Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm Skorpios Security Property Pointer Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Oyster World Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die Suid-Kaap is die afgelope week geteister deur verskeie brande wat plek-plek handuit geruk en vinnig versprei het. Versengende hitte en wind wat verskeie vuurlyne laat ontstaan het, het grootskaalse reddingspogings op grondvlak en met lugbystand bemoeilik en veroorsaak dat die Robinson-pas tydelik gesluit moes word.

fire tippie 2

‘n Brand wat Woensdag op ‘n plaas in Riversdal ontstaan het nadat die grondeienaar blykbaar wederregtelik ‘n beheerde brand uitgevoer het, het oor die Langeberge gespring en drie huise langs die Herbertsdale-grondpad in puin gelê.

malins1 3

Dié brande in droë, warm somermaande is nie ‘n ongewone verskynsel nie en spontane ontbranding kan gebeur wanneer ‘n stukkie glas of droë stokkies vlamvat . . . maar is dit regtig wat hier en in die meeste ander gevalle gebeur het?

Hoe dikwels is sg. “beheerde brande” wat in die warm somermaande handuit ruk wanneer die wind skielik opkom of draai, die oorsaak van verwoestende veldbrande in die Wes- en Suid-Kaap?

Dit laat die vraag ontstaan of plaaseienaars (of enigeen) hoegenaamd “beheerde brande” op hul eiendom mág uitvoer sonder toestemming. ‘n Interessante mening is op sosiale media uitgespreek dat géén beheerde brande hoegenaamd in somermaande uitgevoer mág word nie en in wintermaande slegs met amptelike toestemming van munisipale owerhede en die brandvoorkomingseenheid. ‘n Grondeienaar op wie se plaas ‘n brand ontstaan weens ‘n “beheerde brand” is blykbaar ook siviel aanspreeklik vir alle brandbestrydingskoste, asook alle skade op naburige plase en eiendom wat deur die brand veroorsaak is. Dit alleen kan miljoene rande beloop. As dit die geval is, is dit vreemd dat enigeen hoegenaamd die kans sal waag om enigiets op sy erf/plaas te verbrand wat tot ‘n veldbrand kan lei. Die kool is nie die sous werd nie?

Die skrywer het voorgestel dat grondeienaars eerder bemesting maak van die bosse/plantegroei wat hulle wou afbrand of dit fynmaak (mulch) om erosiegate op te vul.

“In the Boland (and I presume also the Western Cape) you are not allowed to burn anything except during times permitted in Winter. Then it is with the permission of Fire prevention division.

“When a fire originates on your property you are responsible for ALL the fire prevention costs and owners of adjacent properties with damage caused by the fire may put in civil claims. I also used to burn until I realised it is better to make compost of the material or to mulch or fill erosion ditches. Can we not follow the same principle in our environment?

“Our neighbours will be safeguarded from polluted smoke. There won’t be a risk that you would have to pay claims. I am prepared to remove material for people who do not have a bakkie gratis.” Jack Louw.

malins5 4

Benewens die skade aan eiendom, rig elke veldbrand onnoembare skade aan die natuur aan wanneer derduisende seldsame velddiertjies en insekte doodbrand. Boonop is die dermiljoene liter drinkwater wat vermors word om voorkombare brande te blus, ‘n skreiende onreg in ‘n streek wat deur die ergste droogte in ‘n eeu geteister word.

Miskien is dit tyd dat oortreders wat weens onkunde of nalatigheid brande veroorsaak, swaarder gestraf word om dié euwel meer doeltreffend te begin bekamp?

malins4 5

Die huis van Clarence en Ria Thornley wat uitgebrand het op die plaas Rietvlei op die Herbertsdale en VanWyksdorp-afdraai, ongeveer 30 km vanaf Vanwyksdorp en 47 km buite Riversdal. Niemand is gelukkig in die brand beseer nie.

brandhuis 6
Die brand in die Langeberge woed steeds voort en verskeie reddingspanne is ontplooi om dit onder beheer te probeer bring.

Só het die brandsituasie die afgelope week verloop: (Sien ook meer foto’s/berigte op ons FB-blad)

Mosselbayontheline added 19 new photos.

January 12 at 1:47am · Cape Town ·

Jongste nuus oor brande: Die brand by die Robinson-pas woed steeds voort en die vlamme het nou van die eenkant na die anderkant van die pas gespring, het Tippie Bouwer van Eden-rampdienste pas laat weet.

‘n Helikopter is nou op die toneel om die vlamme vanuit die lug te probeer blus. Brandbestryders is tans besig om die infrastruktuur aan die noordelike berghange te probeer beskerm teen die verwoestende vlamme.

Intussen is daar steeds verskeie aktiewe brande wat gedurig opvlam in die Ruiterbos-omgewing.

By Paardekoppie is een helikopter, twee vastevlerkvliegtuie met waterbomme en een waarnemingsvliegtuig tans ontplooi, het sy gesê. (Kyk foto’s onder).

Die twee wegholbrande in die omgewing van Ruiterbos/Haelkraal en in die berge van Albertinia het gisteraand nog voortgewoed en die vlamme en rook was duidelik sigbaar in die naglug.

Die Robinson-pas moes vanoggend onbepaald vir verkeer gesluit word weens die digte rook wat motoriste se sig belemmer.

Spanne brandbestryders en rampbestuurpersoneel van die Eden Distriksmunisipaliteit en verskeie organisasies spook sedert Dinsdag onverpoos om die brande op grondvlak en uit die lug te beheer wat deur sterk wind aangedryf en versprei is. Hulle kon tot dusver daarin slaag om dit van huise en geboue weg te keer.

Die suidelike flank van die Haelkraal-brand was gistermiddag onder beheer, terwyl dit noord- en ooswaarts in die rigting van die berge en die Robinson-pas gebrand het.

Op Albertinia, waar digbegroeide en onherbergsame klowe in die berge die brandbestryders se werk aansienlik bemoeilik, spook spanne brandbestryders steeds om die verspreide brande onder beheer te bring.

Intussen is ‘n beroep op die publiek gedoen om die uitgeputte brandweerlui wat in uiters moeilike omstandighede werk, te ondersteun met voedsame eet- en drinkgoed in hanteerbare houers. Kospakkies met toebroodjies of ander verversings en drinkgoed soos blikkieskoeldrank/sap/water kan by die Mosselbaaise brandweerstasie afgegee word vanwaar dit na die onderskeie spanne geneem sal word.

Die digte rook van die Haelkraal-brand het ook gister vir ‘n sonderlinge sonsondergang by die Punt in Mosselbaai gesorg.

Die Burger het gister soos volg berig:

Brande in die Eden-distrik in die Suid-Kaap het brandbestryders Donderdag in die snikhete hitte laat bontstaan.

“Volgens inligting van die Eden-distriksmunisipaliteit was brandbestryders Donderdag nog op die toneel van ’n brand in Haelkraal, Ruiterbos, naby Mosselbaai en nog een wat van Albertinia in die rigting van die Karoo
versprei het.

Die brand in Haelkraal is nog aktief en sekere dele van Geelhoutvlei se plantasies is ook deur die brand geraak.

’n Beheerpunt sou op die been gebring word om bedrywighede te koördineer en inligting oor die brand aan die Eden-distriksmunisipaliteit te gee.

Brandspanne van Mosselbaai, Werk met Vuur (WoF), CapeNature, die Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA), die Eden-distriksmunisipaliteit, sowel as grondeienaars het deur die nag gewerk om die brande in bedwang te bring.

Donderdag se hoë temperature is as ’n uitdaging vir die brandbestryders bestempel. Hittegolftoestande is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir onder meer die westelike gedeelte van die Eden-distrik voorspel.

In Albertinia was daar Woensdagaand omstreeks 23:00 tussen vyf en sewe aktiewe vuurlyne, volgens die Eden-distriksmunisipaliteit. Die brand het oor die berg beweeg in die rigting van Van Wyksdorp na die Karoo-gebied. Tien mense van Eden se brand-en-reddingsdienste het die laaste 72 uur op die brandtoneel gewerk.

Freddie Thaver, Eden se brandweerhoof, sou Donderdag oor die brandgeteisterde gebiede vlieg om hom te vergewis van potensiële hoërisikogebiede en om leiding aan die grondspanne te gee.

Die presiese omvang van die brandskade is nog nie bekend nie, maar die Mosselbaaise munisipaliteit het Woensdag gesê bykans 400 ha plantasie is reeds in die brand by Ruiterbos vernietig.

Donderdag is twee waarnemingsvliegtuie, twee helikopters, twee vastevlerkvliegtuie met waterbomme en meer as 40 WoF-brandbestryders met eerste lig in Ruiterbos ontplooi. Temperature van by die 34 °C is vir die gebied voorspel en teen die middag word ’n noordwestelike wind verwag. Vir die naweek word temperature van onder 30 °C vir die gebied voorspel.

In George het die brandweer ook Donderdag ’n brand in die woonbuurt Blanco onder beheer gebring.”

fire 7

fire 8

Related Articles:

Comments  

0 #1 buy tylenol 3 online 2020-07-07 19:19
buy tylenol 3 online: https://tylenol1st.com/
Quote