Sowat 400 motorfietsryers en hul passasiers van regoor die Suid-Kaap het Sondag in Mosselbaai byeengekom vir die gewilde jaarlikse TOY RUN – die grootste internasionale motorfiets-liefdadigheidsprojek om speelgoed en ander Kersgeskenke aan minderbevoorregte kinders uit te deel.

 toy bikes 2

Dit is vanjaar die 35ste keer dat dié ysterperd-geleentheid wêreldwyd gehou word sedert dit in 1982 deur ‘n motorfietsklub in Italië begin is. Dié mooi gebaar en indrukwekkende gesig om derduisende motorfietsryers met teddiebere en speelgoed te sien uitreik na behoeftige kinders vir ‘n vroeë Kersgeskenk, het vinnig wêreldwyd posgevat en ook na Suid-Afrika en later die Suid-Kaap uitgekring.

Mosselbaai was vanjaar die Suid-Kaapse gasheerdorp vir dié pretgeleentheid wat deur die South Western District Motorcycling Association in samewerking met die Ulysses- en ander motorfietsklubs in die Suid-Kaap aangebied is.

toy organiseerders1 3

Ná ‘n aanvanklike koue en nat afskop op die parkeertterrein van die Heiderand-winkelsentrum, het die momentum vinnig begin opbou namate die ryers op hul blinkgepoetste ysterperde van so ver as Knysna en Plettenbergbaai begin opdaag het. Die kameraadskap tussen die ryers van verskillende klubs in die Suid-Kaap is opvallend. Ná ‘n hartlike gegroet en bewondering van mekaar se jongste “speelgoed”, het die leerbaadjie-brigade in gelid na die lapa van Korrektiewe Dienste vertrek waar almal hul “Kersgeskenkies” by ‘n sentrale punt afgegee het. Die massa duursame speelgoed wat ingesamel is – van reuse-teddiebere tot klere, opvoedkundige speelgoed, skoolbenodigdhede, boeke en visstokke – getuig van ‘n biker-gemeenskap met ‘n ruim hart. Die speelgoed word verdeel onder die onderskeie organisasies wat as begunstigdes geïdentifiseer is.

toy speelgoed1 4

Die kosstalletjie-eienaars moes bontstaan om in die vroegoggend-vraag na koffie en ontbytkos te voorsien en later is geleidelik oorbeweeg na die biertuin waar musiek, drinkgoed en ‘n lekker kuiergees gewag het. Verteenwoordigers van die Heart to Heart-sorgsentrum en ander liefdadigheidsorganisasies het die kleingoed deurgaans bederf met eet- en drinkgoed terwyl hulle op die springkasteel baljaar het.

toy helpers 5

toy kidscastle2 6

Plaaslike besighede het ruim bygedra tot die geleentheid deur dosyne wonderlike pryse te skenk vir ‘n gelukkige trekking waarmee die verrigtinge afgesluit is.

toy pryse5 7

toy kids 768x576 8

toy kids spring 768x576 9
Knap gedaan, bikers – dit was ‘n mooi, goed-georganiseerde byeenkoms vir ‘n baie goeie doel – julle mág maar!

Nog foto’s op ons Facebook-blad:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2055722174659039

Kyk ook die videos hier:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2055970847967505/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2055977274633529/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2055698771328046/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2055724427992147/

toy eet 10

TOY RUN 2017

For many bikers and motorcycle enthusiasts the end of November every year means it is time for the annual Toy Run and their participation in an international charity event. For more than 35 years the proud tradition of the Toy Run has contributed to enriching the lives of children in less privileged communities and contributed to making the giving nature of the Xmas season tangible.

The Toy Run 2017 event is celebrated on the 26th of November by thousands of motorcyclists from Clubs and their Chapters across the country and in many parts of the world. The South Western District Motorcycling Association is the local host In the Southern Cape and the end gathering point for the delivery of donations and toys are at Correctional Services Lapa off Louis Fourie Drive (the Casino turn-off).

The Run will start at the Checkers Mossel Bay Mall in Heiderand at 10h00 and proceed along Louis Fourie Drive to the end destination. Anybody is welcome to join the motorcade. The “entrance fee” at the Lapa is a donation of your choice.

Traditionally soft toys and especially teddy bears were strapped to motorcycles for a run to a central point in the region from where the toys were distributed to the children in the community. As of late the focus has moved to also include more practical gifts like feminine items for girls, general toiletries, stationary, educational toys, sports goods, books and cds, school bags, satchels and rucksacks. Even second hand items in good condition are welcome. Cash donations are also gratefully accepted.

Cash donations be deposited into Capitec Bank, Acc nr 1547749626 (Savings) Account name Toy Run.

 

Related Articles: