Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Oyster World Skorpios Security Reflexions Professional Hair Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

ANC-lede kies Cyril om skeuring te vermy

Adj.pres. Cyril Ramaphosa is tot president van die ANC verkies, want die meeste ANC-lede wil vernuwing hê sodat die party nie verdere steun by kiesers verloor nie.

 

Lede wil hê die ANC moet weer die ANC van weleer word – die ANC van Oliver Tambo en Nelson Mandela, sê Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC.

Een van die vernaamste faktore in Ramaphosa se oorwinning is dat meer afgevaardigdes van Mpumalanga, wat as ’n veilige vesting vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma beskou is, vir hom gestem het as wat verwag is.

Mthembu meen tot 350 van Mpumalanga se sowat 700 afgevaardigdes het vir Ramaphosa gestem. “Só beklink jy die konferensie.”

Prof. Richard Calland van die Universiteit van Kaapstad sê die uitslag wys daar was groter verdeeldheid in die provinsies wat Dlamini-Zuma gesteun het as wat voorheen gemeen is. “Dit was nader aan 50/50 as 80/20.”

Dié provinsies is KwaZuluNatal, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga.

Ramaphosa het groot steun in Gauteng, Limpopo en die Wes-, die Oos- en die Noord-Kaap.

Die ANC meen met Ramaphosa as president het hy ’n veel beter kans om die algemene verkiesing in 2019 te wen.

ANC-lede het waarskynlik ook besef die party sou in twee geskeur het as Dlamini-Zuma gewen het. Dit sou na verwagting ’n veel groter skeuring gewees het as toe Cope en die EFF weggebreek het.

Die afgevaardigdes het laat blyk dat ANC-lede moeg is vir swak regering, korrupsie en staatskaping. Hulle meen ook Ramaphosa het ’n beter kans om die ekonomie uit die moeras te bestuur.

Volgens ’n onlangse meningspeiling wou tot 64% van ANClede Ramaphosa as president hê. Dit sou dom van die konferensie gewees het om hul wil teen te gaan, sê dr. Piet Croucamp, politieke ontleder aan die NoordwesUniversiteit. Ramaphosa het ook gewen omdat hy ’n baie goeie veldtog gevoer het, sê hy.

Ramaphosa se span het die laaste paar maande die land vol gereis om steun te werf. Dit het vrugte gedra, soos die groot swaai in Mpumalanga bewys het.

Wat ook tot sy voordeel gestrek het, was dat talle swaargewigte in die party – soos Baleka Mbete en Lindiwe Sisulu – in die laaste paar dae hul gewig agter hom ingegooi het.

• 19 Dec 2017 Die Burger Gert van der Westhuizen

ANC PRESIDENT

Cyril Ramaphosa has triumphed over Nkosazana Dlamini Zuma to become the party’s 14th president.

huochxmj9uquxenobu34 2

Cyril Ramaphosa greets Nkosazana Dlamini Zuma after he triumphed against her to become new ANC president on 18 December 2017. Picture: Ihsaan Haffejee/EWN

Masa Kekana & Ziyanda Ngcobo

JOHANNESBURG – The ANC has named Cyril Ramaphosa as its new president at the party’s 54th national conference at Nasrec in Soweto.

Ramaphosa is the party’s 14th president and replaces Jacob Zuma who has held the position since 2012.

His competition for the ANC presidential race was Nkosazana Dlamini Zuma.

Ramaphosa received 2,440 votes to Dlamini Zuma’s 2,261.

f0irn7juljvoieuwjxju 3

David Mabuza has been elected deputy president, with 2,538 votes compared to Lindiwe Sisulu’s 2,159.

Gwede Mantashe is the new national chairperson having obtained 2,418 votes to Nathi Mthethwa’s 2,269.

Ace Magashule will serve as secretary-general after winning 2,360 votes versus Senzo Mchunu with 2,336 votes.

Jessie Duarte has been chosen as deputy secretary general with 2,474 votes compared to 2,213 for Zingiswa Losi.

Paul Mashatile is the party’s new treasurer general after obtaining 2,517 votes to Maite Nkoana-Mashabane’s 2,178.

http://ewn.co.za/2017/12/18/cyril-ramaphosa-is-the-new-anc-president

Ramaphosa sal JZ moet herroep, sê kenner

Dit gaan nie vir adj.pres. Cyril Ramaphosa, nuwe ANC-president, so maklik wees om van pres. Jacob Zuma as staatshoof ontslae te raak soos wat dit vir Zuma was om in 2008 van Thabo Mbeki ontslae te raak nie.

Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder op die Noordwes-Universiteit se Mahikeng-kampus, sê dit is “omdat Zuma ’n totaal ander karakter as Mbeki is”. Zuma is ’n vegter. Mbeki was nie. Mbeki is in 2008 as president deur die ANC herroep en deur Kgalema Motlanthe vervang wat die presidentstoel warm gehou het totdat Zuma, wat in 2007 die ANC-president geword het, in Mei 2009 as president van die land ingehuldig is.

Piet Croucamp 768x987 4

Croucamp sê hy verwag Zuma sal die regsproses teen hom probeer manipuleer.

Daar is boonop baie Zuma-ondersteuners in kernposte in die staatsdiens wat hom sal probeer beskerm.

Zuma sal ook nie maklik deur die parlementêre koukus van die ANC uitgeskop word nie omdat die ANC bitter moeilik in die parlement saam met opposisiepartye, soos die EFF en die DA, sal stem ten gunste van ’n mosie van wantroue.

Prof. Pieter Labuschagne, politieke ontleder aan Unisa, meen Ramaphosa sal so gou moontlik van Zuma ontslae probeer raak.

“Dit sal ’n onuithoudbare situasie wees en hy sal hom moet herroep.”

Dit gaan dan oor mag en gesag. Hoewel die gesag by Zuma as staatshoof lê, sal Ramaphosa die mag hê.

Theo Venter, Netwerk24 se ontleder op die ANC se nasionale konferensie in Johannesburg, stem saam Zuma sal gou herroep word.

Hy sê Ramaphosa het hom reeds verbind tot optrede teen staatskaping.

“My voorspelling is dat Zuma herroep sal word as daar volgende jaar weer betogings op universiteitskampusse is.”

• 19 Dec 2017 Die Burger Sarel van der Walt

Dít moet hy eerste doen, sê ander partye

Politieke partye het gisteraand gemengde gevoelens oor adj.pres. Cyril Ramaphosa se verkiesing tot president van die ANC gehad.

Mmusi Maimane, DA-leier, sê die ANC is dood en kan nie herstel nie, ongeag wie die party se president is.

mmusi Maimane 768x802 5“Dit is omdat die party bymekaargehou word deur die gom van patronaatskap en korrupsie, en Cyril Ramaphosa is net ’n nuwe gesig vir dieselfde ou ANC.”

Suid-Afrika se toekoms lê buite die ANC en dis nou in kiesers se hande om algehele verandering teweeg te bring deur die ANC in 2019 uit te stem, sê hy.

Van die eerste dinge wat Ramaphosa moet doen, is om alle weergawes van ’n kernkragtransaksie te skrap en om ’n bevoegde nasionale direkteur van openbare vervolging aan te stel om die vervolging van pres. Jacob Zuma en ander spoedig te laat voortgaan, sê Maimane.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê strawwe uitdagings wag op Ramaphosa en die wyse waarop hy dit hanteer, sal bepaal of hy Suid-Afrika sal kan red van verdere verval en ondergang.

Pieter Mulder 768x1152 6“Ramaphosa se verkiesing sal beleggersvertroue op kort termyn ’n hupstoot gee en selfs ’n verdere afgradering na rommelstatus kan voorkom, maar as hy langtermynvertroue wil skep, sal hy ’n aantal drastiese stappe moet doen.”

Van die eerste dinge wat Ramaphosa moet doen, is om Zuma voor Februarie 2018 te laat herroep en te sorg dat hy die staatsrede op 8 Februarie self lewer.

“As president van die land sal hy dan beslissend moet optree en dadelik die regterlike kommissie na staatskaping moet aanstel soos voorgestel in die destydse openbare beskermer (OB) se verslag.”

19 Dec 2017 Die Burger – Llewellyn Prince, Philda Essop en Selloane Khalane

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh