Die bom en #fishrot-Wikileaks-skandaal van omkopery, geldwassery en korrupsie ter waarde van dermiljarde dollar in die internasionale visbedryf om toegang tot Namibië en Afrika se visbronne te kry, het ook 'n plaaslike visreukie deur die betrokkenheid van een van Afro Fishing se twee direkteure by die Namibiese staatsmaatskappy Fishcor waarop die soeklig nou ook skerp val.

Heinaste Samherji vessel 

Johannes Breed (37), 'n geoktrooieerde rekenmeester, is ook die besturende direkteur van die Angola-gebaseerde maatskappy African Selection Trust (AST) wat op sy beurt 'n 60%-aandeel in 'n nuwe Namibiese maatskappy Seaflower Pelagic Processing (Pty). Ltd het, terwyl Fishcor die ander 40% besit.

Volgens die Namibiese koerant, The Namibian, verteenwoordig Breed, sowel as die ekonoom Adriaan Jacobus (AJ) Louw en prokureur Maren de Klerk AST op Seaflower Pelagic se direksie. Volgens die Namibiese koerant, Namibian, is Louw ook die eienaar van African Selection Fishing (ASF) en het sy vennootskap met Fishcor verlede jaar die wenkbroue laat lig omdat dié transaksie glo nie nie deur die normale verkrygingskanale en prosedures beklink is nie.

https://www.namibian.com.na/177399/archive-read/Procurement-board-idle  

Volgehoue bewerings dat Fishcor (en AST by implikasie) onreëlmatige geld en 'n viskwota van N$1,8 miljard oor 'n 15-jaar periode van die Namibiese minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernard Esau, ontvang het, word onder meer nou ondersoek.

Esau, asook Namibië se minister van justisie, Sacky Shanghala, het hul bedanking ingedien en is in hegtenis geneem sedert dié omkoopskandaal oor viskwotas die afgelope tien dae wêreldwyd opslae gemaak het.

Afro NamibiaAfro Namibia2

Bernard Esau (links), Namibië se gewese minister van visserye en Sacky Shangala, gewese minister van justisie

Dit kom ook te midde van Mosselbaaiers se kommer oor Afro Fishing se planne vir 'n R350 miljoen pelagiese vismeelfabriek, asook owerheidsplanne vir akwaboerderybedrywighede met geelstert in Mosselbaai se waters.

afro meeting8

Deon van Zyl, Afro Fishing se bestuurder, aan die woord tydens verlede Woensdag se inligtingsessie en vergadering waartydens 'n paneel kundiges belanghebbendes te woord gestaan het oor Afro Fishing se beplande en hoogs omstrede planne om 'n pelagiese vismeel en olieverwerkingsaanleg in Mosselbaai te vestig. Die vergadering was deel van die openbare deelnameproses wat deur die omgewingskonsultantgroep Cape EAPrac aangebied is terwyl die #fishrot-skandaal besig was om skokgolwe deur die internasionale visbedryf te stuur. 

 

Volgens die Namibiese koerant Die Republikein het Esau en Shanghala hul bedankings ingedien ná 'n vergadering met die Namibiese president Hage Geingob in die nadraai van aantygings oor en ondersoeke na miljarde rande se omkoopgeld van 'n Yslandse maatskappy Samherji om Namibiese viskwotas te verseker.

Volgens internasionale berigte is die Namibiese politici en beamptes wat na bewering tussen 2012 en 2018 Samherji-omkoopgeld ontvang het, mnre. Esau, Shanghala (wat vroeër die prokureur-­generaal was), Tamson 'Fitty' Hatuikulipi, wat as konsultant vir SAMHERJI gewerk het, en James Hatuikulipi, die raadsvoorsitter van Fishcor en besturende direkteur van Investec Namibia.

Mnr. Mike Nghipunya, die uitvoerende hoof van Fishcor, word ook geïmpliseer.

Die Yslandse fluitjieblaser, mnr. Jóhannes Stefánsson, wat glo saam met owerhede werk om die beweerde korrupsie oop te vlek, was Samherji se verteenwoordiger in Namibië. Hy is in 2016 afgedank.

Dié skokkende onthullings van grootskaalse korrupsie en geldwassery in die visbedryf om Afrika se seelewe te plunder deur maatskappye met tentakels wat van Angola tot in Cyprus en Dubai strek, het ook tot grootskaalse betogings teen korrupsie in Ysland gelei.

Betogers in Ysland

 Die #Fishrot-skandaal kring wyd uit en 'n Spaanse vismaatskappye se bande met Kunene Fisheries in Namibië word ook nou ondersoek. 

Afro Spanje

Mosselbayontheline het in vorige berigte onthul dat Afro Fishing se direkteur, Johannes Breed, sedert verlede jaar op die direksie van agt Suid-Afrikaanse maatskappye in die visbedryf dien en dat hy ook die besturende direkteur van African Selection Trust (AST) is.
Afro Fishing bestaan reeds sedert 2007, maar het verlede jaar van eienaars verwissel. Vyf van die ses vorige direkteure het in 2018 bedank, terwyl net Shamera Daniels, 'n lid van die Wes-Kaapse seevisserybedryf, aangebly het.

Die nuwe bestuurder, Deon van Zyl, wou vroeër vanjaar nie in 'n openhartige onderhoud met mosselbayontheline sê wie nou Afro Fishing se direkteure is nie. Hy wou ook nie sê waar die R350 miljoen vir Afro Fishing se beplande en uiters omstrede vismeel en olieverwerkingsaanleg vandaan kom nie, behalwe dat dit van oorsese beleggers kom.

Die Namibiese koerant, Namibian, het in Mei 2018 soos volg berig oor Fishcor se vennootskap met African Selection Fishing (ASF) van Adriaan Jacobus Louw: 

Fishcor formed a partnership with Adriaan Jacobus Louw, who owns a company called African Selection Fishing Namibia (ASF).

That deal has raised eyebrows in the fishing sector because Fishcor is building a N$500 million factory without going to tender.

A source close to the Central Procurement Board suspects that the Fishcor issue did not go through them because the parastatal was in a partnership.

https://www.namibian.com.na/177399/archive-read/Procurement-board-idle

 

Intussen is die Suid-Afrikaanse beleggingsmaatskappy INVESTEC ook by die ondersoek betrek:

The Namibia managing director of South African investment firm Investec has resigned after allegations he spearheaded a fishing scheme that generated kickbacks of at least 150 million Namibian dollars ($10 million) in a bribery scandal that has seen two ministers quit.

James Hatuikulipi also resigned as Managing Director of Investec Asset Management Africa, excluding South Africa, while his number two Ricardo Gustavo has been suspended pending the outcome of an ongoing independent investigation, the company said in a statement late on Thursday.The Namibia managing director of South African investment firm Investec has resigned after allegations he spearheaded a fishing scheme that generated kickbacks of at least 150 million Namibian dollars ($10 million) in a bribery scandal that has seen two ministers quit.

James Hatuikulipi also resigned as Managing Director of Investec Asset Management Africa, excluding South Africa, while his number two Ricardo Gustavo has been suspended pending the outcome of an ongoing independent investigation, the company said in a statement late on Thursday.

https://www.moneyweb.co.za/news/companies-and-deals/investec-namibia-md-resigns-amid-fishing-bribery-scandal/

In 'n artikel in Noseweek is vroeër berig:

In 2017, the amaBhungane Center for Investigative Journalism reported that the Namibian fishing industry was outraged because an international interest group, referring to AST, benefited from the allocation of a huge fishing quota to the state-controlled Fishcor. According to the Daily Maverick, the quota comprises 50 metric tons of mackerel per year for 15 years with an estimated value of R120 million per year.

At the time, it was said that at least five Namibian companies could qualify as partners for Fishcor, but were overlooked. At least one, Bidvest Namibia, had to stop its operations in the meantime and about 1 200 people lost their jobs. Seaflower Pelagic has just commissioned a fish factory of nearly R540 million in Walvis Bay. The plant can process as many as 600 tons of mackerel per day.


If Johannes Breed is involved in AST's operations in both Angola and Namibia, then the logical question to ask is whether AST is also the investor behind the R350 million injection in Mossel Bay's Afro Fishing? What is AST's share in the other local fishing companies where Breed also serves on the boards? And what does all this mean for the local fishing industry?

Afro Fishing Managing Director, Deon van Zyl, denies that the company is a subsidiary of AST and was only prepared to say that the money for the Mossel Bay fishmeal factory is a privately acquired investment from abroad.

 

In Januarie vanjaar het Undercurrent berig Seaflower Pelagic Processing verteenwoordig die grootste belegging in baie jare in die Namibiese visbedryf. Dit beslaan 'n gebied van 14,000 vierkante meter en is reeds die grootste aanleg van sy soort suid van die Sahara en behoort werk aan 420 mense te verskaf.

Namibia’s Fishcor set to open new 70,000t pelagic plant

By  

Lees ook meer hier oor hoe die grootste skandaal sedert Namibië se onafhanklikheidswording nou wêreldwyd ontvou:

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/geingob-shows-esau-sh…

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/icelandic-and-russian…

Image may contain: plant and outdoor
Image may contain: text
Image may contain: 1 person, crowd, sky and outdoor
Image may contain: ocean, sky, water and outdoor
+13
 
 
 
Só het ons oor verlede week se Afro Fishing publieke inligtingsvergadering in die Mosselbaai stadsaal berig: 
 
Afro meeting3
 
Sowat 200 mense het Woensdag vanaf 16:00 stuksgewys die inligtingsessie en vergadering oor Afro Fishing se omstrede beplande vismeel en -olieverwerkingsaanleg op Kaai 1 in die Mosselbaai-stadsaal bygewoon.

'n Indrukwekkende paneel kundiges het die konsepverslag van die omgewingskonsultantgroep Cape EAPrac. van George verduidelik, waarop die publiek geleentheid gekry het om vrae te vra.

Afro meeting2

Besware, vrae en vrese oor die oorweldigende en wye impak van só 'n omstrede nywerheid in die kleinste werkende hawe in die land, kon ondanks al die wetenskaplike jargon nie besweer word nie.

Een inwoner het al die besorgdes se vrese in een versoek opgesom: Sal AL die betrokke owerhede (lug- en waterbesoedeling; padverkeer; omgewingsake en vissery, ens.) op skrif onderneem om binne 24 uur alle werksaamhede by die aanleg te staak as dinge nie in die praktyk uitwerk soos (op skrif) beplan is nie ongeag watter faktore die probleme veroorsaak?

Afro meeting1

Nodeloos om te sê, sal géén owerheid so 'n onderneming op skrif gee nie en berus die suksesvolle implementering, bedryf en bestuur van so 'n vismeelaanleg steeds op al die ASSE:

* AS genoeg VARS pelagiese vis in die omgewing gekry kan word om 1000 ton per dag te voorsien, en daar daagliks verseker kan word dis NET pelagiese vis wat gevang is;
(Al die sardyne vir Afro Fishing se sardyninmaakfabriek word al die afgelope twee jaar van Morokko ingevoer weens die afname van dié visspesie in die gebied.)

* AS die viskwotas vir pelagiese vis en totale toelaatbare vangs (TAC) wat nog toegeken en bepaal moet word, voldoende is om in die bedryf te voorsien;

*AS die ingevoerde en gesofistikeerde RTO-stelsel om stank te bekamp (wat vir die eerste keer in SA beproef gaan word) nie probleme gee nie en behoorlik onderhou en bedryf word deur 'n goed-opgeleide span kundiges en toesighouers;

* AS die "wettige toelaatbare vlak" van reuk-, lug- en waterbesoedeling volgens nasionale standaarde ook "aanvaarbaar" is vir inwoners, besighede en toeriste in die nabye omgewing sodat dit hulle nie negatief beïnvloed nie . . . wat selde in die praktyk die geval is, want wie bepaal hoeveel dit mág stink/raas/besoedel soos al jare by Saldanhabaai, Gansbaai, St Helenabaai, Houtbaai, ens. gebeur ONDANKS uitgerekte hofsake, wetgewing en ewe indrukwekkende omgewingsimpakstudies en -voorleggings?

Die goeie nuus is dat bekommerde inwoners steeds kan registreer as belanghebbendes en hul menings/besware kan opper deur voor 12 Desember 2019 Cape EAPrac se senior konsultant Melissa Mackay te kontak by 044 874 0365 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Die konsepverslag kan aanlyn bestudeer word op die webblad www.cape-eaprac.co.za of kan ook op CD of by die biblioteek verkry word.

* Die noodsaaklike lisensies vir omgewingsbesoedeling en atmosferiese luggehalte moet toegestaan word voor enige verdere stappe gedoen kan word. Bg. word onderskeidelik deur die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning onder minister Anton Bredell en die Garden Route Distriksmunisipaliteit uitgereik.

Nog belangrike nuus onder foto's:

 
 
 
 Lees ook ons vorige verwante artikels hier:  
 
  
Related Articles: