Reflexions Professional Hair Property Pointer Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Oyster World Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Ontstelde Mosselbaaiers wat die afgelope paar maande hemelhoë munisipale rekeninge ontvang het, word aangemoedig om die munisipale kantore te besoek sodat moontlike regstellings en/of reëlings vir afbetaling so gou moontlik gefinaliseer kan word.

distress


Dit kom nadat meterlesings sedert November/Desember 2017 op geskatte verbruik bereken is wat blykbaar baie laer as die werklike verbruik was.
"Dis menslik dat niemand sal kla as hulle water- en elektrisiteitsrekening onrealisties laag is nie, maar noudat die verskil tussen die ware verbruik en die (laer) geskatte verbruik reggestel moet word, is almal natuurlikerwys geskok en ontsteld.

distress2

"Ons kan almal egter verseker dat niemand geldelik ingedoen sal word deur meer te betaal as wat hul werklike verbruik was en wat bewys kan word nie. Moontlike foute sal reggestel word en geen rente vir agterstallige betaling sal gehef word wanneer reëlings vir afbetaling getref word nie. Ons wil die probleme so vinnig en doeltreffend moontlik oplos in almal se belang", het mnr Colin Puren, bestuurder van strategiese dienste, gesê.


PERSVERKLARING: MUNISIPALE REKENINGE

Logo Mossel Bay Municipality

 


Die Mosselbaai Munisipale Raad het tydens die Raadsvergadering op 31 Mei 2018 ‘n dringende mosie aanvaar om finansiële bystand te bied aan belastingbetalers wat onlangs bogemiddeld hoë munisipale rekeninge vir water- en elektrisiteitverbruik ontvang het.

Die hoë heffings is gebaseer op die werklike watermeterlesings wat onlangs geneem was, wat nou die laer skattings van meterlesings die afgelope paar maande regstel. Die herberekenings vero
orsaak dat verbruikers nou ‘n rekening ontvang vir ware water- en elektrisiteitsverbruik wat terugwerkend is tot November/Desember 2017.

Mosselbaai Munisipaliteit wil die gemeenskap gerusstel dat die Raad en administrasie daadwerklike pogings aanwend om die kwessie so gou moontlik aan te spreek en regstellings te maak, indien en waar nodig. Diegene wat navrae het oor die akkuraatheid van hul rekeninge en lesings, asook om reëlings te tref vir afbetalings, word versoek om die munisipale kantore te Marshstraat 101, Mosselbaai te besoek vir moontlike aanpassings, regstellings en/of om reëlings vir afbetaling te tref. 

Mosselbaai Munisipaliteit werk nou aan ‘n volhoubare plan om die probleme wat die afgelope paar maande met lesings ondervind word, uit te stryk. Nadat die watermeterlesingskontrakteur, IKAPA, sedert April op terme geplaas is weens swak prestasie, is baie van die probleme reeds aangespreek en word die kontrakteur se werkwyse nou deurlopend gemonitor om hoë gehalte diens en akkuraatheid te verseker. 

Om die finansiële las te help verlig, het die Munisipale Raad op 31 Mei 2018 die volgende goedgekeur:
• Dat spesiale reëlings vir afbetaling getref mag word op rekeninge en dat dit afbetaal mag word oor dieselfde tydperk wat skattings gedoen was;
• Geen regsaksie geneem sal word as die verbruiker reëlings getref het vir afbetaling nie;
• Daar geen ekstra heffings sal wees op agterstallige skuld met voorafbetaalde kragaankope vir die tydperk soos ooreengekom nie; en 
• Geen rente gehef sal word op die betrokke rekeninge oor ‘n tydperk soos ooreengekom nie.
Mosselbaai Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.
Vir meer inligting, kontak die Mosselbaai Munisipaliteit se kantore by 044 606 5000 of stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Related Articles: