Mosselbaai en die Suid-Kaap het vandag wéér gebrand, maar dié keer het niemand die vlamme probeer blus nie - eerder gehelp om dit te stook . . . vlamme van hoop, geloof en liefde wat deur tien rooi trokke aangevuur is.


Burre Arne Muller10
Die Burre Burger-droogtehulpprojek is besig om die land aan die brand te steek en elke dorp ROOI te verf met die Rooi Konvooi-vragmotors wat duisende ton mielies of voer vir moedelose boere aanry . . . 

Burre Arne Muller6

In Mosselbaai het dié vloot van tien vragmotors met hul kosbare vrag van 350 ton mielies mense sedert Dinsdagaand aangegryp en die harte en beursies opnuut laat oopmaak. Die internet het gesuis soos emosionale boodskappe, gebede en dankbetuigings ingestroom het en oral het almal hulp aangebied.

Burre Arne Muller7

Miskien, net miskien, het Burre Burger se geloofsdaad om boere in nood te probeer help, 'n vonk aangesteek in die land wat vuisvoos landsburgers op die regte tyd op die regte plek getref het - KOLSKOOT in die hart!

Burre Arne Muller8





GOOI MIELIES! STROME VAN SEëN VAN BO


Burre Arne Muller1

 Só het dit begin: 

 7 Augustus 9:41 nm

Reën, reënboë en boere wat lag. Gooi Mielies! 

Dit het lekker gereën en wat 'n mooi gesig toe die Rooi Konvooi-droogtehulpspan van Burre Burger vanaand Mosselbaai se sopnat paaie binne-brul met 350 ton mielies vir skaap- en beesboere in die omgewing!

Burre 4

Die tien blinkrooi trokke - geborg deur Blinkwater Meule op Middelburg - en gelaai met sakke mielies wat deur die Fochville-gemeenskap geskenk is, het eers skuins na 21:00 uiteindelik in Mosselbaai aangekom. Die mielies sal môre-oggend onder boere van Vleesbaai, Albertinia, Mosselbaai, Groot-Brakrivier tot in Riversdal uitgedeel word.

Burre laaste

Volgens Frans Jacobs, Burre se vennoot in beheer van die vervoerreëlings, was dit die vierde konvooi veevoer wat tot dusver danksy ruim skenkings en borgskappe aan Suid-Kaapse boere gelewer kon word.

Foto: Mosselbaaiers Renier van Rooyen en Betsie Nieuwoud (hier by Burre Burger afgeneem) was Woensdagoggend vroeg by Cobra Fuel & Transport om hulp en ondersteuning aan te bied. Renier het in 'n gebed sy seën oor die projek en alle betrokkenes uitgespreek en Betsie het spesiaal kospakkies vir die trokbestuurders ingesamel en gebring. 

Burre en RenierBurre laaste1

Altesame 37 trokke is tot dusver goedgunstiglik deur besighede beskibaar gestel en die dieselkoste van dié laaste konvooi alleen beloop sowat R250 000. Mosselbaai UD Nissan, Cobra Fuel & Transport en talle ander besighede dra ook mildelik by met dieselkoste, trokke, huisvesting en ander noodsaaklikhede om hul steun aan dié grootse gemeenskapsprojek ten bate van boere te bewys.


Burre Arne Muller3

Wat 'n wonderlike gemeenskapsprojek en 'n riem onder die hart in dié spanningsvolle tye in die land!

Burre arneBurre arne1

Die internet het behoorlik gegons! Só het Arne Muller van Mosselbaai, van wie se mooi foto's ons ook hier plaas, gister op FB gesê:

 
 
Arne Muller is with Burre Burger and Emile Meyer.
16 hrs
 

Today i am feeling proudly South African. We have one of the worst droughts ever in Mossel Bay area. Farmers from elsewhere in the country send over 300 tons of maize to our town to help. Thank you !!!!!!

 
 
Eerste mielies word oorhandig op Groot-Brakrivier:  Foto's: Arne Muller


Burre Arne Muller

Burre Arne Muller4




 8 Augustus 11:01 nm

Het jy al 'n boer sien lag . . . ?

Die Suid-Kaap BRAND! Tien brandrooi-trokke het gisteraand die dorp ingevaar en vuur gestook sover hulle gaan . . . en die vlamme versprei nou vinnig Weskus toe, terwyl dit plek-plek ook elders in die land brand . . .

Burre Arne Muller5

'n Boer maak 'n plan . . . en as geweldenaars die land begin brandsteek en boere sukkel om te oorleef, tel hy ook 'n fakkel op en stook vure wat helderder brand en almal aansteek - vlamme van hoop, geloof en liefde.


Burre boerevreugde

Die Burre Burger Droogtehulpprojek het vandag behoorlik vlamgevat in die Suid-Kaap en soos 'n veldbrand deur die land versprei en ongekende reaksie van oral ontlok. 

Derduisende mense het op sosiale medianetwerke foto's, gebede en boodskappe van dank en bemoediging aan Burre en sy span gedeel. Ons eie FB-blad het ook ontplof en teen gisteraand het bykans 40 000 mense reeds op dié blad die Rooi Konvooi-span van HOOP leer ken en sterkte toegewens.


Burre5

Burre het met dié nederige geloofsdaad waarmee hy verlede jaar begin het om boere in droogtegeteisterde gebiede te help, 'n vonk van hoop aangesteek - die liggie in die donker waarop sy vuisvoos medelandsburgers gewag het. As daar dan teen vuur en vlamme geveg moet word, is daar mos 'n ander vuur wat sterker brand en vinniger versprei as enige veldbrand . . . en Burre het sy landgenote net weer herinner en gewys hoe dit werk. Boere en mense regoor die land het hul harte en beursies oopgemaak soos selde laas gesien is en die hulp en skenkings bly instroom asof uit 'n onuitputlike bron . . . 


Dié Burre-boereprojek is voorwaar geseën.

Burre arne2

Dit was vandag 'n wonderlike gesig om al die Mosselbaaiers en Suid-Kapenaars se opgewondenheid en die boere se dankbaarheid en nuwe moed te beleef - al was dit net deur foto's, videos en kommentare op sosiale media . . .

Een Mosselbaaier, Betsie Nieuwoud, het soos volg berig: 

 
 

Ek was vanoggend by Cobra Transport om die Rooi Konvooi te ondersteun. Dit was ongelooflik. Daar is soveel mense om voor dankie te sê. Vir Burre en sy span. Blinkwater Meule en die vragmotor bestuurders. Maar vandag wil ek van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan al hierdie mense se familie. Ma...pa...boetie...sussie....vrou en kinders elkeen wat agter bly terwyl hulle lang ure op die pad is.... Dankie dat julle hulle vir ons leen om soveel HOOP VIR ONS BOERE TE BRING. Dankie vir julle ondersteuning....liefde.. en geduld.... Dankie dat julle hulle toelaat om hierdie werk te doen. Mag die Heer elkeen seën en veilig toevou in Sy Vaderhand.
Wil ook net vir VREDEBEST dankie sê vir die spesiale prys op die sakkies asook die pak chocolates so ook vir D.I.Y.DEPOT vir die blikkies koeldrank.

 
 

Vandag se tien vragte mielies wat aan Suid-Kaapse boere uitgedeel is, was die 837ste vrag voer aan boere sedert Maart verlede jaar, het Frans Jacobs laat weet wat die projek se vervoerdienste hanteer. 
En môre ry nóg 'n konvooi van tien trokke wat deur Hartswater Tafelronde gereël is, na Gamoep in Namakwaland om daar nóg boere te gaan help.

Burre Arne Muller9


En terwyl Burre en sy spanlede vandag in die Suid-Kaap was, is daar ook 'n vrag voer in Viljoenskroon in die Vrystaat gelaai en môre word 'n vrag mielies in Cedarville in die Oos-Kaap gelaai . . . alles danksy ruimhartige skenkings en steun van boere en mense wat WIL help . . .

 Die vonk het vlamgevat . . . en hoe meer mense se flou vlammetjie van hoop weer brandgesteek word, hoe meer stroom die hulp en skenkings in . . .

Strome van seën van Bo . . . 

En só word 'n land mos gered van ondergang . . . ?

Kyk ook dié video waarin Burre self praat en almal bedank.


 

Wie't nou weer gesê Suid-Afrikaners kan nie saamstaan nie? 

Daar gaan hulle weer - tien trokke van HOOP wat soos 'n veldbrand deur die land versprei . . . 

Nog foto's op ons FB blad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2216570701907518

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2217793745118547

 

 

 

Related Articles: