Ons begin heel-bo waar die water ook uit die naasliggende koppie in die straat inspoel
En soos die liters meer word vererger die skade
. . . en die water spoel ook hierso in die straat in
. . . en die pad het nie meer gelyk oppervlakte na die sagte water daaroor is nie . . . .
Die vangput vang en dreineer nie al die water nie en die pad se plaveistene spoel saam . . . ek sien ook 'n geel obstruksie in die water se pad
Die pad word 'n stormwaterkanaal van plaveistene
Die enkelsteen-tuinmure sonder dreineringsopeninge gee mee . . . weet hulle nie van SANS 10400 nie ?
… en dit alles dra by tot die “domino-effek” om die getygolf te vergroot
. . . ek dink die branderplankryers het die geleentheid van groot pret-en-aksie gemis . . . wens ek het dit op film gehad
Die tuinmuur het darem nie geswig nie, sien die opdrifsels . . . ook met geen stormwater-openinge nie (verwys na SANS10400)
Só lyk 'n pad se loopvlak as 'n waterkanaal wat met plaveistene gebou is
Al die "stormende plaveistene" word voorgekeer by die sekuriteitshek
Die huise het die onderspit gedelf . . .
En as daar vir so 'n stormwaterkanaal …
. . . net een pyp voorsien word …
En ons almal lewe nog lekker in kamma-land waar dit soos in Camelot elke middag net 3 mm reën. Hulle het mos 50 jaar gelede vir ons bog op skool geleer soos van die 50, 100 en 200 jaar vloedlyne . . . en ook is die SANS 10400 standaarde ook seker nie van toepassing nie.
Ek wonder waar is al die mense met mag, insig en kennis wat betaal word om die gemeenskap se belange op die hart te dra ?
Ek wonder wie was die mense wat die beplanning en ontwerp gedoen en goedgekeur het en . . .en . .?
Het hulle enige waarde toegevoeg ?
Hier is die standaard vir kennisname:
Ek wonder ook nou maar of die plaaslike owerheid bewus is van hulle verantwoordelikheid . . . en aanspreeklikheid
Ek sê maar net . . .
Kyk op dié video hoe die water soos 'n rivier in die pad afgestroom het.
'n Beangste inwoner, Linda Els, het die woedende watermassas vanaf haar huis in Guinea Fowlstraat in Monte Christo geneem.
Lees/kyk hier alles oor die reënskade: