Die hele wêreld was gisteraand so ietwat met die maan gepla . . .  

In Mosselbaai het groepies "sterrekykers" die verskynsel op strande en stoepe ingewag, maar dié wat nie met teleskope, verkykers en goeie kameras toegerus was nie, het omstreeks 21:00 net gesien die maan is "weg" . . . so ietwat van 'n anti-klimaks as daar skielik NIKS is nie 

Binnelanders wat wolklose weer gehad het, kon die bloedmaan en verduistering beter sien - veral in die Karoo!

Ons plaas van die mooiste foto's wat oral op sosiale media verskyn het vir diegene wat die seldsame verskynsel misgeloop het.

maansverduistering John Wassenaar

John Wassenaar - oud-fotograaf van Die Burger - het dié reeks foto's van Vrydagaand se algehele maansverduistering in Centurion vasgevang.


Adrian Venter

Adrian Venter het dié gedeeltelike maansverduistering op Paternoster aan die Weskus vasgelê voor die wolke weer inbeweeg het. 

Adrian Venter1

Die maan-eklips en die planeer Mars op dieselfde foto! Adrian Venter van Paternoster aan die Weskus het Vrydagaand daarin geslaag om dié dubbele atronomiese verskynsel vas te vang - die langste algehele maansverduistering van die eeu wat saamgeval het met Mars se naaste verskyning aan die Aarde in 9 jaar. 


marlene malan maan

Karoonagte . . . Marlene Malan van Prins Albert het Vrydagaand dié trefferfoto van die volmaan oor die Karoo-vlaktes verewig voor die maansverduistering begin het. 

Marlene malan maan1

Bloedmaan oor die Karoo . . . Nog 'n trefferfoto van Marlene Malan van Prins Albert van Vrydagaand se uitsonderlike maansverduistering en op die foto's hieronder die geleidelike verduistering van die maan soos die aarde voor hom inbeweeg . . .  

marlene malan3marlene malan4marlene malan5

 marlene malan6marlene malan7marlene malan8


 Lees ook ons vorige berig oor Vrydagaand se algehele maansverduistering wat die hele wêreld aangegryp het hier: 

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/136-donkermaan-langste-algehele-maansverduistering-van-21ste-eeu

 

Related Articles: