1. Ahmed Al-Kadi- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
2. eThekwini-hospitaal en -hartsentrum (Durban, KwaZulu-Natal)
3. Gateway- private hospitaal (Umhlanga Rocks, KwaZulu-Natal)
4. Hillcrest- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
5. Life Bay View- private hospitaal (Mosselbaai, Wes-Kaap)
6. Life Carstenhof-hospitaal (Johannesburg, Gauteng)
7. Life Chatsmed Garden-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
8. Life Mount Edgecombe-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
9. Life Roseacres-hospitaal (Johannesburg, Gauteng)
10. Life St. Dominics-hospitaal (Oos Londen, Oos-Kaap)
11. Life Suikerbosrand-hospitaal (Heidelberg, Gauteng)
12. Life West Coast-hospitaal (Vredenburg, Wes-Kaap)
13. Lowveld-hospitaal (Nelspruit, Mpumalanga)
14. Mediclinic Milnerton (Kaapstad, Wes-Kaap)
15. Mediclinic Panorama (Kaapstad, Wes-Kaap)
16. Mediclinic Victoria (Tongaat, KwaZulu-Natal)
17. Netcare N1 City-hospitaal (Kaapstad, Wes-Kaap)
18. Nu-Shifa-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
19. Wilmed Park- private hospitaal (Klerksdorp, Noordwes)
20. Zuid-Afrikaans-hospitaal (Pretoria, Gauteng).

Vier jaar op die lys


Hier is die lys wat Netwerk24 opgestel het van die hospitale wat al vier jaar op die lys is sedert die peiling deur Discovery Health begin is:

1. eThekwini-hospitaal en -hartsentrum (Durban)
2. Hillcrest- private hospitaal (Durban)
3. Lowveld-hospitaal (Nelspruit)
4. Mediclinic Milnerton (Kaapstad)
5. Mediclinic Panorama (Kaapstad)
6. Wilmed Park- private hospitaal (Klerksdorp)
7. Zuid-Afrikaans-hospitaal (Pretoria)

Die twee hospitale wat verlede jaar drie jaar agtereenvolgens op die lys was en nou uitgeval het, is die Mediclinic Stellenbosch en die Midvaal- private hospitaal (Vereeniging, Gauteng).

Dié wat nou die derde jaar agtereenvolgens op die lys is, is die Gateway- private hospitaal en Life Bay View- private hospitaal.

Die Netcare N1 City-hospitaal is die tweede jaar agtereenvolgens op die lys.
Die National Hospital Network (NHN) is besonder trots daarop dat hy agt hospitale onder die 20 beste hospitale vir 2017 het. Die NHN-hospitale wat in die top-20 is, is:
Ahmed Al-Kadi; eThekwini; Gateway; Hillcrest; Lowveld; Nu-Shifa; Wilmed Park; en Zuid-Afrikaans.

Medies Life Health Care

Life Healthcare het die meeste hospitale op die lys

Dr. Elsabé Conradie, uitvoerende hoof van NHN, sê vyf van die agt is al vier jaar agtereenvolgens op die lys.

NHN is in 1996 gestig om private hospitale wat onafhanklik besit word, onder een sambreel te plaas. Met onafhanklik word bedoel dat die hospitale nie deur een van die groot genoteerde hospitaalgroepe besit of beheer word nie. Sy lede sluit 213 hospitale in.


Discovery sê die inligting van die peiling word openbaar gemaak om die bestuur van hospitale aan te moedig om hul pasiënte se sienings ernstig op te neem.
Volgens dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van die gehalte van sorg by Discovery Health, help dit om die pasiënte se ervaring van die sorg wat hulle in hospitale ontvang, openbaar te maak. Dit is nie net om erkenning aan uitnemendheid te gee nie, maar ook geleenthede te skep om gapings aan te pak.

 

Die peiling word aan volwasse lede van die mediese skemas gestuur wat deur Discovery Health geadministreer word, sewe dae nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is. Lede wat meer as een keer in dieselfde hospitaal opgeneem is, kan net een keer elke vier maande aan die peiling deelneem. As dieselfde lid na ’n
ander hospitaal gaan, word ’n peiling ook gedoen.

 

"Die inligting van die peiling word openbaar gemaak om die bestuur van hospitale aan te moedig om hul pasiënte se sienings ernstig op te neem. ” – Discovery

Van die vrae hou verband met die gehalte van die sorg wat die verpleegpersoneel bied; die reaksietyd van
personeel; die gehalte van dokters se sorg; die 
hospitaalomgewing; pynbestuur; inligting wat aan die pasiënte gegee word oor hul medikasie; inligting wat aan die pasiënte gegee word oor hul ontslag uit die hospitaal, en ’n algehele telling.

Moodley Naidoo sê daar is in sekere kategorieë die afgelope jare voortdurende vordering gesien. Dit kategorieë wat deurlopend die hoogste punte kry, is kommunikasie deur dokters en pynbestuur.

Volgens haar is ’n goeie verbetering gesien in die inligting wat oor medikasie gegee word, en in die kommunikasie deur verpleegpersoneel.
Waar daar ’n verbetering nodig is, is met die ontslag van pasiënte. “Pasiënte wat goed voorbereid is op hul ontslag uit die hospitaal, het ’n beter kans om gesond te bly en sal minder waarskynlik weer opgeneem word.
“Herhaaldelike opnames word wêreldwyd beskou as ’n tekortkoming in gesondheidsorg.”

https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Mediese-Fondse/hier-is-die-20-beste-hospitale-in-sa-20180704

Verwante artikels: 

 

Related Articles: