Dis so ironies . . . Net meer as twee weke nadat 'n Muur van Herinnering die naweek van 6 Oktober 2018 vir die agt slagoffers van verlede jaar se Knysna-brand onthul is, het nege mense en 'n ongebore baba reeds in 'n vlammehel in die Suid-Kaap omgekom wat geografies baie groter en erger as die Knysna-brande is en steeds voortwoed.


'n Vroeëre foto van die ligging in die Timber Village in Welbedacht, Knysna waar die Muur van Herinnering vir slagoffers van verlede jaar se Knysna-brand vroeër vandeesmaand onhul is. 

Die brande in Knysna en die omliggende omgewing het op 7 Junie 2017 uitgebreek. Tussen 8 000 en 10 000 mense moes hul wonings ontruim en agt mense is dood, onder wie ’n egpaar van die Elandskraalgebied, Tony en Madré Johnston en hul driejarige seun, Michael. Sowat 22 000 hektaar is in dié verwoestende brand in puin gelê. 

Sedert 23 Oktober 2018 is die Suid-Kaap en Tuinroete vanaf Vermaaklikheid in die Riversdal-omgewing tot by Plettenbergbaai plek-plek in ligtelaaie weens brande wat steeds voortwoed en reeds nege mense se lewens asook dié van 'n ongebore baba geëis het, duisende mense ontwortel het en meer as 100 000 hektaar verwoes het.

In albei rampgevalle is 'n kombinasie van onvoorspelbare en ongewone weerstoestande, weerlig, stormsterk winde, uiters droë toestande en menslike nalatigheid as redes en oorsake vir die brande aangevoer. 

Brande

Dat wêreldwye klimaatsverandering miskien wel 'n rol in die toenemende en grootskaalse internasionale vuurrampe speel en die weghol-veldbrandseisoen met amper 19% toegeneem het tussen 1978 en 2013, behoort nie 'n verskoning nie, maar eerder 'n aansporing tot groter paraatheid, omsigtigheid en meer gevorderde en doeltreffende voorkoming- en bestrydingsmaatreëls te wees.

brand waboomskraal

Die brandgevaar-seisoen het weliswaar vanjaar vroeër as "gewoonlik" in die Suid-Kaap afgeskop, maar met die voorkennis van klimaatsverandering en veral die grusame ervaring van verlede jaar se Knysna-ramp nog vars in die geheue, is dit duidelik dat owerhede en inwoners die gevaar steeds onderskat en veel meer gedoen sal moet word om voorkoming- en bestrydingsmaatreëls te verskerp.

Kort ná die dood van die brandweerheld en Working On Fire-helikoptervlieënier Nico Heyns tydens die Verrmaaklikheid-brande naby Riversdal, is agt lede en 'n ongebore baba van 'n familie van die klein bosboudorpie Farleigh naby George grusaam in 'n huis doodgebrand . . .

Nico Heyns

Wyle Nico Heyns (66) van Knysna wat drie weke gelede gesterf het toe sy helikopter in die Vermaaklikheid-omgewing neergestort het. Lees ook hier meer: https://briefly.co.za/18393-meet-nico-heyns-hero-pilot-died-fighting-garden-route-blaze.html#18393

Benewens die miljoene rande se skade aan infrastruktuur en derduisende hektaar wat in puin gelê is, is 17 menselewens binne 18 maande 'n té hoë tol om te eis.

 Lees ook hier die hartroerende storie van Jan Oelf van Farleigh wat bykans al sy geliefdes in die brand verloor het: 

Suid-Kaapse brande: Toe die bergwind opstaan . . .

Deur Hendrik Hancke 04 November 2018 

Hulle het nege geliefdes verloor, hul geboreplek is verwoes, maar hulle gaan nêrens – hul voorouers én kinders is nou hier begrawe, skryf Hendrik Hancke.

Net meer as ’n jaar nadat hy as vrywilliger in Knysna die brande help beveg het, moes Nataniel Oelf Donderdag in Karatara, naby Knysna, saam met die polisie deur roet en as sif vir die oorskot van sy familie. Nataniel (26) is buitengewoon kalm, amper statig in sy hartseer. Maandag was hy nog ’n pa van drie. Nou van geen.



'n Huilende Angelique Jantjies voor Jan Oelf se afgebrande huis. Foto: Deon Raath

“Ek dink ons het vandag van my suster se bene gekry. Dalk ook van my kinders s’n,” sê Nataniel laat Donderdagmiddag aan Rapport. Net buite ’n bibberkoue Buffelsbaai trek hy ’n kombers stywer om hom vas voordat hy versigtig verder praat.

“Die koerante sê agt mense is dood. Dis nie waar nie. Daardie ongebore baba was ’n maand van gebore af. Dis nege mense wat dood is.”

Hy was Maandag op pad werk toe, gesus deur die wete dat die brand in die berg volgens die owerhede “onder beheer” was. “Ek was so 2 km van Karatara af toe ek vuur sien. Ek bel toe ’n boer, Rob Dormehl, saam met wie ek verlede jaar in Knysna gaan vuur slaan het en sê ek is reg om te gaan veg in Karatara.”

Op pad na Dormehl se plaas, bel hy toe sy pa. “Ek was bekommerd en ek kon hoor my pa ook – die bergwind was ’n groot probleem,” sê Nataniel. Hy word stil en vir ’n oomblik soek hy woorde in die ysige Suid-Kaapse aand.  

“Toe ek weer my pa bel, antwoord een van die kinders . . .” Sy stem word merkbaar sagter. “Ek kon die histeriese geskree in die agtergrond hoor toe sy vir my sê die vuur is in die huis.”

Nataniel het hom te fiets na Dormehl gehaas. “Ek het by hom ingehardloop en gesê my huis brand en my kinders is binne die huis, toe los Rob alles en ons jaag Farleigh toe.” Van Karatara na Farleigh krul die sowat 4 km grondpad om die “nat draai, die wit draai en dan die lang draai”.

Nataniel en Rob het sy pa en ’n 12-jarige niggie in die straat in Farleigh gekry. “Hulle was baie deurmekaar van al die rook . . .” Oupa Ben Oelf (65), patriarg van die familie en ’n tradisionele leier van die Khoisan in die omgewing, vertel verder:

“Die Oelfs ken die natuur hier. Ons het geweet daar is probleme toe die bergwind opstaan.”


Oupa Ben Oelf (65) het vergeefs sy familielede probeer red - agt plus 'n ongebore baba het gesterf. 

Hy en sy 44-jarige dogter het begin om al om die huis en buitekamer water te gooi. Die brand was toe al in die plantasie, reg langs die enkelstraat-bosboudorpie Farleigh met sy 26 huise, toe Ben sy kleindogter by die bure gaan soek. 

“Ek het net deur die tuinhekkie gehardloop toe ek die eerste kool sien val – reg langs die huis oorkant. Toe ek daar kom, was die vuur klaar deur ’n venster in die huis.”

Sy kleindogter was nie daar nie. “Ek het haar drie keer geroep, maar daar was niks nie, toe hardloop ek terug.”

By sy huis gekom, was die brand daar ook. “Die agterkant van my huis was aan die brand. Daar was nie tyd vir eiendom red nie, ons moes uit!”

Daar was agt mense in sy huis: Ben se dogter (44), haar kinders van twee en 12, sy seun Simea se 21-jarige meisie wat agt maande swanger was, haar 13 maande oue dogtertjie, en Nataniel se drie dogtertjies van vyf en drie jaar en 11 maande.

“Ek het vir hulle gesê ons moet pad op hardloop en laag hou vir die rook. Die wind was rof, ons kon van al die rook amper niks sien nie en die vlamme was oral.”

Angelique Jantjies (50) op die erf waar haar familielede in 'n vlammehel gesterf het. 

Sy seun Simea het vroeër ’n karbattery gaan haal en toe die familie uithardloop, het hy deur die digte rook daarmee aangekom. Hy wou weet waar sy swanger meisie was.

“In die groot deurmekaar kon ons haar nie sien nie. Ek hardloop toe by die huis in om haar te soek, maar sy was nie daar nie. Die rook was so erg binne ek kon nie eens my eie agterdeur kry toe ek wou uit nie.”

Hy leun vorentoe oor die tafel en benadruk elke lettergreep met ’n handbeweging: “My eie agterdeur kon ek nie kry nie.

“Simea het my kom haal. Hy het my lewe net daar gered,” sê Ben.

Die bad wat was. In Farleigh het 13 van die 26 huisies in dié piepklein bosboudorpie afgebrand . . . 

Toe hulle buite kom, was die ander agt nie meer daar nie.

“Ek het gedink hulle het na my geluister en pad op gehardloop.”

Sy oë blink.

“Ek weet nie wat hulle gedink het nie. Miskien was dit die rook, miskien was dit die deurmekaar of die bang, maar hulle het na die brandende huis oorkant die pad gevlug. Hulle almal is daar dood.”

'n Teddiebeer, vasgemelt aan die huis waarin nege mense doodgebrand het. 

Nataniel kyk met sagte oë na sy pa.

“Ek het Maandag my suster, my drie kindertjies, my alles verloor, maar ek het vir my pa gesê dis oukei. Ons het almal alles gedoen wat ons kon. Dis oukei,” sê Nataniel.

Vir ’n oomblik is hy stil. “Van die 26 huise in Farleigh is 13 afgebrand, maar ons gaan nêrens heen nie. Dis ons geboreplek, die plek waar ons voorouers begrawe is en nou ook die plek waar ons kinders dood is. Ons wil ’n monument hier oprig – en bly sal ons hier bly.”

* Die polisie in die Suid-Kaap het die name bekend gemaak van die slagoffers wat voorverlede Maandag in ’n massiewe bosbrand in Farleigh buite Karatara dood is. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê al die slagoffers het in Farleigh gewoon, waar 13 huise deur die brand vernietig is.

“Die slagoffers is Elsabe Windvogel (42), Andrea Bewee (21), Ethan Windvogel (2), Eljade Windvogel (12), Nalaya Oelf (5), Niah Oelf (3), Aliyah Oelf (13 maande) en Nalana Oelf (11 maande),” het Potjie gesê.

Hy het vroeër gesê dat een vrou in die laat stadium van haar swangerskap was. Pojie het gesê dat ’n geregtelike doodsondersoek geopen is.

Intussen het Sanparke gesê dat al agt slagoffers verwant was en familielede van afgetrede personeel van Sanparke was. “Ons dink aan die familie wat hul geliefdes in die brand verloor het en ons sal hulle ondersteun in hierdie moeilike tyd,” sê Lize McCourt, waarnemende uitvoerende hoof van Sanparke. Volgens Sanparke het 13 personeelhuise in Rooikraal en vyf personeelhuise in Beervlei afgebrand.

“Altesame 75 mense is weens die brande dakloos gelaat en word elders deur Sanparke gehuisves.” McCourt het gesê dat Derek Hanekom, die waarnemende minister van omgewingsake, reeds die Farleighbos-terrein besoek het en met slagoffers van die brand ontmoet het. Intussen het Facebook-gebruikers ook die tragiese sterftes betreur. Laura Lauriaane het ’n foto van drie kinders op Facebook geplaas wat glo van die slagoffers is.



 https://www.netwerk24.com/Nuus/Brande/name-van-brandslagoffers-bekend-2018103

Knysna fires remembered
7 October 2018, 9:23 AM  |  Tanya Krause  | 


Wall Of Remembrance

A Wall of Remembrance of last year’s Knysna fire disaster has been erected at the Garden Route town’s Timber Village. It was officially opened during the annual Timber Festival this weekend.


Timber Village – a manufacturer of indigenous wood furniture and products – was also razed to the ground during the fires, but has been rebuilt and is operating at full-steam once again.
The Wall of Remembrance is the brainchild of locals, Bruce Bartie and Doné Else, who started a Facebook page, “Knysna Fires 7th June”, to share information and facilitate donations and assistance after the devastating incident.

It contains sponsored bricks with the names of those who lost their lives and property, as well as those who assisted during the disaster.

“In September last year my wife and i were sitting around thinking what can we leave as a legacy. We weren’t going to do this forever. We mulled over a few ideas and came up with the idea of a wall of remembrance, came and spoke to timber village, they got on board to build the wall for us, got to selling the bricks and it’s just been an incredible journey from there,” said Bartie.

Knysna Deputy Mayor, Ricky van Aswegen, says it is a reminder of how the local community came together during a difficult time.

“The mere fact that people went out of their way to assist other people, putting their own lives in danger to help other people. The love for one another, for the people of knysna. Having this wall of remembrance to enhance that and to show us that love, that compassion, that giving, that for me is what it’s basically about.”

Co-owner of Timber Village, Danie Hennessy, says the funds from selling the bricks goes towards their Skills Development Programme.

“This platform basically enables us to get funding, to train people, to use their hands, work with timber and obviously the long-term goal is they’ll benefit from that and will get employment through the skills they’ve achieved.”

http://www.sabcnews.com/sabcnews/knysna-fires-remembered/

 Lees ook ons vorige artikels:

 

 

Related Articles: