Die ouers, familie en vriende van die Nooweegse student Marie Ostbo (21) wat verlede Woensdagaand in uiters verdagte omstandighede spoorloos verdwyn het op ‘n idilliese Suid-Kaapse strand, is ná ‘n week van vrugtelose soektogte, met reg, uiters getraumatiseerd, vreesbevange en gefrustreerd.

 

In ‘n desperate poging om anwoorde te kry, het ‘n Noorweegse vrou wie se dogter goed bevriend is met die vermiste Marie, ‘n brief aan ‘n Suid-Kaapse gemeenskapskoerant geskryf – ‘n noodkreet om hulp.

student2 1Student 11 320x211
Marie Ostbo is presies ‘n week gelede in die geselskap van ‘n groep buitelandse studente wat Suid-Afrika besoek het, in die Suid-Kaapse dorp Sedgeville gesien. Die groep het na bewering pas van ‘n uitstappie op Myoli-strand in Sedgefield teruggekeer, toe hulle agterkom Marie is nie meer by hulle nie . . .

Vandaar af raak die Polisie-verklarings en sosiale kommentare uiters verwarrend . . . party het gereken sy het op die strand agtergebly om foto’s met haar nuwe kamera te neem . . . en toe kom dit later uit haar kamera is in haar kamer gekry. Dit was ook ‘n koue, bewolkte en reënerige aand – nie ideaal vir foto-sessies nie. Haar selfoon, pet en skoene is netjies langs mekaar op die strand gekry, maar sy is weg .  . ?

Die Polisie se aanvanklike soektogte was hoofsaaklik op verdrinking gerig . . . maar watter buitelandse student sal in die see in stap op ‘n wildvreemde plek in ongure weerstoestande?

Die volgende berigte is onheilspellend in hul akkuraatheid om die vrae wat NIE beantwoord is nie, te beklemtoon:

Family frantic
On Tuesday evening 23 April the Knysna-Plett Herald (KPH) received an email listing some concerns around the missing persons investigation from an extremely concerned family friend of Ostbo.

Kristin Keiserås Bakkane, the mother of one of Ostbo’s friends in Norway, said her concern is not so much based around the search activities, but around facts she feels are not being addressed or are being omitted.

“It feels powerless, witnessing the search activities from afar and not even having the simplest questions clarified. Can Knysna-Plett Herald help?” she asked editor Elaine King.

Bakkane questioned why police have not yet traced down and interviewed two men who were apparently caught on CCTV footage near the area where Ostbo disappeared. She also wanted to know if proper “technical investigations” have been done in connection with the cap, cellphone and shoes found on the beach.

Knysna-Plett Herald could not confirm whether such footage exists.

‘Why only drowning being pursued?’
Bakkane also questioned why it took police as long as five days, according to her, to send an official missing person notice.

“How can SA authorities solely pursue the drowning theory… knowing that her new camera, which was claimed to be the reason why she allegedly went too close to the sea, (was) found at her hotel room,” the worried woman wanted to know.

According to Bakkane those who were on the beach with Ostbo “never thought she would be acting carelessly at the beach”, and wants Ostbo’s appearance to be regarded as a criminal act.

Bakkane pleaded with KPH to investigate further because, she said, “the lack of news on these issues makes us worried that South African authorities are missing out on important information in the attempts to find Marie. Help please?”

The email was sent to the Knysna police at the time of going to print on Tuesday 24 April. The answers to these questions will be available as soon as possible.
https://www.knysnaplettherald.com/News/Article/General/norwegian-family-frantic-about-missing-student-201804240140

Lees ook ons vorige berig hieroor:

http://www.mosselbayontheline.co.za/2018/04/24/search-missing-norwegian-student-marie-ostbo-continues-distraught-family-prays-safe-return/

Intussen het dit aan die lig gekom dat twee ander jong mense in die afgelope maand spoorloos in die George-omgewing verdwyn het.

GEORGE NUUS – Na byna ‘n maand se gesoek is daar steeds geen teken van die vermiste Stoffel Claassen (24) van Rosemoor nie. Claassen, wat geestelik gestremd is, is laas op Dinsdag 27 Maart in Rosemoor gesien toe hy saam met sy oom, Flip Claassen, gaan water haal het.

Hulle het albei daarna verdwyn tot Flip op Vrydag 30 Maart by die George-hospitaal, met krapmerke aan sy bene, opgespoor is.

Tot dusver kon daar nog nie vasgestel word hoe hy daar beland het nie.

Volgens Stoffel se ma, Anna, was Flip baie deurmekaar en maak hy asof hy mal is wanneer die polisie hom oor Stoffel ondervra. “Hy was baie deurmekaar toe ons hom in die hospitaal gaan sien het. Ek het hom gevra waar my kind is en al wat hy gesê het was iets oor ‘n treinspoor by Heroldsbaai,” vertel Anna.

‘n Soekgeselskap is Sondag 8 April saam met die familie na Heroldsbaai ontplooi. Daar het Anna ‘n skoen, wat volgens haar aan Flip behoort het, opgetel, maar daar was geen teken van Stoffel nie. Volgens Pieter Nel van Lions Alert, het hulle verlede naweek weer ‘n soekgeselskap uitgestuur, maar daar is steeds geen goeie nuus nie.

Stoffel het ‘n rooi T-hemp, grys en oranje kortbroek, ‘n swart pet en sandale aangehad. Enigiemand wat hom dalk gesien het, of weet waar hy is, word gevra om Conville-polisiestasie by 044 803 3300 te skakel.

Die 24-jarige, verstandelike gestremde Stoffel Claassen word al byna ‘n maand vermis. Foto: Kristy Kolberg

Ander vermistes:

  • Chevon Desmonique Adams
    Die polisie is steeds op soek na Chevon Desmonique Adams (24) van Tarentaalstraat in Pacaltsdorp. Sy was Saterdag 7 April by die Rio-taverne in Liwanistraat in Thembalethu saam met haar ma toe sy omstreeks 20:00 saam met vriende daar weg is. Adams is laas gesien saam met ‘n onbekende man in ‘n maroen Isuzu-bakkie met ‘n CBS-registrasienommer.

Verskeie soektogte na vermistes lewer steeds niks

Die polisie is steeds op soek na Chevon Desmonique Adams (24) van Tarentaalstraat in Pacaltsdorp.

Sy het blou ‘n denim, ‘n grys T-hemp en ‘n grys top aangehad ten tye van haar verdwyning. Enigeen met inligting kan adjudant offisier Franklyn Goliath by die Thembalethu-speurders by 044 802 8934 of 071 689 8370 skakel.

Enigeen met inligting oor haar kan Lionel Manuel by 078 518 3161 skakel.

  • Marie Ostbo
    ‘n Week van fynkam het slegs van die Noorweegse student, Marie Ostbo (21), se besittings opgelewer. Daar is steeds geen teken van haar nie.

student2

Ostbo het verlede Dinsdag 17 April verdwyn terwyl sy saam met ‘n buitelandse studente-toergroep in Sedgefield vertoef het. Sy het volgens die polisie omstreeks 18:00 op die strand gaan stap. Haar selfoon, hoed en skoene is op die strand gevind.

Lees vorige artikels hier:

 
Related Articles: