Die Dorp van die Jaar het dit wéér gedoen! ‘n Fees der feeste uitgepak met top-vermaak vir derduisende mense van verskillende lande, kulture en smake. En boonop was bywoning GRATIS en die feesterreine op skouspelagtige plekke reg langs die see – iets wat min kusdorpe Mosselbaai sal kan nadoen!

Diaz Festival banner 1 2

Die eerste gekomineerde Dias & Hawefees – waar kulture ontmoet – het gekom en gegaan.

Eintlik was dit ‘n driedubbele fees – die Dertigste Dias-fees en die 29ste verjaardag van die Bartolomeu Dias Museumkompleks en die insluiting van die Mosselbaai Hawe by die feesverrigtinge om samewerkingsooreenkomste tussen die munisipaliteit en die hawe-owerhede te bewerkstellig.

Odeion String Quartet MBA Advertiser 3

Kulturele, ekonomiese en vriendskapsbande is op internasionale vlak gesmee; die dorp het sy beste voetjie voorgesit en ‘n feesprogram gereël waarop Bartolomeu Dias trots sou wees; plaaslike en internasionale kunstenaars het alles uitgehaal en gewys waarom hulle so gewild is; plaaslike sakelui het hul beste produkte en talente tentoongestel en feesgangers het gekuier dat die biesies bewe. Selfs die WEER het saamgespeel om ‘n onvergeetlike en die grootste fees nóg in Mosselbaai moontlik te maak!

diass 4

Die beplanning en harde werk agter die skerms wat só ‘n vierdaagse fees verg, is iets wat feesgangers nie altyd besef nie. Natuurlik sal daar onverwagse probleme opduik en mense wees wat hulself nie kan gedra nie, maar wie kan immers altyd menslike gedrag voorsien en beheer – veral as daar meer as 250 000 mense byeenkom?

diass14 5

Die feit dat die fees boonop GRATIS was, was ‘n ekstra bonus JUIS om brûe oor kultuur- en sosiale verskille te bou en ‘n mens sou hoop dat feesgangers dit juis sou waardeer en respekteer . . . ?

diass11 6

Alles in ag genome was dit ‘n WOW-fees en alle eer aan die Mosselbaai Munisipaliteit en al die onderskeie rolspelers, feeskomiteelede, die SAPD en Verkeersowerheid, Toerismekantoor en les bes, die MENSE wat dit so ‘n sukses gemaak het!

Dias Lloyd Cele en Jamali 7

Die stalletjie-eienaars op die feesterrein verdien ook ‘n medalje vir hul uithouvermoë om ondanks MIN slaap elke dag van vroeg tot laat op hul pos te wees om die massas se geite tevrede te stel.

dias35 8

Die fees het Vrydagaand op ‘n hoë noot afgeskop in die stadsaal, gisteraand sy hoogtepunt bereik by die Santos-verhoog en vandag op ‘n meer besadigde en bestendige noot ten einde geloop . . .

diasss3 9

Wel gedaan, Mosselbaai!

Dias Denise 10

Van die klagtes sluit in:

* Die naam Dias & Portfees laat dit alte veel na ‘n wynfees klink en moet dalk eerder Dias & Hawefees genoem word;

* Die tye van top-vertonings by die hawe en Santos-strand het oorvleuel sodat mense dikwels gedwing was om te KIES tussen vertonings wat hulle graag wou sien. Miskien moet die hawe-program op ‘n Vrydag aangebied word en die Santos-program op ‘n Saterdag sodat mense alles kan bywoon?

* Die pad na die hawe was gesluit en baie mense het nie kans gesien om die lang afstand na die Hawefees te voet af te lê nie;

* Verkeer- en parkeerprobleme maak dit moeilik om heen en weer tussen die verskillende feesterreine te beweeg sodat baie besoekers nooit by die hawe uitgekom het nie;

* Te min sitplek vir die massa feesgangers by die stalletjies en die feesverhoë sodat mense mekaar plek-plek vertrap het om die kunstenaars van nader te sien/hoor;

* Dronk, luidrugtige en kriminele gedrag deur jeugdiges het teen laat Saterdagaand die feesgees ietwat gedemp vir feesgangers en stalletjie-eienaars.

Hier is nog foto’s van die bedrywighede en lees ook dié fees-artikels:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2090413394523250

https://www.mosselbayadvertiser.com/…/history-made-in-mosse…

https://www.mosselbayadvertiser.com/…/classical-component-o…

dais 11

dias 12dias 13dias 14

Related Articles: