Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Property Pointer Oyster World Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

 

Royal Wedding 2018: Harry and Meghan release official photos

group photograph of Prince Harry and Meghan surrounded by bridesmaids and pageboysImage copyrightTHE DUKE AND DUCHESS OF SUSSEX / ALEXI LUBOMIRSKI
Image captionThe bride had 10 bridesmaids and pageboys including Princess Charlotte and Prince George
Presentational white space

The Duke and Duchess of Sussex have released three official photographs taken on their wedding day.

The pictures, taken by Alexi Lubomirski, include a group photograph with bridesmaids and close family, including their parents and the Queen.

The couple would like to thank everyone who took part in the celebrations on Saturday, Kensington Palace said.

"Their Royal Highnesses are delighted with these official portraits," a statement added.

Harry and Meghan on the stepsImage copyrightTHE DUKE AND DUCHESS OF SUSSEX / ALEXI LUBOMIRSKI
Presentational white space

Mr Lubomirski, who also took the couple's official engagement pictures, said it had been an "incredible honour" to document the Duke and Duchess of Sussex's "inspiring journey of love".

"This has been a beautiful chapter in my career and life, that I will happily never forget," he said.

Thousands of well-wishers gathered in Windsor as Prince Harry wed Meghan in St George's Chapel on Saturday afternoon.

More than 110,000 people filled the town's streets with about 67,000 train trips made in and out of Windsor's two stations on Saturday, according to the council.

Meanwhile, an average of 11 million viewers watched on BBC or ITV at any one time.

group photograph of Prince Harry and Meghan surrounded by familyImage copyrightTHE DUKE AND DUCHESS OF SUSSEX / ALEXI LUBOMIRSKI
Image captionMeghan's mother Doria Ragland was the only member of her family to attend the wedding

Mr Lubomirski is normally found shooting for fashion magazines like Vogue and Harpers Bazaar and can count celebrities including Beyoncé, Julia Roberts, Nicole Kidman and Scarlett Johansson among his subjects.

According to his website, in 2014 he published a book called 'Princely advice for a happy life', written for his sons, about behaving like a 21st Century prince.

Giada Lubomirski (C) and Alexi LubomirskImage copyrightGETTY IMAGES
Image captionAlexi Lubomirski (right) and his wife Giada were among the guests at the ceremony on Saturday

Meghan's pure white, boat neck gown was designed by British designer Clare Waight Keller, the first female artistic director of French fashion house Givenchy.

A five metre-long white silk veil - which covered her face as she entered the chapel - included embroidered floral detail representing all 53 countries of the Commonwealth.

This was kept in place by Queen Mary's diamond encrusted bandeau tiara, loaned to her by the Queen.

As a member of the royal family, Meghan now has an official profile on the Royal Family website, which details her work for a number of charitable causes.

"I am proud to be a woman and a feminist," the Duchess of Sussex, said on the site.

All pictures subject to copyright

                                                  http://www.bbc.com/news/uk-44201476

 

Related Articles:

Goeie mense moet nou saamstaan teen die uitwissing van die natuurlewe, sê
omgewingsbewaarders oor die leeuslagtings in die Vrystaat wat skokgolwe oor die wêreld heen gestuur het.

Marietjie Gericke het met van die mense hieroor gepraat.

Related Articles:

Bykans 100 000 SA’ers deur Facebook-skandaal geraak
Dit het onlangs aan die lig gekom dat byna 100 000 Suid-Afrikaners deur die onlangse Facebook- datalekkasie geraak is en nie minder as 60 000  soos aanvanklik geraam was nie.
Related Articles:

Shell het belangstelling verloor in sy omstrede Karoo-projek vir hidrobreking op sowat 90 000 km².

Related Articles:

 Die gemeenskap van Mosselbaai is tot in sy fondamente geruk. Net twee dae nadat ’n jong man in Augustus vanjaar sy lewe geneem het deur homself te hang, het ’n 11-jarige meisie oorkant die pad waar hy gewoon het, haarself op dieselfde wyse om die lewe gebring. Die 11-jarige is in die stort dood aangetref, vertel Lenise Hendricks (63) sag terwyl sy vanuit haar huis in Uitbreiding 22 in Mosselbaai oor die see tuur.


Sy was die jongste slagoffer en die 27ste selfmoordgeval sedert die begin van Januarie vanjaar in hoofsaaklik die bruin gemeenskap van hierdie gewilde Wes-Kaapse kusdorp en omgewing. Meer as die helfte was jonger as 25.

“WAT gaan aan? Here, ons breek ALLE bande van satansmag op ons kinders & ouers se lewe . . .” verwoord ’n boodskap op die Facebookblad “Anti-Suicide Mosselbay” die vuisvoos gemeenskap se gevoel. Dié blad is einde verlede jaar gestig toe Unika Palmer (38), ’n ma met drie mislukte selfmoordpogings agter haar, besluit het om mense gestroop van hoop deur middel van haar verhaal te probeer bemoedig.


Kuier ontmoet die vriendelike, effe skugter Unika in ’n plaaslike restaurant.

Unika Palmer


“Ek het baie seergekry in die lewe,” begin sy. Die emosie wil-wil haar oorval wanneer sy vertel dat sy steeds nie openlik oor traumatiese gebeure uit haar kinderjare kan praat nie omdat iemand wat sy aanvanklik met die inligting vertrou het, dit uitgelap het. Sy besef nou haar eerste twee selfmoordpogings was eintlik noodkrete. Met die derde een, voor haar egskeiding, was sy egter vasbeslote om haar lewe te beëindig. Unika was lank verslaaf aan slaappille en het dit later “soos Smarties” gedrink. Dit was of haar brein nie kon afsluit nie, terwyl sy ook nie oor die onverwerkte trauma uit haar kinderjare kon praat nie. “Op ’n dag het ek net besluit genoeg is genoeg, niemand verstaan my nie.”

Die Maandagoggend het sy haar vier kinders winkel toe gestuur en ’n oordosis pille gedrink. “Die gevoel op daardie oomblik kan mens nie werklik beskryf nie. Dis net séér. Jy wil met niemand en niks meer kontak maak nie. Jy wil net ontslae raak van die seer,” sê sy. Gelukkig het ’n kollega toevallig daar aangekom terwyl sy op die bed gelê het met skuim wat reeds uit haar mond kom. “Ek dink dit was die Here se bestiering.” Wanneer sy vandag oor haar lewe terugkyk, voel sy dit was selfsugtig om selfmoord te oorweeg. “Die mense wat agterbly, lewe met vrae wat nie beantwoord kan word nie. Ek het net aan my eie pyn en seer gedink. Dis nie die moeite werd nie.”

"27 mense het sedert Januarie vanjaar selfmoord op Mosselbaai gepleeg, van wie  meer as die helfte jonger as 25 is."

Praat daaroor

Sy praat openlik met haar kinders daaroor. Onlangs – toe haar oudste seun ’n taak oor selfmoord moes doen – het sy hom aangemoedig om die CD in die klas te speel van haar praatjie op ’n plaaslike radiostasie oor die pad wat sy tot hier geloop het. Hy het volpunte gekry. Het sy voor haar selfmoordpogings na ander mense uitgereik? “Ja. Na kollegas. Ek dink hulle het my gehoor, maar nie regtig geluister na wat ek sê nie. Dis hoekom gebed so belangrik is.”

Unika hoop veral matrieks sal uit haar foute leer. Sy het haar pa vroeg verloor, in matriek swanger geraak en met ’n ouer man getrou, waarskynlik in haar soeke na ’n vaderfiguur. “Ek wil nie hê jongmense moet sukkel soos ek gesukkel het nie. Hulle moet besef daar is meer as om ná matriek by die huis te sit. Dis so hartseer dat ons kinders met goeie uitslae in die strate dwaal. Wanneer daar dan nie geld tuis is nie, dink hulle selfmoord is ’n oplossing.”

Lenise stem saam. “Ons gemeenskap het verval. Van buite word dit as ’n idilliese vakansiedorp gesien, maar dit het ’n mekka vir dwelms geword en baie mense leef in haglike sosio-ekonomiese toestande. Baie van ons kinders het nie ’n visie nie. As jy matriek geslaag het, is jy kwaai.”

Foto: Lenise Hendricks is een van die stigters van die groep Mossel Bay Anti-Suicide Association wat mense in nood help. Unika het al self voorheen drie keer probeer selfmoord pleeg.

Lenise Hendrickse 

Lenise was 21 jaar lank ’n onderwyser aan die plaaslike hoërskool Sao Bras, haar alma mater. Sy is later as vakadviseur vir lewensoriëntering na die streekkantoor verplaas, waarna sy tot assesseringskoördineerder in die onderwysdepartement se George-kantoor bevorder is.
“Maar lewensoriëntering bly maar deel van jou wese,” sê die vrou by wie se huis daar steeds ’n toeloop is van jongmense wat sy mentor. Met haar grootste passie, dié van talentsoeker, het sy nuwe wêrelde vir plaaslike kinders laat oopgaan en groot sukses op platforms soos die nasionale Idols-kompetisie en Supersterre behaal.

Haar eerste nabye kontak met selfmoord was in 2003 toe haar een sanger ’n oordosis pille gedrink het omdat sy matriek gedruip het. Al het sy oorleef, het dit Lenise verskriklik ontstel. “As dit so na aan jou kom, verloor jy effens beheer,” sê sy reguit. “Ons het ook ’n mes onder haar kopkussing gekry en ek het besef ons kan nie speel met die goed wat kinders deurgaan nie.”

Daarna het verskeie matrikulante in die distrik hul eie lewe geneem. “Een plaaslike outjie het homself in ’n plantasie in sy matriekafskeidsklere opgehang,” sê Lenise sag. “Hy was so pragtig.” Meer onlangs het ’n matriekleerder weens vermoedelike verhoudingsprobleme selfmoord gepleeg. “Oor sulke stupid goed!” voeg Lenise amper driftig by, asof sy die daad daardeur ongedaan wil probeer maak.

Dan: “Die sielkundiges sê mens moenie ’n groot ding maak van veral selfmoord by ’n skool nie. Veral kinders wat nie tuis genoeg aandag kry nie, sien die ophef en die aandag wat dit trek en kan dit dalk navolg.”

In 2013 het Lenise weer die trauma van ’n nabye selfmoord beleef toe iemand na aan haar homself opgehang het, iets waaroor sy nie wil uitbrei nie. Die 11-jarige meisie se dood in Augustus was egter vir haar die keerpunt. Sy het besef die antwoord lê waarskynlik in dringende gemeenskapsintervensie op grondvlak. ’n Gemeenskapsvergadering is belê met departementele verteenwoordigers van onderwys, polisie, welsyn, kindersorg asook kerkleiers wat die bekommerdes te woord gestaan het. Saam met Unika het Lenise nou ’n ondersteuningsgroep gestig as hoofdoel om as vrywillige “oor” in elk van die verskillende uitbreidings in hul gemeenskap te dien. Die gedagte is dat ’n vrywilliger 24/7 as skakel optree tussen mense wat nie langer kans sien vir die lewe nie en kundiges wat hulle professioneel kan help. Gesprekke word tans gevoer met ’n geregistreerde groep wat hierdie vrywilligers vaardighede wil aanleer om as skakelpersone in hierdie situasies toe te sien dat die betrokkenes daadwerklik met professionele kundiges in verbinding tree.

Sedert die stigting in September van hierdie organisasie - voorlopig bekend as die Mosselbay AntiSuicide Association -  was daar nie weer ’n selfmoord nie. Nie net plaaslike predikante nie, maar ook begrafnisondernemers kan getuig van die trauma wat met sterftes van hierdie aard gepaardgaan.

“Die familie kom met seer en verwarde emosies hier aan,” sê Chantel Moos (46), ’n werknemer van Mosselbaai Begrafnisdienste. “Jy vra die Here vir absolute leiding om die regte woorde op die regte tydstip te sê.” Vir haar gaan dit nie daaroor om net so gou moontlik die papierwerk afgehandel te kry nie, maar eerder om mense so gemaklik te laat voel dat hulle wil oopmaak en gesels oor wat gebeur het.

“Wanneer die familie nie weet wat die presiese oorsaak is nie, is daar gewoonlik selfverwyt in die sin van hoekom hulle nie meer oplettend was nie of hoekom hulle nie meer gedoen het nie. Daar is baie trane en baie stiltes.”

Probeer help


Sy bly ’n rukkie stil, vervolg dan: “Hierdie is ’n ministry op sy eie. Die Here moet jou die krag, die wysheid, die insig en die kennis gee. Dis soms baie moeilik en uitputtend. Maar dis die moeite werd as die familie hier weggaan en voel ’n geliefde is in goeie hande.”

Vader Pietie Rhodes, ’n bekende gemeenskapsleier en predikant in die Anglikaanse kerk in Uitbreiding 13, het al heelwat selfmoord-roudienste in Mosselbaai behartig. Een gemene deler, sê hy, is dat geen naasbestaandes ooit hierop voorbereid is nie. Hoe bied hy vertroosting, veral te midde van emosies soos selfverwyt, bitterheid of woede? “Al wat ons kan sê, is dat hulle in die Here moet vertrou; dat die Here ’n doel met alles het. En dat hulle hieruit moet leer om hulle saak met die Here reg te maak.”

Hy waarsku teen neerhalende aanmerkings en ouers wat ’n “vloek” oor kinders uitspreek deur aan te voer dat hulle nêrens in die lewe gaan kom nie of nie so goed soos ’n ander een is nie. “Dit steek vas in die kind se kop. Hy kan dalk dink niemand gee om nie en dis beter dat hy nie leef nie.”

Daar is by hom geen twyfel dat die selfmoord-epidemie dui op ’n gebrek aan ’n ondersteuningsbasis binne die gemeen- skap nie. Daarom gooi hy sy gewig in agter die nuwe inisiatief, solank dit op die héle gemeenskap fokus.


“Selfmoord vra tog nie wat jou naam is nie. Hy kan enigeen tref. Ons wil mense aanmoedig om positief te wees en hulle laat besef die lewe is kosbaar en dat daar mense is wat omgee, ongeag hulle probleme. Dit gaan nie net daaroor om selfmoorde te voorkom nie, maar om ons mense te help om hulself te help.”


Een van Lenise se doelstellings met die nuwe groep is juis om jongmense positief te beïnvloed en verder as net matriek te laat kyk. Toe sy onlangs by die toptien-leerders van Sao Bras wou weet wie verder gaan studeer, was daar tot haar verbasing ’n seun met ’n wiskundepunt van 93% wat nog by geen tersiêre instansie aansoek gedoen het nie. Sy het hom summier na haar huis geneem en gehelp. Al vier universiteite waar hy aansoek gedoen het, het hom aanvaar en beurse aangebied.
“Daardie kind was so in sy noppies,” glimlag sy.

Foto: Pastoor Niel Williams van die Mosselbaai Herlewingsentrum

Pastoor Niel WilliamsF


Met soveel selfmoorde in een gemeenskap, het baie inwoners uiteraard al die pyn beleef van geliefdes wat só gesterf het. ’n Predikant wat by die nuwe groep betrokke is, het ook hierdie pad gestap toe sy broer met sy sewende selfmoordpoging geslaag het.

“Ek dink nie mense besef met watter seer mense sit nadat ’n familielid selfmoord gepleeg het nie,” sê pastoor Niel Williams van die Mosselbaai Herlewingsentrum. Wat hom ook erg gevang het, was dat mense sy broer se verkeerde keuses onmiddellik gereflekteer het na hóm, wat in die bediening staan. “Die veroordeling van ander mense is bitter.”

Sy broer was 39 toe hy hom as verhoorafwagtende in die gevangenis gehang het nadat hy sy vervreemde vrou en ma van sy jongste kind met ’n mes gesteek het. Hy was in aanhouding omdat hy borgtog geweier is. Sy broer het gesukkel met depressie en het ook gedobbel, om enkele probleme te noem. Hoewel hulle as familie teen sy dade gekant was, het hulle hom gedurende die moeilike tyd ondersteun. Daar was baie vrae, soos hoekom die gevangenis hulle nie oor sy dood drieuur die nag ingelig het nie, maar hulle dit by ander mense moes hoor. Ook hoekom Niel nie gebel is nie – soos hy versoek het – toe sy broer in so ’n donker put was dat hy die dood as die enigste uitweg gesien het. In sy kleresak is lemmetjies en ’n tou gekry.

“As ek vandag terugkyk, het ons baie selfverwyt en skuldgevoelens omdat ons nie méér na hom uitgereik het nie,” sê Niel. Hy hoop ook dat sy verhaal mense in soortgelyke situasies kan help. Volgens hom het sy broer vroeg reeds sielkundige probleme ondervind. Sy leefstyl en keuses het hom deurlopend in moeilike posisies geplaas. Hy glo een fout wat hulle gemaak het wanneer sy broer wel gepraat het, was om kant te kies teen hom ten einde nie konflik aan te vuur nie.

“Ons was geneig om nie in te vra nie en het nie ’n platform geskep waar ons hom net gemaklik laat voel het nie. Ek voel vandag ek sou tot hom kon deurgedring het as ek vooraf net toegerus was en geweet het hoe om hom te ondersteun.”

Die speelveld verander geweldig wanneer dit jou broer of suster is wat selfmoord pleeg, sê hy. “Dit het my geleer om eers na mense te luister voor ek die Bybel in hul kele wil afdruk en sê God maak alles reg.”

Dis asof daar ’n gees van aansteeklikheid is, sê hy oor die uitermate baie plaaslike selfmoorde. Hy glo sosio-ekonomiese redes speel ’n groot rol. “Ek kry seer as ek in werktyd soveel mans by die huis sien, soveel mense wat werkloos is. Mense word van hul menswaardigheid ontneem. Die statistieke oor die toename in kos wat gesteel word, is amazing.”

Seer mense het nie meer die moed om vir hulself op te staan nie, vervolg hy. “En hulle val ongelukkig deur die krake van die lewe as daar nie die nodige ondersteuning is nie. Daarom is vroeë ingryping op ’n laer vlak nodig. Mense moet kan uitreik na gevestigde organisasies, ongeag die tyd van die nag. Ons wil altyd die massas red. Maar eintlik is dit belangrik dat ons mense een vir een deurhaal en wys daar is lewe anderkant ’n individu se probleem.”


Die gevoel op daardie oomblik kan mens nie werklik beskryf nie. Jy wil met niemand en niks meer kontak maak nie. Jy wil net ontslae raak van die seer. Unika Palmer 5


Steek mekaar aan

Volgens Roger Jacobs, voormalige skoolsielkundige vir die Eden- en Karoo-streek en tans hoof van ondersteuningsdienste vir leerders met leerhindernisse, het hulle al patrone opgemerk waar een selfmoord tot ander pogings lei en baie keer ook presies op dieselfde manier.

“In die vroeë 2000’s het ’n pragtige graad 12-leerder van Plettenbergbaai selfmoord gepleeg, wat daartoe gelei het dat verskeie ander leerders, veral meisies van daardie omgewing, haar dit probeer nadoen het. ’n Paar jaar gelede het drie leerders van ’n bekende hoërskool in George ook kort na mekaar selfmoord gepleeg.”

Dit is veral problematies as die selfmoord van ’n leerder opgehemel word deurdat die skool spesiale seremonies het en die media in detail daaroor berig, voeg hy by. “Baie leerders fantaseer oor hul eie dood en sien selfmoord as ’n daadwerklike uitkoms. Ons vra skole om ’n lae profiel te handhaaf rondom die selfdood van leerders.”

Wat kan mens doen om te help?

“Luister, luister, luister,” benadruk Roger. “Neem elke noodkreet ernstig op en lig die naasbestaandes in van jou vermoedens. Moedig die persoon aan om ’n professionele berader te gaan sien of voorsien hulle van noodnommers wat hulle kan skakel. Moet ook nie veroordelend wees nie. Baie keer is dit nodig om fisies by die persoon te wees, die afspraak met die professionele persoon te maak en saam met hom of haar te gaan. Laat die persoon verstaan hy of sy is spesiaal, hy of sy behoort en jy gee om. En onthou, sommige leerders het medikasie nodig vir die behandeling van hul depressie.”

Wat is die gevaartekens?

" ’n Verandering in die kind se gedragspatrone. Daar kan meer woede-uitbarstings en soms aggressie wees, asook konflik met ander, depressie en gevoelens van magteloosheid. Kinders kan minder eet, slaapprobleme ondervind, eensaam voel, negatief wees (veral teenoor hulself), stil raak, swakker skolasties presteer, en belangstelling verloor in hul vriende en ander aktiwiteite wat hulle normaalweg geniet.”

Daar kan ook tekens wees wat op selfmoord kan dui, soos kinders wat mense rondom hulle groet, aandui dat dit hul laaste paar dae is of selfs vrae vra oor die dood. “Sommige beplan hul selfmoord en besoek webtuistes oor hoe om selfmoord te pleeg. Soms is veral tieners oormatig sensitief, verveeld en gespanne. Dit is ’n noodkreet vir hulp om hul innerlike pyn te deel.”

Intussen is Mosselbaai biddend dat die vlaag van selfmoorde gaan stop . . .

Selfmoord vra tog nie wat jou naam is nie. Hy kan enigeen tref.
https://www.netwerk24.com/Kuier/mosselbaai-dorp-van-smart-20171110?IsAutoPublishArticle=true

Related Articles: