12 Desember 2018

Joegaai! Die skole is TOE, die strande is OOP, die krag is AAN, petrolpryse is AF, misdaad is OP, maar in die Mosselbaai-omgewing is die polisie, buurtwagte, GPF, lewensredders en nooddienste almal OP hul pos om die groter Mosselbaai-gebied so veilig en vakansie-vriendelik as moontlik te maak vir die hordes besoekers wat nou langs die goue strande kom uitspan en ontspan.

Image may contain: 11 people, people smiling, people sitting and indoor

WELKOM! Die besoekers bring jaarliks 'n heerlike, aansteeklike en spontane vakansiegees na die Tuinroete wat alle kleindorpse kleingeestigheid troef.

* Goeie nuus is dat ESKOM blykbaar besluit het om die ligte aan te hou;

* Mosselbaai se wetstoepassers en private organisasies het saamgespan om die lewe so moeilik te maak vir opportunistiese skelms dat hulle waarskynlik klaar elders heen gevlug het.  Benewens die parate buurtwagte wat booswigte se planne in die kiem smoor, is perde, vierwielmotorfietse en voetpatrollies ook ingespan om strande, staproetes en misdaad-brandpunte te help beveilig.

perde GPF

Almal kan gerus help om hierdie grootskaalse gemeenskapsveiligheidsprojek te ondersteun deur die dapper manne en vroue te bederf met lekker eet- en drinkgoedjies (behalwe alkohol!) wat by die beheersentrum by die De Bakke-parkeerterrein afgegee kan word. 
Die beheersentrum is ingerig in 'n woonwa wat opsigtelik geparkeer is op die parkeerarea en word spesiaal deur Afriforum geborg. 
Gebottelde water, koeldrank, stamina-kos en verversings is altyd welkom!

* Lewensredders sal dié seisoen tot 6 Januarie 2019 by al 23 strande in die Mosselbaai-omgewing aan diens wees, terwyl die vier Blouvlagstatus-strande (Santos, Hartenbos, De Bakke en Klein-Brakrivier) tot 13 Januarie deur lewensredders beveilig sal word. 

Image may contain: one or more people, ocean, sky, beach, outdoor, water and nature


* Hoewel die Hartenbosrivier oopgestel is vir rekreasiedoeleindes, sal die waterkwaliteit deurgaans gemonitor word vir besoedelingsvlakke en word waterliefhebbers gemaan om liefs naby die mond te swem waar die seewater sterk invloei.

Image may contain: one or more people, ocean, beach, sky, outdoor, nature and water

* Huiseienaars het net tot 31 Desember 2018 tyd om besware/kommentaar te lewer op die nuwe aanvullende eiendomswaardasielys wat tans ter insae is by die Mosselbaai Munisipaliteit. Amptelike vorms om beswaar aan te teken, is ook by die munisipaliteit beskikbaar en almal wat reken hul eiendomswaardasies is foutief, moet gou speel, want dit gaan ook jou eiendomsbelasting beïnvloed. 
Hier is die skakel: 
https://web.facebook.com/mosselbaymun/posts/1994484283968465?

* Nog goeie nuus is dat die twee verdagtes wat tien dae gelede by die Santos Haven-aftreeoord ingebreek en 'n bejaarde inwoner aangerand en beroof het, vinnig aangekeer is en veilig agter slot en grendel is weens huisROOF (nie huisbraak nie) tot hul volgende verskyning op 28 Januarie 2019. (Huisroof sluit geweld en aanranding in.) Kommerwekkend is dat albei bekende gewoontemisdadigers in die omgewing is wat al voorgekom het vir moord, dwelms, huisbraak en diefstal en juis op parool was tydens die Santos Haven-aanval. Hopelik kan howe help keer dat gevaarlike gewoontemisdadigers nie so maklik op parool vrygelaat word nie? 
Lees meer hier: 
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/misdaad-c…/181-misdaad

* 'n VOL vakansieprogram word by al die strande, vermaaklikheidsplekke, ATKV en restaurante aangebied - moet dit nie misloop nie en help asb. om Mosselbaai se strande en riviere skoon en veilig te hou!

Image may contain: 1 person, sky, outdoor, water and nature

* Res van die nuus in beeld, want ons spog graag met Mosselbaai se mooi!

 
 
 
 
 
 
Related Articles: