Mosselbayontheline is sedert Desember oorval deur klagtes/briewe van ontstelde inwoners en besoekers wat kla oor die hemelhoë pryse van vakansiehuisvesting en “agente” wat die huurmark al hoe meer in chaos dompel.

Daar word veral gewonder hoeveel eiendomsagente daar deesdae in Mosselbaai is en hoeveel van hulle wel gekwalifiseerde, geregistreerde agente is.

Van die klagtes is:

“Hier is deesdae meer kastige eiendomsagente as muskiete in die dorp. Omdat hier nie genoeg eiendom is om te verkoop nie, probeer hulle nou geld maak uit onwettige verhurings en stoot so die pryse kunsmatig op.”

“Huiseienaars voel self te skuldig om goeie huurders oor Desember uit te sit, nou skuil hulle agter gewetenlose agente wat vinnig ‘n paar pond wil verdien. Hulle kan nie self die huurder in die oë kyk nie en kan nou mos sê dis mos die agent, nie ek nie! Dis nie net harteloos en immoreel nie – nou is hulle boonop lafhartig ook om agter agente te skuil wat onwettig optree – net om vinnig ‘n vet slag oor Desember te slaan? En hoeveel van hulle verklaar dié “onwettige” ekstra inkomste aan SARS?”

“It’s a disgrace what’s going on in the holiday rental market and it’s affecting all the businesses and tourism as a whole. Holiday makers who used to come here for 4-6 weeks every December, can now barely afford to stay a week and then they don’t have spending money left to support the other businesses.
“Every other person is suddenly an “agent” and they even harras home owners to “market and manage” their homes over December in order to make a killing! Tourists are not stupid and we are already experiencing a drop in visitors’ numbers over December due to these artificially inflated prices and the exploitation of visitors.”

“Ons kom hou al die afgelope 20 jaar elke Desember vakansie in Hartenbos. Dié keer was die huis wat ons teen 3 keer die normale prys deur ‘n “agent” gehuur het, so vuil en gehawend dat ons die kontrak wou kanselleer, maar hulle het geweier om ons deposito terug te gee. Ons het uitgewerk ons kan baie goedkoper oorsee gaan vakansie hou, so Mosselbaai/Hartenbos sien ons nie weer nie! Dis hartseer, want ons is baie lief vir die plek, maar iewers het die mense mal geraak met hul vakansiehuisvestingpryse!”

Mosselbayontheline het onlangs breedvoerig berig oor die streng reëls en regulasies wat wel bestaan ten opsigte van korttermyn-vakansieverhuring versus langtermyn residensiële verhuring, maar die toepassing van dié maatreëls is ‘n taai tameletjie. Pleks van te wag vir owerhede om in te gryp en polisieman te speel, kan inwoners en gerespekteerde agentskappe self ook klagtes teen oortreders indien by die Munisipaliteit, die Raad op Eiendomsagentskappe of by SARS.

Op sosiale media het dit gegons en inwoners het veral uitgevaar teen “onwettige en ongeregistreerde agente” wat die huis- en huurpryse kunsmatig lig vir eie gewin ten koste van die welsyn van die dorp/besighede en permanente inwoners.

Lees gerus meer hier oor wat die reëls en regulasies is:

“Eiendomseienaars wat vakansieverhurings in Kaapstad wil doen, moet eers die nodige toestemming by die stadsowerhede kry – anders is dit onwettig en is boetes onder meer jou voorland.

In Kaapstad is verskeie verordenings daargestel wat korttermyn-verhurings reguleer en alle verhuurders moet aan dié regulasies voldoen.

Dit beteken egter nie dat álmal hul eiendom in die vakansietyd kan uithuur nie. Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, verduidelik dat vakansieverhurings in woonstelkomplekse in Kaapstad nie net outomaties toegelaat word nie.

Die eiendom moet eerstens die toepaslike sonering hê, en toestemming van die Kaapstadmetro moet ook verkry word.

airbnb3 2Dit is ook belangrik om te onthou dat die munisipale verordenings wat onder meer gastehuise en bed-en-ontbyt (B&B)ondernemings reguleer, bepaal word deur die spesifieke dienste wat hulle bied – dienste wat in wese baie soortgelyk is aan die dienste wat jy by hotelle kry, maar net meer persoonlik. Hierdie ondernemings moet dus aan ’n hele reeks regulasies met betrekking tot gesondheid, brande en noodgevalle voldoen.

Die Kaapstad-metro se voorwaardes sluit onder meer in: Die eienaar moet op die perseel woon; nie meer as drie kamers mag aan meer as ses mense verhuur word nie; en vir elke kamer is daar ’n parkeerruimte op die perseel.

As verhuurders nie aan ál die voorwaardes kan voldoen nie, moet ’n aansoek om verlof by die Kaapstad-metro ingedien word.”

* Wat sê die Wet? Huurders wat onreëlmatig oor Desember uitgesit word en/of ‘n ongeldige kontrak met ‘n ongeregistreerde agent geteken het, het ook regte.

wit plakkers1 3According to the Act:

* No one may be deprived of property except in terms of law of general application, and no law may permit arbitrary deprivation of property;

* No one may be evicted from their home, or have their home demolished without an order of court made after considering all the relevant circumstances;

* It is desirable that the law should regulate the eviction of unlawful occupiers from land in a fair manner, while recognising the right of land owners to apply to a court for an eviction order in appropriate circumstances;

* Special consideration should be given to the rights of the elderly, children, disabled persons and particularly households headed by women, and that it should be recognised that the needs of those groups should be considered;

wit plakkers 4

Procedure regarding evictions in terms of the PIE Act:

According to the Consumer Protection Act (CPA), to cancel a fixed-term lease you must give the tenant at least 20 business days’ notice to rectify a material breach of the lease, failing which the lease will be cancelled.

After 21 days, you can send the tenant a letter to cancel the lease. The letter should state that the tenant is now deemed to be occupying the property unlawfully and that he or she must vacate the premises by a specific date.

If the tenant/occupier has not left the premises by the date mentioned in the letter of cancellation, then your lawyer can lodge an eviction application, which includes seeking the court’s permission to serve a notice of motion on the occupier.

http://guthrietheron.co.za/?p=1982

http://www.mosselbayontheline.co.za/2017/12/04/4083/

Related Articles: