Terwyl landsburgers toenemend keelvol is vir politieke magspeletjies ten koste van die land en sy mense, ruk dinge nou ook vinnig handuit in Mosselbaai . . .  

mosselbaaimooi

Hoewel mosselbayontheline 'n ONafhanklike, nie-politieke nuus- en bemarkingsplatform is, kon ons nie help om ons keer op keer bloedneus te loop teen politieke inmenging en 'n munisipale monopolie en diktatorskap wat blykbaar oor jare heen gebou is op 'n fondament van vrees, intimidasie en geheimsinnigheid nie.

bosses

Inwoners se vrae en klagtes word bloot geïgnoreer en dié wat desondanks aandring op antwoorde, of uit desperaatheid regstappe doen, word publiek aangeval, verdag gemaak of geviktimiseer - tot só 'n mate dat selfs gevestigde besigheidseienaars te bang is om uit te praat uit vrees dat hul besighede ondermyn sal word . . .

  distress

Ook mosselbayonthelinhet al verskeie kere deurgeloop onder venynige persoonlike aanvalle van uitsluitlik DA munisipale bestuurslui en -lede sodra ons durf waag om kritieke vrae te vra of kritiek van lesers te plaas - ons is selfs van die munisipale medialys verwyder nadat ons reguit vrae oor die geheimsinnigheid rondom die beplande metro-vorming begin vra het nadat lesers se vrae bloot geïgnoreer is.

politician

'n Bietjie ondersoekwerk het egter 'n skrikwekkende patroon van intimidasie, politieke aanstellings, geldverkwisting en diktatorskap, asook 'n sluier van ondeursigtigheid in die Mosselbaai Munisipaliteit ontbloot waarteen al jare tevore gewaarsku is. 

 'n Voormalige munisipale bestuurder onder wie se tien jaar leierskap Mosselbaai tot ongekende hoogtes in die Wes-Kaap en nasionaal gevoer is, het reeds vroeg in 2016 gewaarsku teen politieke inmenging en die wyse waarop DA-kandidate gekies en aangewys word sonder inagneming van hul ervaring en bevoegdheid.

"Die DA en mense van Mosselbaai gaan 'n baie duur prys betaal vir dié fout." (Berig onder)

Woorde wat dalk gouer waar geword het as wat die spreker voorsien het, want as 'n mens kyk watter astronomiese vergoedingspakkette senior munisipale amptenare deesdae verdien en die hoeveelheid geld wat aan konsultante en onbevoegde kontrakteurs betaal word ongeag die gehalte van hul diens of evaluering daarvan, is dit 'n skokkende prentjie wat ontvou.    

Die nuwe vergoedingstruktuur vir munisipale bestuurders wat nou selfs meer as die president kan verdien: 

 

Die nuwe vergoedingstruktuur vir top-bestuurslede wat aan die munisipale bestuurder rapporteer


Van wanneer af word 'n munisipaliteit deur politici beheer en bestuur ten koste van die belange van inwoners en die gemeenskap? 

money

Die verhoogde salarispakkette van tot bykans R4 miljoen wat top-munsipale amptenare nou kan verdien, asook 'n "aankondiging uit die bloute" dat die Wes-Kaapse Provinsie "gevra" is om te help om 'n metropool in die Suid-Kaap te vestig, het 'n tsoenami van ou geraamtes uit die kas laat tuimel. Pertinente vrae wat nooit beantwoord is nie, sluit in: 

1. Wat is die kwalifiserende en bepalende vereistes en kriteria vir senior munisipale amptenare en raadslede en hoe word hul dienslewering en prestasies geëvalueer? Het hulle enige toepaslike ervaring van die portefeuljes wat hulle beklee, of is almal deesdae bloot hoogs betaalde politieke aanstellings en onervare marionette in 'n politieke magspel?

councillors

 

2. Hoe het dit gebeur dat 'n verhoorafwagtende finansiële bestuurder in Mosselbaai aangestel is ondanks ernstige bedrogklagte teen hom en hy nie dadelik afgedank is nadat hy skuldig bevind is nie?  Marius Botha, voorheen die finansiële hoof van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit, is op 1 Desember 2014 aangestel as die hoof van finansies van die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit en het destyds die munisipaliteit oor die aanklagte teen hom ingelig.

Marius Botha

’n Bepaling is toe in sy dienskontrak aangebring dat sy dienste beëindig "kan" word as hy aan ’n strafregtelike
oortreding skuldig bevind sou word. Sy dienste is nooit beëindig nadat hy in Mei 2017 skuldig bevind is nie, hoewel opposisiepartye wel geëis het dat hy summier afgedank word.  Hy, sowel as 'n waarnemende finansiële hoof, is blykbaar egter nog tot September betaal terwyl hy al in die tronk was. Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa en ’n lid van die Mosselbaai-stadsraad, het in September 2017 gesê:

"Nie net word ’n salaris betaal aan iemand wat aan korrupsie skuldig bevind is en nou in die gevangenis sit
nie, maar iemand word ook betaal om in sy pos waar te neem. Hoe lank gaan die belastingbetalers se geld nog so verkwis word? Dit is skokkend.”
Volgens Kamfer kon Botha se kontrak beëindig geword het toe hy in Mei skuldig bevind is op die aanklagte teen hom. 
law

*Die "onwettige" aanstelling van Botha het verder geboemerang toe hy teen sy skuldigbevinding appelleer en Mosselbaai Munisipaliteit boonop aankla van onregmatige afdanking omdat die oorspronklike kontrak wat hy met hulle gesluit het, glo nutteloos is en nie voorsiening maak vir sy reg op 'n regverdige verhoor nie. Die Mosselbaai Munisipaliteit (en indirek belatingbetalers) dok steeds op vir arbeidsadvokate in dié voortslepende saak wat reeds honderde duisende rande beloop .

DUUR glips:  Boonop het Mosselbaai se oorwegend DA-beheerde raad nou op hul laaste raadsvergadering vir 2018  'n aanbeveling aanvaar dat die afgedankte Marius Botha homself aan 'n prestasie-evaluering onderwerp om te bepaal of 'n prestasiebonus wel aan hom betaal moet word - dit terwyl die Mosselbaai Munisipaliteit reeds bykans 'n halfmiljoen rand se regskoste tot dusver moes opdok in 'n voortslepende hofgeding wat Botha teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het oor sy afdanking nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog by 'n vorige munisipaliteit.

Hoekom moet belastingbetalers indirek opdok vir dié voortslepende en peperduur nagevolge van die onwettige aanstelling van 'n verhoorafwagtende munisipale bestuurder as sy aanstelling boonop teen munisipale regulasies was?  

Hoeveel beloop só 'n "prestasiebonus" ? 

Marius Botha prestasiebonus

 

DRIE ervare finansiële kenners en steeds word skoon oudit verbeur? Wie betaal? 

Ná Botha se afdanking is eers Louis Fourie van George vir 'n tydjie gekoöpteer as Mosselbaai se waarnemende hoof finansiële beampte, en daarna is Kobus Bruwer (links onder) op 1 November 2017 in dié waarnemende pos aangestel tot en met die aanstelling van die nuwe finansiële hoof, Dawood Asmal (regs), in Mei 2018. 

finansbestuurder

Asmal, 'n geoktrooieerde rekenmeester wat verskeie finansiële poste in die korporatiewe sakewêreld in Johannesburg beklee het, se aanstelling het weer eens die wenkbroue laat lig omdat hy géén vorige ervaring in plaaslike regering of as munisipale hoof van finansies het nie. Bruwer is sedert Asmal se aanstelling as "konsultant" aangestel om Asmal "op te lei" - 'n pos wat hy, benewens sy werk as boekhouer/konsultant in die private sektor, nog tot einde November 2018 beklee.

*Hierbenewens is 'n voormalige hoof finansiële beampte, Kobus van Niekerk, óók in Mei aangestel om die stormloop klagtes oor en probleme met waterverbruikmonitering namens die kontrakteur IKAPA Reticulation and Flow te bestuur. Dit het gevolg op 'n stortvloed klagtes van inwoners oor hemelhoë water- en ligterekeninge nadat IKAPA-meterlesers blykbaar versuim het om die meterlesings te neem en slegs "geskatte lesings" deurgegee het wat glo minder as die werklike verbruik was.  Van Niekerk is juis aangestel om te verseker dat die IKAPA-kontrakteur daagliks gemonitor en bestuur word.  (Dit terwyl IKAPA betaal word en verantwoordelik is vir die bestuur en programmatuur vir die lees van water en elektrisiteitsmeters.) Mosselbaaiers betaal dus al maande lank vir DRIE finansiële kenners PLUS regskoste wat opbou teen 'n voormalige, geskorste finansiële hoof . . . ? Desondanks het die munisipaliteit vir die eerste keer in sewe agtereenvolgende jare 'n skoon oudit verbeur . . . en word belastingbetalers toenemend gewurg deur stygende munisipale tariewe en belastings.  

finansiële hoof

Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee (voor) nooi inwoners met watermeterlesingsprobleme om met Kobus van Niekerk (regs) by die munisipaliteit in verbinding te tree. Kobus Bruwer, die waarnemende hoof finansiële beampte, (links) kyk toe. Foto: Nickey le Roux

 https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/planne-met-water-meterlesings-201804121219

Wolk van omstredenheid

Intussen het die storms rondom die omstrede aanstelling van Mosselbaai se laaste munisipale bestuurder en die ondersoek na ongerymdhede tydens sy vorige pos as hoof-uitvoerende beampte van die Wes-Kaapse Drankowerheid, nog lank nie gaan lê nie.

oudit

Foto: Trotse senior bestuurslede spog vroeg vanjaar met die toekennings vir 'n skoon oudit wat Mosselbaai Munisipaliteit vir die sesde agtereenvolgende jaar gewen het. Dié trotse tradisie het vanjaar skipbreuk gely . . .

Adv. Thys Giliomee se "eensydige" aanstelling op 1 Desember 2016 in die plek van die vorige munisipale bestuurder, dr. Michelle Gratz, het hewige kritiek van opposisiepartye in die raad ontlok omdat hy glo nie die vereiste vyf jaar ervaring as munisipale bestuurder het nie en glo ook nie volgens die "normale prosedures" aangestel is nie. ICOSA-raadslid Dawid Kamfer en raadslede van die ander opposisiepartye het laat blyk dat hulle nie geken is in sy keuring en aanstelling nie en ook nie noodwendig daarmee saamstem nie.  ANC-raadslid Jovan Bruinders het gesê Giliomee is deur die DA herontontplooi en nie deur die volle raad aangestel nie. Weens Giliomee se gebrekkige ervaring as munisipale bestuurder sou 'n mentor glo aangestel word om hom aanvanklik by te staan, maar dit het nooit gerealiseer nie.

Kamfer het selfs sover gegaan om in sy hoedanigheid as provinsiale ICOSA-leier en raadslid 'n amptelike klag teen Giliomee se aanstelling by die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, mnr Des van Rooyen, asook die Openbare Beskermer op George aanhangig te maak.

ICOSA het aangevoer dat Giliomee in 2012 waargeneem het as munisipale bestuurder in Bitou, maar juis nie permanent aangestel is nie weens sy gebrek aan die vereiste vyf jaar ervaring in 'n senior munisipale pos. Van 1 Augustus 2012 tot 31 Oktober 2015 is Giliomee op 'n vastetermynkontrak aangestel as hoofuitvoerende beampte van die Wes-Kaapse Drankraad en kon hy dus geen verdere ervaring in plaaslike regering opgedoen het tot hy skielik in 2016 as Mosselbaai se munisipale bestuurder aangestel is nie, het Kamfer aangevoer. 

 

 https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/177310/New-municipal-manager-for-Mossel-Bay

Drankraadsaak oor R9 miljoen vir meubels sloer steeds - nou na SAPD verwys

Intussen is Giliomee sedert einde 2016 geïmpliseer in 'n uitgerekte forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Eenheid na aanleiding van die uitslag van die 2015/16 ouditverslag deur die Ouditeur-generaal oor die aankoopprosesse wat gevolg is vir die meubilering en uitrus van kantoorspasie van die Wes-Kaapse Drankowerheid ten bedrae van R9 miljoen.

In April 2017 het Dan Plato (foto onder), toe LUR vir Gemeenskapsveiligheid, glo gesê 'n forensiese verslag en evaluasie oor dié "onreëlmatige besteding" is aan die voorsitter van die Onafhanklike Ouditkomitee gestuur en ter tafel gelê voor die staande komitee oor openbare rekeninge (SCOPA) in die provinsiale wetgewer.

SCOPA se voorsitter en ACDP-leier in die wetgewer, Ferlon Christians, het dit egter ontken en gesê hy het nooit die verslag gesien of ontvang nie. "Ek wil antwoorde hê oor hoe R9 miljoen spandeer is op meubels vir kantoorspasie van die Wes-Kaapse Drankowerheid as die Ouditeur-generaal meen dit dui op onreëlmatige besteding."

Ferlon Christians

"Wat ons (SCOPA) gewoonlik doen wanneer ons die Ouditeur-Generaal se verslag of oudit ontvang, is om na die verslag te kyk en al die betrokke partye byeen te kry vir 'n inligtingsessie voordat ons besluit wat om te doen.

"Wanneer ek die verslag ontvang, sal ek die komitee byeenroep en ons sal dit so gou as moontlik op SCOPA se agenda plaas om dit so vinnig as moontlik afgehandel te kry.  Ons werk is om seker te maak dat publieke geld op die regte manier aangewend word en alles deursigtig gedoen word. As daar enige onreëlmatighede is, sal ons dit ondersoek", het hy gesê. 

Volgens mediaberigte het Giliomee destyds gesê hy is gereed om homself te verdedig teen enige bewerings van onreëlmatige besteding terwyl hy hoof van die Wes-Kaapse Drankowerheid was.  Hy het gesê die ondersoek beïnvloed nie sy huidige posisie as munisipale bestuurder nie, omdat dit eers begin is nadat hy weg was. Hy het destyds gesê hy dink hy verstaan wat gebeur het.

"Die aanvanklike verslag was onbeslis en is toe terugverwys vir verdere ondersoek. Ek het nie die verslag gesien nie, maar ek is gereed om daarop te reageer," het hy glo gesê.

Christians het egter eers 'n maand gelede die verslag van Plato ontvang. In mediakringe is bespiegel dat die saak net onder die mat gevee sal word. 

In die jongste verwikkelinge is SCOPA in kennis gestel dat die uitslag van die forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Eenheid oor die "onreëlmatige besteding" in terme van die Beheerraad van die Wes-Kaapse Drankowerheid, vir verdere ondersoek na die Polisie verwys is.  

https://www.iol.co.za/capetimes/news/probe-into-liquor-boards-r9m-office-splurge-10016065

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/nuwe-munisipale-bestuurder-icosa-ontevrede-20170711

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/mosselbaai-se-nuwe-munisipale-bestuurder-het-planne-20161214?fbclid=IwAR2ZrIeb4qrfsDYkBSBinU7cNoB-IfqHJik9vph621G_I9ihgoVOtdNvLsk

Skok oor Gratz se onverwagse bedanking

Die skokaankondiging in Mei 2016 dat Mosselbaai se munisipale bestuurder, dr. Michele Gratz, gaan bedank, het inwoners destyds heeltemal onkant betrap - veral oor die ongekende hoogtepunte en prestasies wat die dorp onder haar bestuur bereik het. Tog was dit in munisipale geledere bekend dat politieke inmenging en voorskriftelikheid 'n groot rol in haar bedanking gespeel het. Die ANC het dit ook reguit ná haar bedanking gesê - naamlik dat sy nie langer kon verduur om (deur die DA) voorgesê te word nie.

Michelle Gratz
Foto: Eerwaarde Jim van der Merwe (links), Emil Scheepers (middel) en Raadslid Petru Terblanche by Dr Michele Gratz tydens haar afskeidsfunksie. https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/165088/Sad-farewell-to-Municipal-Manager

Dr Gratz, 'n gekwalifiseerde mediese dokter, het reeds in Mei 2016 haar voorneme om te bedank bekend gemaak - 'n jaar voordat haar (tweede) termyn amptelik in Mei 2017 sou verstryk. Sy het amptelik uit diens getree op 3 Augustus 2016 om saam te val met die munisipale verkiesing sodat die raad "genoegsame tyd sou hê om die beste en mees geskikte en ervare opvolger te soek."
Gratz het hoë aansien in Wes-Kaapse munisipale kringe geniet en onder haar leiding het die Mosselbaai munisipaliteit verskeie "eerstes" bereik en talle provinsiale en nasionale eerbewyse ontvang - waaronder vier agtereenvolgende skoon oudits, Groen Dorp-toekenning en die feeste soos die Dias-fees wat steeds 'n hoogtepunt op die dorp se toerismekalender is. (Artikels aangeheg)

Ná haar besluit om te bedank het Gratz haar ware gevoelens en redes vir haar voorgenome bedanking in 'n sterk-bewoorde, vertroulike brief aan Piet Pretorius, destyds die DA-kiesafdelingshoof van Mosselbaai, bekend gemaak. Dié brief, wat ook aan die media en raadslede gelek is, het opslae in die DA-beheerde munisipaliteit veroorsaak - veral omdat Gratz haar sterk uitgespreek het oor die aanstelling van politieke pionne pleks van die beste individue vir die pos - 'n sentiment wat deesdae al hoe meer onder inwoners weerklink. 

https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/163636/Shock-over-resignation

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/gratz-leaves-big-shoes-to-fill-20170711

https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/163639/ANC-comments-on-Gratz-resignation

‘DA-lede kan net KFC eet’

‘Party kan in duie stort met nuwe verkiesingskandidate’

Kaapstad. – ’n Vertroulike brief waarin dr. Michelle Gratz, uittredende munisipale bestuurder van die Mosselbaai-munisipaliteit, die DA daarvan beskuldig dat sy raadslede slegs KFC kan eet en vir die kameras poseer, maak opslae in die party.

Dit kan selfs by Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en die DAvoorsitter in die Wes-Kaap, gaan draai.

In die sterk bewoorde brief, wat aan Netwerk24 gelek is, skryf Gratz aan Piet Pretorius, DA-kiesafdelingshoof van Mosselbaai, dat die DA-beheerde munisipaliteit in duie gaan stort met die nuwe kandidate wat vir die komende munisipale verkiesing aangewys is.

Sy het vroeër aangedui dat sy besluit het om te bedank voor sy die brief geskryf het.

Gratz se ontevredenheid kom nadat ’n dienende raadslid, Emile Scheepers, nie weer deur die DA as ’n kandidaat aangewys is nie.

“Hy is ’n man wat uitstekende werk gedoen het. Ek verstaan nie hoekom die DA hom nie weer verkies het nie. Dit wil voorkom of DA-raadslede by ’n tussenverkiesing moet sit en vir die kameras glimlag terwyl hulle KFC eet,” het Gratz in haar brief gesê.

Gratz, wat Maandag haar laaste werksdag op kantoor deurgebring het, het bedenkinge oor die manier waarop die DA-kandidate gekies en aangewys is.

Die DA en die mense van Mosselbaai gaan ’n baie duur prys betaal vir dié fout.

“Die stelsel wat hulle gebruik, is heeltemal hopeloos. Die kriteria wat die DA gebruik is swak, want dit evalueer geensins ’n raadslid se werk nie. Hoe kan ’n kandidaat binne tien minute geëvalueer word? Met groot respek, die Mosselbaai-munisipaliteit voer veel langer onderhoude met werksoekers. Weet die keuringspanele enigiets van Mosselbaai? Duidelik nie,” het Gratz gesê.

Sy het gesê sy het vantevore in ’n munisipale raad met swak raadslede gewerk.

“Die DA en die mense van Mosselbaai gaan ’n baie duur prys betaal vir dié fout. Net soos pres. Jacob Zuma gedink het sy besluit om Nhlanhla Nene te verwyder sal nie die land benadeel nie, so ook dink die DA dat raadslid Scheepers se verwydering Mosselbaai nie negatief gaan raak nie. Die DA moedig mense aan om vir verandering te stem. As hulle ’n verandering wil bring met swak raadslede . . . Ek wil nie deel wees van ’n sinkende skip nie,” het sy geskryf.

Pretorius, ook adjunkspeaker van die Wes-Kaapse wetgewer, het Donderdag by navraag gesê: “Ek gaan nie kommentaar lewer op Gratz se brief nie. Dit is haar mening van die DA. Dit is die einde van die saak; ek kan niks verder daaraan doen nie.”

Jeanette Gouws, ’n ACDPraadslid van Mosselbaai, het gesê sy het die brief gesien. “Dr. Gratz maak haar skuldig aan inmenging by partypolitiek. Dit is nie haar terrein nie. Die saak behoort verder ondersoek te word. Die ACDP oorweeg om ’n klag by Anton Bredell, WesKaapse minister van provinsiale regering, in te dien.”

Marie Ferreira, Mosselbaai se burgemeester, het by navraag gesê sy het die brief gesien. “Ek gaan nie kommentaar daarop lewer nie. Dit is ’n politieke aangeleentheid.”

Jaco Londt, voorsitter van die DA se Oos-streek, het gesê die party het ’n deeglike en deursigtige keuringsproses vir sy kandidate gevolg.

“Ons het die beste moontlike span vir Mosselbaai aangewys. Enige individu is geregtig op ’n eie mening. Ek is vol vertroue dat Mosselbaai as span sal voortbou op die suksesse van die huidige raad.”

 

Burgemeester doen beroep op raadslede om "saam te staan" teen gemeenskap

Mosselbaai Munisipaliteit
Voorbladfoto: Nicky le Roux

in April 2017 - kort ná die aanstelling van adv. Thys Giliomee as nuwe munisipale bestuurder in dr. Michelle Gratz se plek, het burgemeester Harry Levendal 'n dringende beroep op alle raadslede gedoen om 'n "verenigde front" te handhaaf en saam te staan wanneer hulle met die publiek te doen het.

Met 'n DA-beheerde raad, kom dit eintlik daarop neer dat die opposisiepartye se menings, besware en standpunte ondergeskik is aan die DA-meerderheidsbesluit en dus eintlik net "lastige onderbrekings" in voorskriftelke raadsvergaderings is.

Harry Levendal

"Councillors, when engaging with communities and people, must always support the resolutions, approved policies and plans of the municipality. We need to be seen as one unit leading our people to a better life for them and their children. We must never fight political battles at the cost of the people we serve. The wellbeing of our people must always be the priority, not that of the political party we represent in council.

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/mayor-calls-for-a-united-front-20170711

Toerisme se vyf top-direksielede loop uit protes teen  voorskriftelike geboelie

In 'n ongehoorde eerste vir Mosselbaai het al vyf direksielede uit die private sektor van Mosselbaai Toerisme vroeër vandeesmaand eenparig hul nominasies onttrek oor die onhoudbare en volgehoue spanning en onenigheid wat bestuursvergaderings sedert die begin van die jaar versuur - blykbaar weens toenemende burokratiese inmenging en outokrasie van munisipale kant.

Dié skoknuus het hewige publieke reaksie ontlok en talle vrae laat ontstaan. Terwyl niemand gekant is teen die aanstelling van nuwe, jong en innoverende kandidate nie, was almal geskok en hartseer oor die manier wat dit moes plaasvind - veral omdat die uittredende direksielede saam dekades lange ervaring het. 

Werner Kock, voorsitter van die raad van direkteure, het die aankondiging gedoen op Mosselbaai Toerisme se laaste Algemene Jaarvergadering vir 2018. Kock het gesê dat hy en sy vier mede-direkteure - insluitende die onder-voorsitter - hulself nie weer beskikbaar stel nie, en nie langer kans sien om onder die huidige onsmaaklike omstandighede in die raad te dien nie. 

Hy het gesê dit is vir hulle 'n baie hartseer dag om hul nominasies te onttrek nadat hulle gesamentlik etlike dekades lank ten nouste betrokke was by Mosselbaai se toerisme en almal juis 'n groot passie daarvoor het. 

Benewens Kock, finansiële bestuurder van die ATKV se Hartenbos-tak wat Mosselbaai Toerisme as direkteur van Hotelle, Rusoorde en Wildplase verteenwoordig het, is die ander direksielede wat uit solidariteit onttrek het, ook die onder-voorsitter, Marika Thomatos (Besighede), Jeanetta Marais (Selfsorg-eenhede); Gerhard van Rooyen (Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite) en René Malan (Gastehuise & B&B-huisvesting). 

toerisme4

Foto: Gesoute toerisme-vasvatters sit voet neer teen voorskriftelike burokrasie wat doelstellings ondermyn. Van links is René Malan, Werner Kock, Gerhard van Rooyen, Marika Thomatos en Jeanetta Marais ná Donderdag se historiese AJV waartydens hulle eenparig hul nominasies onttrek het. 

Kock, Thomatos en Marais is tydens die vergadering vervang deur onderskeidelik Michelle Oosthuizen van die Diaz Hotel, Kim Naude van Co-Mind en Tertius Coetzer van Diaz Porto Hotel. Van Rooyen en Malan se portefeuljes moet nog gevul word. Intussen is munisipale raadslid Mark Furness as die nuwe voorsitter aangestel - nog 'n stap wat die wenkbroue laat lig en as 'n "ongesonde situasie" beskryf is omdat dit verdere bewys is van die munisipaliteit se "kaping" van toerisme in die dorp. 

toerisme3

Die drie nuwe direksielede van Mosselbaai Toerisme by die res van die bestuur. Van links is munisipale raadslid Venolea Fortuin, Aneli Gerber, bedryfshoof, Kim Naude (Besighede & Besigheidskamer), raadslid Mark Furness (nuwe voorsitter), Tertius Coetzer (Selfsorg-eenhede), munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, Michelle Oosthuizen (Hotelle, Rusoorde & Wildsplase) en Charlie Hendrics (gemeenskapsverteenwoordiger). Die eenparige bedanking van al vyf direkteure uit die private sektor, insluitende die voorsitter en ondervoorsitter van die raad, weens beweerde voorskriftelike burokratiese magspeletjies van munisipale kant af het 'n demper op die gebeure geplaas.

Lees die volledige berig hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/168-mosselbaai-toerisme-vyf-direkteure-loop-oor-burokrasie 

Kyk ook ons vorige Facebook-plasing oor verwante sake:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2284663001764954?_

 

 

 

Related Articles: