Skorpios Security Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Oyster World Property Pointer Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Top Up Service Station Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

 'n Kaapse bokspromotor en drie Mosselbaaise boksafrigters het 'n droom om Mosselbaai te vestig as die dorp waar wêreldkampioene soos Muhammad Ali gemáák word.

Op Saterdag 13 Oktober vind die eerste professionele titelgeveg in 'n reeks in Mosselbaai plaas as die afskop tot dié droom. Die Mossel Bay BOXING EXPLOSION vorm deel van die sewende Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees wat van 15 September tot 14 Oktober aangebied word - juis om 'n gesonde leefstyl te bevorder . . . 



Pleks van geld in te samel, versoek promotor David Faas dat sakelui en besigheidseienaars kaartjies koop vir hul werknemers sodat dié hul plaaslike helde in die bokskryt kan kom ondersteun - en dalk ook sommer die eerste keer 'n professionele boksgeveg kan bywoon. 

Die titelgeveg, bestaande uit agt gevegte, vind op Saterdag 13 Oktober vanaf 18:00 in die skoolsaal van Imekhaya Laerskool in KwaNonqaba plaas. 'n Bokskryt is spesiaal danksy LOTTO-geld vir dié geleentheid bekom en sal ook dan amptelik ingewy word.

Die twee Mosselbaaise boksers wat die eerste keer in 'n professionele boksgeveg teen teenstanders van die Oos-Kaap gaan meeding, is Bulelani Ngondeka en Mbulelo Gubula. Bulelani sal in die veergewig-afdeling oor vier rondtes kragte meet teen Simphiwe Tsewu van Uitenhage, terwyl Mbulelo in die vlieggewig-afdeling oor vier rondtes teen Xolani Menze, ook van Uitenhage, te staan kom.

boks14

Foto: Bulelani Ngondeka (links) en Mbulelo Gubula is reg om Mosselbaai se naam hoog te hou op die BOKSONTPLOFFING wat op 13 Oktober plaasvind. Agter is hul afrigters Simpiwe Qatu, Mncedisi Nqekeza en Xolani Ngemntu, voormalige WBF middelgewig wêreldkampioen met die gordel wat hy verwerf het. Agter links is die spanbestuurder en mede-afrigter Phillip Goodger, eienaar van Tiger Kai-gimnasium en David Faas, promotor.

Faas het hoë verwagtinge van die twee Mosselbaaiers en glo dié boksgeleentheid sal die gaping in die plaaslike boksarena help oorbrug wat deur die dood van bokspromotor Terrence Majeke Ndanda gelaat is.  

boks18


boksprogram

Besighede wat die herlewing van dié sport in Mosselbaai en die Suid-Kaap wil ondersteun, kan nou reeds kaartjies vir hul werknemers teen R150 elk koop. Kaartjies is ook beskikbaar by die Mosselbaai CRAFT ART SHOP (langs die Toerismeburo) en by TIGER KAI GIMNASIUM  (in die Prince Vintcent-gebou) en ander winkels. Belangstellendes kan ook kaartjies bespreek by Karin of Roland by die Craft Art Shop @ 079 384 5299 of 082 408 2593 met bewys van internet-betaling aangesien hulle net kontant aanvaar. 

Die Bankbesonderhede is:

David Faas t/a Boxing Explosion

FNB Tjekrekeningnommer : 62781409323

Takkode: 250 655

Tak: Mosselbaai


boks17

Hoekom NOU? Hoekom MOSSELBAAI?

Toe David Faas in die jare sestig as arm laerskool-kannetjie saam met sy maatjies rugby gespeel het op 'n oop stuk veld naby sy huis in 'n townshp in Port-Elizabeth, het hy niks geweet van boks nie. Toe 'n wildvreemde man die seuns een middag roep en na sy gimnasium neem, het 'n nuwe wêreld vir hom oopgegaan . . . 

 Die man was Saint Mrwetyana, 'n boksafrigter en promotor met sy eie gimnasium in die Kwazakhele township. Wat hy in daardie jare vir David en sy maats geleer het, het bly vassteek en het deel van David se lewensfilosofie geword. Vandag, op 62, ploeg hy steeds terug wat hy daardie jare by Saint Mrwetyana geleer het.

Die nederige man wat verlede week al die pad van Khayelitsha in die Kaap Mosselbaai toe geryloop het om in goeder trou "planne agtermekaar te kry" vir 'n groot bokstoernooi wat hy op 13 Oktober in Mosselbaai aanbied, is rustig en kalm waar hy op 'n ysige oggend in die Stars Restaurant in Mosselbaai sit en koffie drink. Sy selfoon byderhand, maak hy oproepe en reël fotosessies. Geen teken van spanning of klagtes oor die koue wat hy te voet trotseer nie. 

boks11

"Ons moet R150 000 insamel vir die toernooi. Danksy 'n LOTTO-skenking het ons 'n bokskryt gekry wat in die skoolsaal van Imekaya Laerskool opgestel gaan word. Twee plaaslike boksers wat albei onlangs professionele status verwerf het, asook twee jong boksers van Port Elizabeth en Oos-Londen en ander boksers gaan in agt gevegte (bouts) meeding. Die wêreldbekende bokspromoter Stanley Christodoulou gaan as skeidsregter optree."

Né? Sommer net so? 

As jy nie van beter geweet het nie, sou jy dink dié eenvoudige man met sy wolmussie ly aan 'n oormaat illusies van optimisme. Maar al bestuur hy nie self 'n voertuig nie en sukkel hy met sy selfoon-funksies, het hy al groter skares gelok en groter internasionale bokstoernooie hier aangebied as enige van sy eweknieë in die land.

Met nederigheid. Omdat sy hart op die regte plek sit.

"Ek wil nie geld en aansien hê nie. Wat moet ek met 'n peperduur motor en aardse bestittings doen? Môre is ek dood . . . Ek wil die jongmense 'n droom gee, soos ek gehad het. Ek wil hulle deur 'n sport soos boks dissipline leer en van die strate af kry - weg van misdaad en dwelms. Sodat hulle 'n toekoms het . . . en 'n droom."

 En sy droom? Wat was sy droom?

"Muhammed Ali was natuurlik my held en natuurlik het ek gedroom daarvan om ook 'n wêreldkampioen te word . . . maar dit was die jare tagtig en sulke dinge was nie moontlik vir 'n swart boksertjie nie", sê hy sonder 'n sweem verwyt of heimweë. Feite en aanvaarding is waarmee hy werk. En drome. 

"Vandag kán kinders sulke drome koester en verwesenlik. En ek wil hulle help . . . dis al." 


boksie1boksie5

Foto's: Jong boksertjies van Mosselbaai met hope talent wat al in nasionale boksgevegte meegeding het. 


Hoe het sy eie lewe verloop?

"In daardie jare het kinders nog respek gehad vir volwassenes. Toe die man (Saint Mrwetyana) ons roep: 'Hey, julle Ruggerites, kom hier, ek wil julle iets wys', het ons hom eerbiedig gevolg. Hy het ons net daar leer boks en dissipline geleer. Ek het aanhou boks en geleer om 'n bokspromotor te word . . . "

Dit was nie aldag maklik nie. As die oudste van sewe kinders moes David in 'n stadium sy hoërskoolloopbaan tydelik onderbreek om te gaan werk om vir sy ses sibbe en ouers te help sorg. Hy het egter vasgebyt, deurgedruk en aan sy droom bly klou.

Sy vrou, Nomasoni (Lorraine) is 'n kraamverpleegster in Khayelitsha en hul 6-jarige "wonderkind" Sibabalwe hou hom jonk. David het ook 'n 30-jarige seun Xolani Mazomba uit 'n vorige verhouding. Ná vele miskrame het die egpaar vrede gemaak daarmee dat hulle nie saam kinders sou hê nie, toe klein Sibabalwe haar opwagting maak. Nou is dié laatlam-oogappel van hom sy grootste ondersteuner . . . 

David glo Mosselbaai - en die groter Suid-Kaap - het hope onontginde talent en die werkloosheidsyfer maak jongmense mismoedig en dryf hulle tot drank en dwelms.

boksie3

Foto: Jong boksertjies tydens die SA bokskampioenskappe in Gauteng in 2014. Vier Mosselbaaiers was in die span wat die Wes-Kaap verteenwoordig het.  

"Boks leer kinders dissipline, respek, gesonde leefwyses en gee hulle 'n goeie selfbeeld en selfrespek. Dit hou hulle fiks en leer hulle ook selfverdedigingstegnieke en gee hulle selfvertroue. Boonop is daar groot geleenthede vir uitblinkers in die nasionale en internasiuonale arena om die hoogste sport te bereik - ook as afrigter en promotor.

"Ek wil die jeug hoop en 'n droom gee soos ek gehad het. Hulle geniet dit om te boks en boonop hou dit hulle van die strate en slegte gewoontes af weg.

"Ek glo dié Boksontploffing is net die begin om Mosselbaai en die Suid-Kaap te vestig as dié streek waar kampioen-boksers gemáák word . . . en met 'n bietjjie hulp van die gemeenskap en sakelui, kan ons dit doen!"

Ons glo hom . . . want hy het dit al bewys. En Mosselbaai kán! 

*  Besighede wat belangstel om die boksers met borgskappe te ondersteun, kan ook vir David Faas (064 057 1459) of Phillip Goodger (083 575 7571) bel. 

Related articles: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/sport/151-boxing-can-give-kids-a-dream-and-a-healthy-outlook
 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 Brandi 2021-10-16 07:47
Write more, thats all I have to say. Literally, it seems as
though you relied on the video to make your point.
You obviously know what youre talking about, why throw away your intelligence on just posting videos to your
site when you could be giving us something enlightening to
read?

my blog post: เว็บหวย: https://docs.google.com/document/d/17H2pGyihOPT3K8uaNqitY2dQP1K_0SrD/view
Quote