Dis nie net die publiek wat ontstig is oor die ernstige wanpraktyke in Mosselbaai se eiendomsbedryf deur ongeregistreerde “agente” en agentskappe wat oneties optree en die hele bedryf groot skade berokken nie. Professionele agentskappe en betroubare agente is ewe bekommerd oor die groot aantal “cowboys” in die bedryf.

‘n Prinsipaal van ‘n plaaslike eiendomsagentskap gee raad: Luister hier na die stemboodskap:

“Van die meeste probleme in die mark is dat daar ongekwalifiseerde mense is wat as eiendomsagente optree en nie net huis- en eiendomseienaars deurmekaar maak en die mark heeltemal deurmekaar krap nie, maar dat hulle glad nie geregtig is om as eiendomsagent op te tree nie.

EAAB Privy Seal 768x409 2

“Die Raad op Eiendomsagente (EAAB : Estate Agency Affairs Board) is baie duidelik rondom die kwalifikasies wat jy nodig het om as eiendomsagent op te tree. Jy mag bv. onder geen omstandighede vir ‘n derde party aanbied om sy eiendom te verkoop of te verhuur as jy nie die nodige kwalifikasies het nie.

“Voordat mense by enige transaksie betrokke raak, moet hulle aandring op bewyse van die agent se geldige Fidelity Fund-sertifikaat wat jaarliks by die EAAB hernu moet word.

fidelity Fund 3

“Onderaan enige kommunikasie moet die agent se Privy Seal wees.”

privy Seal1 3

privy seal2 4Om seker te maak die Privy Seal het nie verval nie, kan jy daarop klik en moet dit die huidige datum en tyd aandui, anders kan dit beteken dat die agent nie meer wettig optree nie.

As ‘n agent nie oor bogenoemde kwalifikasies/bewyse beskik nie, hoef jy ook geen kommissie vir dienste gelewer aan hulle te betaal nie.

Hieronder is kontakbesonderhede van die onderskeie organisasies waar onwettige agente gerapporteer kan word; of waar mense kan raad/hulp vra.

Die Raad op Eiendomsagente het nou ook ‘n Fluitjie-blaser-hulplyn waar ongerymdhede anoniem gerapporteer kan word – vinnig en maklik.

Whistle Blowers 5

Whistle Blowers Hotline

The Estate Agency Affairs Board has a Whistle Blowers Hotline available for reporting of any “foul” play that you are aware of regarding trust monies, and irregular transactions that are being conducted. It is important to note that you can opt to remain anonymous when reporting any irregularity.

Ander plekke waar mense onwettige agente kan rapporteer en/of hulp vra, is:

Rental Tribunal in George: 044 805 8730/63
https://www.georgeherald.com/News/Article/General/rental-tribunal-sits-in-george-20170711
Raad op Eiendomsagente : (EAAB) Estate Agency Affairs Board:
https://www.eaab.org.za/complaint
Tel: 087 285 3222
REBOSA (Real Estate Business owners of South Africa)
Tel: 087 359 0515
epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

It is illegal to operate as an estate agent without a valid fidelity fund certificate. The image below is an example thereof. Make sure that the agent you are dealing with holds a certificate for the current year. If not – you are not obligated to pay him/her commission for services rendered. For your own protection, please ask your agent for proof.

fidelity fund certificate voorbeeld 6

Van die klagtes wat voortdurend ontvang word – veral van huurders, is:

1. Daar word GEEN inventaris opgestel van alles wat in ‘n gemeubileerde eenheid is nie – huurders moet dit maar self doen om hulself te beskerm. Waarvoor is die agent dan daar?;

2. Geen inspeksie word voor die tyd gedoen nie en dikwels is die huis/woonstel waar die huurder moet intrek, nie eens behoorlik skoongemaak nie. In my geval was daar slap chips wat rondgelê het in die vrieskas, vlekke op die meubels (wat omgekeer was om dit weg te steek), vuil kosspatsels teen die kombuis se plafon en die braaikamer-kaste op die stoep was vieslik vuil . . Huurders moet dus maar foto’s neem van foute, vuil plekke, ens. om hulself te beskerm anders word die deposito nie teruggegee nie en word hulle (die huurder) verkwalik;

3. Selfs al bel jy die agent oor probleme (bad wat verstop is; gekraakte ruite en handvatsels wat op die vensterbank lê, ens. word niks gedoen nie en jy kan ook nie die eienaar kontak nie. Die agent sms altyd net sy sal iets doen, maar NIKS gebeur nie (waarvoor/vir watter diens word hulle dan betaal?);

4. In die kontrak word huurders sommer gevra om vooraf skoonmaakdienste van R250 tot R350 vir die skoonmaak van die blyplek te betaal (behalwe die deposito) vir as/wanneer die huurder uittrek en as die huurder self die woonstel perfek skoonmaak, kry hulle nie hul geld terug nie. Ek wag nou al drie maande en sy sms my net altyd dat sy die geld sal inbetaal.

5. Die agent weier om vir my haar Fidelity Fund-registrasie te wys en lag dit net af as ek daarvoor vra.

6. Party agente vra tot R850 vir ‘n gewone sub-standaard kontrak (ander vra R350 of R450) en hulle vra soveel kommissie dat die blyplekke onbekostigbaar duur is. Ek het toevallig gehoor die eienaar wil R3 800 (elektrisiteit uitgesluit) per maand hê, maar die agent vra R4 500 en dan doen hulle NIKS?

7. Die kastige “agente” wil nie hê die mense mag die eienaar se kontakbesonderhede hê nie, want die eienaar mag nie weet wat regtig by die huis aangaan nie. Ek het ‘n plek in Desember by ‘n agent gehuur en toe was daar glo ‘n “double-booking” en het die agent my gevra of ek die woonstel met drie ander mense sal “deel” vir drie dae . . . Hulle het van die Kaap af gekom en ek het hulle jammer gekry omdat daar geen ander blyplek was die. Die eienaar weet van niks! Dis ‘n siek storie en die “agent” steek die geld in haar sak.

8. ‘n Agent het my vertel hulle het NET 3-maande-kontrakte sodat ‘n langtermyn-huurder wat 11 maande wil bly, elke 3 maande die kontrak moet hernieu om wetgewing en regulasies oor langtermynverhuring versus korttermyn-vakansieverhuring te omseil. Sy het bv. vir my gesê ek moet “iewers in Desember uit wees omdat die eienaar kom”, maar ‘n maand later weerspreek sy haarself – die eienaar was nooit van plan om te kom nie en sy was naarstigtelik besig om vakansiegangers/toeriste te soek om in Desember vir 5 x die gewone tariewe te huur. Die uitgaan-datum was nêrens op my kontrak nie en ek moes haar begin Desember bel om te hoor presies wanneer ek nou moet uit wees . .. Toe ek haar vra of die eienaar daarvan bewus is dat ek moet uittrek omdat sy “vakansiegangers” insit, wou sy my nie antwoord nie. Die feit dat daar nou ‘n handgeskrewe boodskap onderaan hul kontrakte is wat sê dat huurders onder geen omstandighede kontak met die eienaars mag hê nie, bevestig my vermoede dat die eienaars nie ‘n idee het wat by hul eiendom aangaan nie.

9. Hulle weerhou die deposito’s van huurders en weier dikwels om dit terug te betaal (sonder enige rede). My buurvrou het NOU nog nie haar deposito teruggekry nie, al is sy al op 14 Desember 2017 uit . . . die agent sou kastig vir haar ander blyplek soek en dus solank die deposito hou, maar toe niks gebeur nie het my buurvrou self ander blyplek gekry en nou sukkel sy na drie maande STEEDS om haar deposito plus skoonmaakgeld terug te kry. Die agent stuur net smse wat sê ja, sy sal dit terugbetaal, maar NIKS gebeur nie . . . dis nou al langer as 3 maande?

10. Agente “harrass” huiseienaars om hul huise/woonstelle in woongebiede namens hulle te verhuur/bestuur met beloftes dat hulle “baie meer” geld kan verdien met vakansieverhurings as permanente langtermyn-verhurings. Baie van die huiseienaars het daarvoor geval – baie tot hul eie spyt, want die R30 000 oor Desember kom nie naby die R60 000 (R5 x 12) van goeie langtermyn-huurders nie en die vakansiegangers rig groot skade aan waarvoor die huiseienaar nie verseker is nie. Die sg. “agente” keur nie die huurders behoorlik nie en op die einde sit die bure met die lawaai en die huiseienaar is onbewus van wat by sy huis aangaan, tot hy agterkom hoe sy plek verniel is.

11. Ek het nie geweet dis onwettig om verhurings te doen as ek nie ‘n gekwalifiseerde eiendomsagent is nie. ‘n Prokureur het my gevra om vakansiehuisvesting te werf en ek het later skuldig begin voel oor al die transaksies/uitbuiting en belastingontduiking en het gedreig om hom aan te kla. Op die einde was ek te bang en het net geloop.

12. Ongekwalifiseerde agente word op ‘n kommissie-stelsel aangestel om oor vakansietye ‘n sekere aantal blyplekke teen sekere bedrae aan vakansiegangers te verhuur en hulle gee nie ‘n duiwel om hoe of aan wie hulle verhuur nie, solank die geld inkom . . . ?

13. Weens die oorweldigend kompetisie in die mark en die oorskot agente verskil verkoop- en verhuringspryse vir dieselfde eiendom met derduisende rande van agent tot agent en danksy sosiale media kom dit al hoe meer op die lappe. Die huiseienaar adverteer bv. sy huis op Gumtree @ R1, 2 miljoen en dieselfde eiendom word deur verskillende agente vir R1,5m tot R1,6m geadverteer en dieselfde geld vir verhurings – dieselfde huis se huurpryse verskil tot oor ‘n R1000 per maand van agent tot agent soos elkeen sy eie kommissie bysit. As dit so aangaan, sal al hoe meer verkopers/verhuurders net die eiendomsagentskappe “gebruik” om markverwante pryse te bekom en op die ou einde hul eie huise verkoop of verhuur, want danksy sosiale media en soveel platforms HET niemand eintlik meer ‘n agentskap/agent nodig om ‘n gewone huis te verkoop/verhuur nie . . . ?

Lees ook vorige artikels oor die onderwerp hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/2017/12/04/4083/

http://www.mosselbayontheline.co.za/2017/11/19/3984/

Related Articles: