Property Pointer Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Skorpios Security Top Up Service Station Beach House Restaurant Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News

Dis AMPER vakansie en hoewel die weer nog baie wisselvallig is, demp dit nie die feestelike gees wat reeds oral kop uitsteek nie. Op Hartenbos is alles feitlik gerat vir die rekord-getal besoekers wat na verwagting binnekort op dié gewilde vakansiebestemming gaan toesak.

Intussen geniet inwoners en vroeë besoekers solank die “stilte voor die storm” en benut elke sonskyndag in dié stukkie paradys ten volle!

Lees heel onder meer oor die vordering van die ATKV-seefrontwikkeling.

harties 2

harties4 3

harties3 4

harties8 5

harties11 6

harties19 7

harties21 8

harties24 9

harties36 10

harties44 11

harties46 12

harties49 13

harties54 14

Hartenbos maak reg vir vakansiegangers

Deur Eugene Gunning 14 November 2017

Wanneer duisende vakansiegangers oor minder as ’n maand by die ATKV se Hartenbosseefrontontwikkeling opdaag, behoort die grootste deel van die tweede fase klaar te wees.

Maar wees gewaarsku: As jy die sentrum besoek, gaan jy opdok vir parkeerplek. Die tariewe sal later bekend gemaak word.

Die eerste fase van die sentrum is op 7 Desember verlede jaar amptelik geopen en sedertdien het duisende mense die sentrum besoek.

Dit het gevolg op die bou van nuwe geriewe en die opknapping van die bestaande geriewe. Die totale koste van die projek is sowat R165 miljoen en dit word in verskillende fases afgehandel.

In die eerste fase is ’n mini-avontuurgholfbaan, ’n waterwurm en ’n waterglybaan opgerig.

Daar is ook ’n verhitte swembad, klimrame vir kinders en piekniekplekke.

Adrie van Dyk, sentrumbestuurder, het Dinsdag gesê die eerste fase is afgehandel. “Daar was ’n paar uitdagings en dit is oorbrug.”

Volgens Van Dyk het die sukses van die sentrum tot dusver hul verwagtinge oortref. So, byvoorbeeld, is die meerderheid winkels beset.

Die tweede fase is in die stadium 80% voltooi en alles is op koers.

In die tweede fase is nog kleinhandelgeriewe en eetplekke ingerig. Daar word nog op die goedkeuring van ’n apteek in Clicks gewag.

Nuwe konferensiegeriewe, wat sowat 200 mense kan huisves, sal van 1 Desember beskikbaar wees. Die bestaande konferensiegeriewe is opgeknap.

Die Na-Donker-sentrum, ’n kuierplek, sal gedurende die vakansietyd tydelik in die Walvissaal gehuisves word.

Die nuwe Na-Donker-sentrum sal eers in Februarie gereed wees.

Die Skoffelskuur sal wel gereed wees. Dit is gerig op jong mense van 18 jaar en jonger.

Hulle kan daar dans en laserpartytjies geniet.

Die bestaande Arena waar musiekuitvoerings en uitstallings gehou word, is opgeknap en sal op 1 Desember gereed wees.

Planne om ’n skaatsbaan te bou is deel van ’n volgende fase.

Van Dyk sê op die oomblik betaal besoekers nie vir parkeerplek nie. “Ongelukkig sal hulle van 1 Desember tot 7 Januarie moet betaal vir parkeerplek. Die doel is om seker te maak dat die bestaande huurders se klante wel parkeerplek het. Anders gebeur dit dat mense die heeldag daar parkeer en strand toe gaan.”

Daar sal wel uitsonderings wees vir mense wat by Pick n Pay koop, die gimnasium besoek en die motorwasgeriewe benut. Hulle sal ’n gedeelte van hul parkering gratis ontvang.

Die sentrum open om 09:00 en sluit om 19:00.

Meer besoekers word vanjaar as verlede jaar verwag. “Die sentrum is nou meer gevestig as verlede jaar,” sê Van Dyk.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/hartenbos-maak-reg-vir-vakansiegangers-20171114

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 eotivajotiv 2020-12-25 01:10
[censored] 500 Mg: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] jfk.dnts.mosselbayontheline.co.za.qxr.qe http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote