Inwoners en besoekers aan Mosselbaai het 'n paar dinge in gemeen: Almal is lief vir dié Suid-Kaapse kusdorp met sy gasvrye mense, matige klimaat, asemrowende natuurskoon, ryk marienelewe en heerlike vakansiegees dwarsdeur die jaar.

finals34

Dit is dus geen wonder dat die meeste inwoners hard werk en betrokke is by 'n magdom verskillende organisasies en gemeenskapsprojekte om die dorp en sy mense te beveilig, te bemagtig, te bewaar, te verbeter en te bemark nie.

Die vinnige tempo waarteen 'n pragdorp kan verval tot 'n vuil, verwaarloosde misdaad-hool is egter landwyd sigbaar en kan waarskynlik met enige dorp gebeur as inwoners nie paraat en ingelig is en BETYDS saamstaan nie.

mooifoto2

Dit kos net 'n paar politieke skuiwe en onbedagte nywerheidsontwikkelings om 'n ongerepte kus- en toerismedorp tot 'n besoedelde nywerheidsgebied te verdoem.

Volgehoue planne om Mosselbaai met die beleërde George-munisipaliteit te laat saamsmelt waar die Valke alweer klopjagte weens beweerde bedrog en onreëlmatighede uitvoer, laat lankal die gevaarligte brand.

Voeg daarby die visie om Mosselbaai die Suid-Kaap se broodmandjie en 'n tweede Kouga of Saldanhabaai te maak, soos verwoord deur Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route Distriksmunisipaliteit, en dis tyd om wakker te skrik. WEET Mosselbaaiers hoe lyk dit deesdae op Kouga en Saldanhabaai?

 

Navrae oor die beoogde vismeel- en olieverwerkingsaanleg van Afro Fishing op Kaai 1 van die Mosselbaaise hawe ONDANKS heftige openbare besware en 'n petisie, het niks opgelewer nie behalwe dat die plaaslike koerant se nuusredakteur en die omgewingskonsultant wat 'n ONafhanklike omgewingsimpakstudie moet doen, die baas van Afro Fishing vergesel het op 'n oorsese besoek aan Spanje en Portugal om te kyk hoe die stank van 'n vismeelfabriek met die nuutste tegnologie oorkom kan word.

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/public-outcry-against-fish-meal-plant-in-mossel-bay-harbour

https://www.petitions.net/say_no_to_a_fish_meal_and_fish_oil_factory_on_quay_1_in_mossel_bay_harbour#form
 — in Hout Bay.

ONafhanklik en ONpartydig? Mosselbaaiers wag nog om te hoor van die uitslag van die openbaredeelnameproses, toe verskyn 'n artikel in die plaaslike koerant oor dié wonderlike nuwe stankbestrydingstegnologie en hoe Mosselbaai die EERSTE in die land gaan wees om dit toe te pas? Met 'n boodskap dat inwoners nou weer moet deelneem aan 'n ander openbaredeelnameproses wat dieselfde omgewingskonsultant nou loods.

Wat van die hordes ander besware? Waar gaan al die VARS vis in Mosselbaai vandaan kom om VISMEEL te maak en waarvoor word vismeel gebruik? Troeteldierkos en as voeding vir akwa-boerdery (seevishokke). Terwyl dit alom bekend is dat tot 90% van die wêreld se natuurlike eetbare visspesies deesdae uitgeroei word om vismeel te maak om gehokte vis te voer?
Is Afro Fishing se beplande vismeel en -olieverwerkingsaanleg eintlik net 'n voorloper tot 'n akwaboerdery-bedryf in Mosselbaai se waters?

Vrae wat gevra moet word is:

1. WAAR is die uitslag van die eerste openbaredeelnameproses wat in Maart verstryk het?
2.Hoe kan 'n omgewingskonsultant wat 'n ONafhanklike studie moet doen, die eienaar van Afro Fishing vergesel op 'n oorsese reis en steeds OBJEKTIEF bly?
3. Hoeveel water word gebruik by so 'n vismeel- en olieverwerkingsaanleg en waar gaan dit vandaan kom? Munisipale drinkwater?
3. Wie gaan keer dat ander eetbare visspesies nie OOK in Mosselbaai se water gevang word om tot 1000 ton VARS vis per dag te prosesseer vir oneetbare vismeel nie?
4. Wat word met die uitskot en afvalwater van so 'n aanleg gedoen? Afro Fishing het op die oomblik 'n permit om sy afvalwater in die see te stort, maar die uitskot van 'n vismeel- en olieverwerkingsaanleg is 'n perd van 'n ander kleur en sal rampspoedige gevolge vir die marienelewe inhou.
5. Die vismeel en olie is glo vir die buitelandse uitvoermark, so al Mosselbaai se vars visspesies word uitgeroei om vismeel te maak sodat die buiteland nóg pille (pellets) van bedenklike voedingswaarde vir troeteldiere kan maak en gehokte vis te voer? Maak dit nie dan meer sin om die vismeel plaaslik te gebruik vir die voer van gehokte vis (akwaboerdery) wat OOK ondersoek word nie? Of is dit eintlik die plan? En mense moet eerder dié gehokte vis eet wat vol groeihormone, antibiotika en chemiese plaagdoders geprop is as die ware jakob? 
6. Kan Mosselbaai se infrastruktuur (paaie en padverkeer) so 'n nywerheid akkommodeer - veral in seisoentye?
7. WIE gaan die reuk/lug/waterbesoedeling (selfs al word die beste eerstewêreldland-tegnologie gebruik) en die ander aspekte van die bedryf monitor en polisieër? Die bestaande departement van landbou, bosbou en seevissery wat akwakultuur-bedrywighede in die land moet beheer/bestuur word juis verbind met al die perlemoensmokkel- en bendesindikate wat die Wes-Kaap lam lê? Blote SPRAKE van 'n akwaboerdery in Mosselbaai se seewaters sal 'n instroming van bendelede en smokkelaars tot gevolg hê soos wat lankal handuit geruk het in Gansbaai/Hawston en elders. 
8. Die werklike impak van so 'n ongetoetste aanleg in die kleinste werkende hawe in die land op toerisme, besighede, die seelewe en inwoners se lewensgehalte sal eers bepaal kan word wanneer dit waarskynlik te laat is. Is Mosselbaai met sy ryk marienelewe en ongerepte natuurskoon wat duisende toeriste lok regtig die regte plek vir so 'n riskante eksperiment?
9. WIE gaan regtig ENIGE baat vind by so 'n vismeel- en akwaboerderybedryf behalwe die eienaars en amptenare van die plaaslike en provinsiale owerhede/politici? Die handjievol werknemers wat in diens geneem word, is 'n druppel aan die emmer vergeleke met die verliese wat sulke nywerhede veroorsaak aan bestaande besighede, toerisme en die hele HART van 'n kusdorp . . . wat nog te sê die marienelewe?
10. Hoe gaan dit omgekeer word as die toestemming reeds gegee en die skade klaar aangerig is? Ervaring het bewys dat dit feitlik onmoontlik is om sulke ondeurdagte besluite oor vernietigende nywerhede te beveg . . . as dit eers daar is, raak jy nooit weer ontslae daarvan nie ondanks uitgerekte en DUUR hofsake?

Gaan Mosselbaaiers stilsit en wag tot dit te laat is? 
For evil to prevail, it only takes good (wo)men to do nothing?

Inwoners sal MOET betrokke raak en hul menings begin lug oor besluite en nywerhede wat hul sakke en lewensgehalte raak en 'n bedreiging is vir die prag-omgewing wat hulle juis gelok het om hier te kom woon.

Om balans te hou, plaas ons soos gebruiklik meer inligting en belangrike besonderhede onder die pragfoto's van 'n pragdorp. Moenie net die prentjies kyk nie - raak betrokke?

Lees die verslag en registreer hier as belanghebbende: 
http://www.cape-eaprac.co.za/…/MOS569%2…/MOS569.01%20BID.pdf

Lees gerus ook hier wat werklik in die internasionale vismeel - en akwakultuurbedryf aangaan:

https://ecohustler.com/…/shocking-waste-hundreds-of-wild-f…/

https://ecohustler.com/…/shocking-waste-hundreds-of-wild-f…/

 

MEER foto's and besonderhede op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2442453212652598?

Related Articles: