Reflexions Professional Hair Property Pointer Beach House Restaurant Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Oyster World Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die toestand van die Hartenbosrivier wek al geruime tyd groot kommer oor die toenemende besoedeling en gesondheidsgevaar wat dit vir strandgangers en liefhebbers van watersportaktiwiteite inhou. Inwoners langs die rivieroewer vrees ook 'n hernieude uitbreking van 'n muggie- en muskietplaag wat in 2016 groot probleme veroorsaak het.

Die versengende droogte wat die Wes- en Suid-Kaap geteister het, het ook daartoe bygedra dat die rivier se afvloei see toe erg belemmer is. Chemiese middels van besproeingstowwe op plase wat in die water beland, riool van inwoners hoër op langs die rivier, asook die afvoerwater van die rioolsuiweringswerke en PetroSA se opgaardam wat daarin gepomp word, is alles faktore wat bydra tot die groeiende probleem. 

Grootskaalse pogings deur die Hartenbos-rivierforum in samewerking met die Mosselbaai Munisipaliteit om die probleem hok te slaan, het tot dusver nie veel vrugte afgewerp nie en volgens 'n inwoner, sal dit 'n "tsoenami" kos om die rivier weer "skoon" te kry en die normale vloei te verseker.

Onderstaande foto's van die rivier is vroeër vandeesmaand geneem en toon duidelik die ertjiegroen-kleur en besoedeling.

'n Dringende versoek om die riviermond oop te stoot tydens die volmaan-springgety op 23 November is egter summier geweier deur die departemente van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning - sonder dat enige redes vir die weiering verstrek is.

 

hartenbos rivier1

 

Hartenbos rivier NOU

 

Kommer oor toestand van Hartenbosrivier

Kommer heers oor die gesondheid van water in die Hartenbosrivier in Hartenbos, ’n gewilde Suid-Kaapse vakansiebestemming, naby Mosselbaai.

 Derduisende mense sak gewoonlik in Desember op dié kusdorp toe. Op 19 November het die uitslag van toetse op rivierwater wat die Hartenbos-rivierforum by ’n onafhanklike laboratorium in George laat toets het, onder meer gewys die sulfaat-, ammoniak- en E.coli-vlakke is hoër as die aanvaarbaar en dui op moontlike rioolbesoedeling. Die water is volgens die laboratorium ook nie vir ontspanningsgebruik geskik nie.

Phillip Vermaak, voorsitter van die Hartenbos-rivierforum, sê ’n versoek wat met die ondersteuning van die Mosselbaaise munisipaliteit gerig is om die riviermond op 23 November oop te stoot, is deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning afgekeur. Die situasie is ook aangemeld by die Garden Routedistriksmunisipaliteit, wat onder meer gemoeid is met die monitering van watergehalte in die distrik.

Volgens Vermaak is daar te veel vars water in die rivier, wat ’n soutwaterstelsel is. “By die riviermonding kom soutwater die stelsel binne, maar nie hoër op in die rivier nie.”

Hy sê hulle wil ’n situasie voorkom soos in 2016 toe daar onder meer ’n groot probleem met muggies en muskiete was. Die Hartenbos-rivierforum meen voorts die riviermond moet dringend oopgestoot word voordat groter skade aan die omgewing aangerig word. Die forum het ook gevra dat die departement sy redes vir die weiering skriftelik verskaf, maar wag nog op terugvoering. Die Garden Route-distriksmunisipaliteit is om kommentaar genader, maar het nog nie gereageer nie. 

(Die Burger)

Monitoring measures
Given the concerns raised by the Hartenbos River Forum about water quality in both the river and sea, the Mossel Bay Municipality will initiate several measures to ensure that water quality in the river and at the Blue Flag beach is adequately monitored:

  • Weekly analyses of sea water samples from the Blue Flag beach were to commence on 26 November. These samples will be tested for e-coli, pH and faecel streptococci.
  • Weekly analyses of river water samples by an accredited laboratory were to commence on 26 November. These will be tested for e-coli, pH, faecel streptococci and ammonia
  • Daily dissolved oxygen; salinity; temperature; and pH sampling in the river will also commence upon completion of the supply chain management process. The closing date for tenders is Friday, 30 November. The tests should therefore begin within the next week or two.



https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/concern-about-hartenbos-river-water-quality-201811260325?fbclid=IwAR35ucmxcDSw0BRwENCVnfCoAjZuMWASJhbQ7Y4V51OBQXaqLLVX-o3RQL4

 

Wayne Cockerill van Bloemfontein het onlangs in Hartenbos gekampeer en het dié foto van die sonsondergang met sy hommeltuig geneem.

Related Articles:

Comments  

0 #1 buy ed pills 2020-07-09 00:01
buy ed pills: http://www.cialij.com/
Quote