Kinders se Kersvreugde

xmas 201823

Oukersaand is gister feestelik en vreugdevol in die ware sin van die woord op verskeie plekke in die Mosselbaai-omgewing deurgebring . . . en vir die kinders van Groot-Brakrivier en Klein-Brakrivier was die onderskeie tradisionele Kerspartytjies weer eens 'n heerlike hoogtepunt op die kalender waarna hulle al maande lank uitgesien het.

Xmas 2018 Kleinbrak4

Op Groot-Brakrivier het die bekende Suidstraat-Kerstonele in Eureka Park wat elke Desember duisende toeskouers lok, gisteraand 'n klimaks bereik met die gebruiklike Kerspartytjie wat Tony en Cherie Bennett al sedert 2006 getrou elke Oukersaand vir kinders van die omgewing aanbied.

Xmas 201817

Dit is een van die mooiste Kersstories waarvan ons weet.

Verlede jaar het ons daaroor berig, maar gister kon ons self sien en beleef hoe dié welwillendheidsgebaar van die Bennetts deur die jare gegroei en mense aangesteek het om uit te reik en te gee . . .

Xmas 20182

Toe Tony in 2006 sy langdurige drankprobleem wonderbaarlik en finaal oorkom, het die egpaar besluit om voortaan die geld wat Tony aan drank bestee het, te gebruik om kinderhartjies te verbly met 'n spesiale Kersprojek. Tony het al sy spaargeld begin gebruik om Kersversierings pleks van papsakwyn te koop en te maak, terwyl Cherie elke maand geld van die huishouding afgeknyp het om Kersgeskenke te koop . . .

Tony and Cherie Bennett

Tony se versierings het mettertyd aangegroei tot 'n formidabele Kersuitstalling wat skares mense lok en spoedig het ander inwoners in die straat sy voorbeeld begin volg. Suidstraat is seker die bekendste straat in die hele Groot-Brakrivier - en vir kinders die simbool van Kersvreugde en meelewendheid.

Xmas 201811

Kinders en hul ouers het gister al van 17:00 af opgewonde voor die huis begin saamdrom en toe Cherie, aangetrek as Kersmoeder, teen 19:00 die "Kersklok" lui, was die feestafel met heerlike kos gedek, die Kersiggies het geflikker en die kinders het opgewonde in die ry gebeur om te sien watter geskenkies vanjaar uitgedeel word.

Elke kind kry 'n geskenkie en 'n drukkie en daarna smul almal aan die lekkernye op die feestafel . . .

Xmas 20183

Teen 21:00 het groepe mense steeds aangestap gekom om te kom deel in die feestelikheid . . . en daar was vir almal iets te ete en te drinke . . . amper soos die vissies en brode in die Bybelverhaal wat net nie opraak nie . . .

Hoe twee middeljarige pensioenarise dit regkry om steeds dié liefdesdiens sonder skenkings of borge vol te hou, is 'n getuigskrif van die boodskap wat hulle uitdra:
"Ons het geleer jy moet eers gee om te kan ontvang . . . "

En op een of ander manier is daar altyd genoeg om vir meer as 500 mense (kinders, hul ouers, bure en besoekers), 'n wonderlike Kersgeselligheid te gee . . .

* Só het ons verlede jaar hieroor berig: 
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/46-true-spirit-of-chr…

* By Suiderkruisstrand het Kersvader vanjaar weer in 'n helikopter sy verskyning op die strand gemaak, waar talle opgewonde kinders solank Kersliedere gesing het terwyl hulle vir hom wag . . .

Xmas 2018 Groot Brak5

* Op Klein-Brakrivier is Kervader al dekades lank getrou op sy pos om met sy slee en takbokke "soet kinders" te verras deur op Oukersdag geskenkies by hulle huise af te lewer . . . of by die strand saam met die kleingoed te kuier.

Xmas 2018 Kleinbrak2

Is daar iets mooier as Kersvreugde op 'n kindergesiggie - veral as hulle weet waaroor dit regtig gaan?

Xmas 2018

Kyk ook die video van die kinders op Suiderkruisstrand: 
https://youtu.be/3FLiUiR57rI

Kyk nog pragfoto's van Oukersdag se Kersvreugde op ons FB-blad:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2307785446119376?_

 
 
Related Articles: