Mosselbaaiers het gister gewys waarom dié dorp al telkemale bekroon is as die mooiste, skoonste en beste Dorp van die Jaar! Dis die ménse wat ‘n dorp maak of breek en hier gee die mense om vir mekaar en die natuur en staan op vir wat reg is en dit waarin hulle glo . . .!

IMG 0322 2

Honderde mense – almal in variasies van swart geklee – het van oral in die omgewing opgeruk na die massa-byeenkoms in Hartenbos om hul steun te bewys aan die landwye #blackmonday-optogte ter ere van die duisende boere en landsburgers wat daagliks afgemaai word in sinnelose geweldorgies en plaasaanvalle in dié mooiste land op aarde.

IMG 0325 3

Boere het met hul trekkers en bakkies die weg gebaan vir die skare wat in vreedsame, maar vasberade protes kom sê het: Genoeg is Genoeg!

IMG 0404 4

Jonk en oud, ryk en arm, het in gewyde stilte geluister na die sprekers se boodskappe van hoop, geloof en volharding en dat elke individu die vermoë het om ‘n verskil te help maak, en ‘n leier in eie reg is.

IMG 0320 5

Plaaslike polisie en verkeersbeamptes het deurgaans onopsigtelik ‘n wakende oog gehou en die indrukwekkende konvooi voertuie op hul roete tussen Mosselbaai en Hartenbos begelei.

IMG 0345 6

Dit was ‘n mooi byeenkoms in ‘n gesellige, goedgesinde gees van kameraderie tussen ‘n wye verskeidenheid van mense wat een gemeenskaplike doel het: Om dié land en sy mense waarvoor hulle hartstogtelik lief is, te help beskerm teen die oorweldigende “boosheid” wat dit tans bedreig in die vorm van onbeheerste misdaad, korrupsie en geweldsorgies.

IMG 0362 7

Hoe?

Deur saam te staan en daadwerklik oplossings te soek met die krag, genade, leiding en wysheid van Bo. Hoe anders?

IMG 0368 8

IMG 0328 9

Kyk ook na die videos hieronder en op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/

https://web.facebook.com/phillip.vermaak/videos/10212577093075330/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2043656715865585/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2043647312533192/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2043643695866887/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2043638269200763/

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2043626512535272/

https://web.facebook.com/elsa.wessels/videos/10155758920158397/

Related Articles: