Gister se vreemde misweer wat heeldag geduur het, het 'n bekoring van sy eie gehad wat die see vol spookskepe getoor het. Die mistigheid het egter nie strandgangers afgeskrik om piekniek te hou en te swem nie.

april20193

Só het die digte misbank vanaf die Spar-sentrum se parkeerterrein gelyk. Foto: Johan Human.

mis

Spookskepe in die mis  . . . 

april201913

Een van die "spook-seiljagte" wat soos skimme in die mis rondgedobber het van naderby (bo) het 'n anderwêreldse atmosfeer en unieke bekoring geskep.

april201914

Kyk nog foto's hier:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2389104534654133?

PRYSSKOKKE 

Mosselbaaiers het net tot Woensdag tyd om skriftelike beswaar/kommentaar te lewer op die voorgestelde munisipale begroting waarin eiendomsbelasting en vullisverwydering met 'n skokkende 15% verhoog word en elektrisiteitstariewe met 12,9%.

 * Huiseienaars het ook net tyd tot 30 April om te reageer op hul nuwe eiendomswaardasies wat ter insae is by die munisipaliteit. Lees meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/residents-urged-to-bo…

 * Nóg 'n brandstofprysskok tref vuisvoos Suid-Afrikaners Woensdag wanneer die petrolprys met 'n verdere 54c per liter en diesel na verwagting met 1c per liter styg. Die volledige brandstof-prysskedule vir die onderskeie sones word môre amptelik gepubliseer.

VRYHEIDSDAG EIS HOë TOL OP PAAIE

Die naweek se Vryheidsdagvieringe het sy tol geëis op die land se paaie. Onder die sowat 30 mense wat die afgelope naweek op Wes-Kaapse paaie gesterf het, is drie Suid-Kapenaars wat Saterdag op die Kleinplaaspad omgekom het toe hul bakkie teen 'n krans afgestort het.

bakkie ongeluk

Noodreddingspanne moes bykans ses uur lank spook om by die wrak in 'n beboste gebied uit te kom om die liggame van Rizire Slotto (18), Samuel Williams (45) en Jerome Minnies (30) van Groot-Brakrivier en Blanco te bevry.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 15:00 gebeur toe die 45-jarige Williams blykbaar beheer verloor het oor die voertuig en dit sowat 100m teen die krans afgestort het. 

Minstens 30 mense het die naweek in ongelukke op Wes-Kaapse paaie omgekom in nog ’n naweek waarin spoedvrate en dronkryers volop was.Teen Sondagmiddag was reeds 52 motoriste weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

In een geval was ’n bestuurder wat in die omgewing van Caledon vasgetrek is, vyf keer oor die alkohollimiet. 

By Vredendal is ’n bestuurder in hegtenis geneem wat 147 km/h in ’n 80 km/h-sone gejaag het.Teen Sondagaand het inligting van nog ongelukke steeds ingestroom. 

Mosselbaai bly in die nuus - vir goeie EN slegte dinge . . . 

In die jongste WEG-tydskrif is 'n artikel en foto's van Wessel Oosthuizen waarin hy wys en vertel hoe Hartenbos 70 jaar gelede gelyk het.

Hartenbos in WEG

"Daar was baie sandduine rondom die huisies – daar waar daar vandag net huise staan – en ons het lekker gespeel. Ons het natuurlik ook op die strand en in die see baljaar. Vandag speel die kinders strandkrieket, maar daar was oorgenoeg plek om veldkrieket te speel." https://www.netwerk24.com/Weg/Nuus/toeka-se-dae-hartenbos-70-jaar-gelede-20190423?

Hartenbos Toeka Elma Rawlins

'n Leser, Elma Rawlins, het dié ou foto van Hartenbos iewers op die internet gekry en ook gedeel. 

SEEMEEUPARK-SKANDAAL OOK IN NOSEWEEK WYL PENSIOENARISSE WAG

In die jongste NOSEWEEK is 'n in-diepte-artikel deur Susan Puren oor die voortslepende hofgeding oor die Seemeeupark-grondverskuiwing en die betrokke owerhede se klaarblyklike laksheid om enige regsaanspreeklikheid te aanvaar vir dié ramp wat tientalle pensioenarisse letterlik haweloos en op straat gelaat het net voor die Desembervakansie in 2016.

seemeeu colin8

Só het die "nuwe" huise verbrokkel en so onbewoonbaar geraak dat die eienaars dit inderhaas moes ontruim. 

A landslide disaster
Noseweek Issue #235, 1st May 2019 By Susan Puren

Mossel Bay homeowners sue authorities over wrecked homes.

Sixty-two owners of properties in what used to be upmarket residential developments in Mossel Bay will soon be heading to court, claiming R200 million in damages from the Premier of the Western Cape and from the Mossel Bay Municipality. A third respondent is the National Home Builders Registration Council (NHBRC)
In September 2016 the Mossel Bay Municipality told residents of Seemeeupark, Seemeeuvlug and Tuscan Village in Hartenbos that they had seven days to evacuate their properties after huge cracks had started to appear in buildings and roads in the area the previous year.

Seemeeu Colin

'n Klasaksie-skadevergoedingseis van R200 miljoen is deur 62 van dié huiseienaars aanhangig gemaak teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die Mosselbaai Munisipaliteit en die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) maar tot dusver het dié ontredderde pensioenarisse nog nie eens 'n woord van meelewing of simpatie van enige van die betrokke owerhede ontvang nie.

seemeeu24

'n Paar van die huiseienaars wat ná bykans drie jaar steeds vergeefs wag vir terugvoering van owerheidskant. 

Wat die saak vererger, is dat die munisipaliteit die saak betwis en destyds as 'n onvoorsienbare "natuurramp" en "Act of God" bestempel het. 
Dan is Mosselbaai seker die enigste dorp in die hele wêreld waar 'n rampfonds en hulpverlening vir só 'n tragedie nie bestaan of geopper is nie . . . want pleks van bystand en hulpverlening, is die pensioenarisse destyds met dreigemente en uitsettingsbevele gekonfronteer? 

Lees ook meer hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/mosselbaai-munisipaliteit-beveg-eis-van-seemeeupark-huiseienaars

 

 Nog nuus/foto's op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2389104534654133?_

 

Related Articles: