Oyster World Reflexions Professional Hair Skorpios Security Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Mosselbaaiers woon in die Eden-distrik – tereg so genoem omdat dit ‘n stukkie paradys is.

Maar is die dorp besig om sy HART te verloor? Is die “feeding frenzie” oor die feesdae en die uitbuiting van besoekers en toeriste nie vinnig besig om die bekroonde Dorp van die Jaar tot blote “vakansiedorpstatus” te verlaag ten koste van sy EIE mense en besighede wat juis die lewensaar van die dorp is nie?

Nog erger: Is baie van die ergste kritici van pres. Jacob Zuma se korrupte regering en staatskapings nie maar (op kleiner skaal) skuldig aan soortgelyke vorms van uitbuiting, belastingontduiking en onetiese/immorele sakepraktyke nie JUIS omdat die Zuma-regering se bestaande wetgewing so gebrekkig en vol skuiwergate is?

wit plakkers5 2

Wat gaan regtig aan in Mosselbaai-omgewing se eiendoms- en toerismemark? Besoekers en buitelandse toeriste kla toenemend dat hulle skandelik uitgebuit word. Baie toeriste wat jare lank graag in die Suid-Kaap kom kuier het, soek nou goedkoper bestemmings elders in die wêreld. Tientalle plaaslike gesinne (hardwerkende ouers met skoolgaande kinders) moet elke Desembermaand noodgedwonge hul “aarde besittinkies” oppak en ‘n maand lank by familie of vriende gaan “plak” sodat die eienaar/eiendomsagente vinnig ‘n vet slag kan slaan deur die plek teen tien keer die gewone prys te verhuur . . .

wit plakkers7 3

Gevestigde, geregistreerde gastehuiseienaars wat aan streng vereistes en standaarde moet voldoen en hoë oorhoofse koste het, moet skielik meeding met ongereguleerde “pop-up” verblyfplekke en die gewilde Air B&B’s, asook mense wat hul woonhuise as vakansieverblyf verhuur teen enige prys en sonder dat hulle aan enige spesifieke vereistes/standaarde of selfs veiligheidsmaatreëls hoef te voldoen en dus ook geen oorhoofste uitgawes het nie. Dis ‘n uiters “onbillike” situasie en die feit dat SA se gebrekkige wetgewing dit tans “toelaat”, maak dit nie minder oneties en immoreel nie.

       “Dis ‘n geval van “anything goes” en skep terwyl dit pap reën.”

Op die oomblik is dit ‘n uiters komplekse situasie wat NET deur ‘n gemeenskap se HART en kollektiewe sin vir reg en regverdigheid verander kan word TOTDAT bestaande gebrekkige toerisme-wetgewing aangepas en afgedwing word.

rent 4

Wat die vraag laat ontstaan: Het ‘n opgevoede, beginselvaste mens dan regtig wette nodig om te weet wat is eties, moreel en regverdig? ‘n Ongebreidelde kapitalistiese stelsel waar vraag en aanbod en wins AL is wat tel, reduseer die mens tot ‘n blote “produk” en hou noodlottige gevolge vir die mensdom en alle samelewings in.

Van die grootste probleme in die huidige situasie is:

Residensiële eiendom kan as “toerisme/vakansiehuisvesting” teen ENIGE prys verhuur word sonder dat dit aan enige minimum-standaarde, vereistes of selfs veiligheidsmaatreëls hoef te voldoen. Toeriste en besoekers bespreek en betaal hul blyplek vooruit aanlyn deur middel van gewilde webwerwe soos Lekkeslaap, Booking.com, ens. en hoop maar die blyplek is wel so mooi en gerieflik soos op die webwerffoto’s. Swak, vuil geriewe en buitensporige pryse kan die hele toerismebedryf enorme skade berokken – om nie eens te praat van die wetlike implikasies indien ‘n toeris/besoeker beseer word weens ‘n veiligheidsrisiko soos verrotte traprelings/trappe, ens. nie.

Die Carte Blanche wat huiseienaars en agente tans het om feitlik enige eiendom teen enige prys te verhuur sonder dat hulle dit as ‘n “kommersiële besigheid of toerismehuisvesting” hoef te registreer of reguleer, ondermyn AL die gevestigde en geregistreerde gastehuise en akkommodasie-instellings wat jare lank al van dié inkomste afhanklik is en aan streng vereistes moet voldoen – en daarvoor moet opdok!

Die gebrek aan beheermaatreëls en wetgewing wat onderskeid tref tussen lang- en korttermyn residensiële verhurings en kommersiële toerisme/vakansiehuisvesting laat plaaslike inwoners wat nie ‘n huis kan bekostig nie, maar wel bydra tot die dorp se ekonomie en lewensaar, letterlik haweloos en sonder ‘n been om op te staan. Enige eiendom mag dus in een jaar onder al drie kategorieë verhuur word sonder enige spesifieke vereistes – solank daar ‘n kontrak vir elke “tipe huurder” bestaan. Watter langtermyn-huurder kan bekostig om elke ses of twaalf maande ander blyplek te soek? Die groot behoefte aan langtermyn-huurplekke waar huurders NIE elke Desember of Paasvakansie hoef pad te gee nie, raak so skaars dat huurders nie eintlik ‘n keuse het as om sulke kontrakte te teken en te “hoop” hulle kry voor die verstrykdatum meer permanente blyplek nie . . . wat selde of ooit gebeur.

Die kunsmatige prysmark wat só geskep word en die relatief lae salarisse in die omgewing, maak dit vir die gewone gesin feitlik onbekostigbaar om te oorleef. Deur die dorp as ‘n blote “vakansiebestemming” te bemark pleks van een van die vinnigs-groeiende dorpe in die land met ‘n stewige infra-struktuur, skep ‘n erge wanbalans. Dis tog die langtermyn-inwoners wat alle plaaslike besighede deur die jaar ondersteun en staande hou en munisipale tariewe betaal.

wit plakkers 5

wit plakkers1 6wit plakkers1 6

Deur die inwoners wat die dorp se lewensaar is te verarm, gaan kleinsake-ondernemings in die sakekern ook vou. Dit laat die deur oop vir immigrante-sakelui en buitelanders van twyfelagtige herkoms/sakebelange om toenemend in te stroom en die hele karakter van die dorp te verander. Is DIT wat Mosselbaai wil hê?

chinese shop 8chinese shop 8

Maar dis PRESIES wat aan die gebeur is wanneer winsbejagte sakelui en huiseienaars op die soustrein spring en die korrupte Zuma-wetgewing gebruik/misbruik om vinnig self ‘n ekstra pond te verdien. Die deler is net so skuldig soos die steler. Die feit dat dié praktyke in Mosselbaai se eiendoms- en toerismebedryf nie tans “ON”wettig in SA is nie, maak dit nie minder oneties en immoreel nie. Of het Zuma se voorbeeld nou die norm geword?

Wat sê die SA wet hieroor?

Letting your property

What you need to know:

if you let a property in South Africa, you’re required by law to pay tax on your rental income in South Africa and not in the country where the income is received.

property 9 10

You should have third party insurance (costing at least R1,250/€129 per year) covering accidents and injuries to guests (or anyone) using your property. If you’re planning to buy a community property, you must check whether there are any rules that prohibit or restrict short-term letting. You may also be required to notify your insurance company.

Bed & Breakfast

The number of bed and breakfast (B&B) establishments in South Africa has rocketed over the last decade. In the mid-’90s, there were barely 300, but now there are well over 10,000. Some people, foreigners included, imagine that running a B&B is easy and probably even fun. But be warned: it involves long hours, hard work, and patience and grace under pressure, often for modest rewards.

Before you can turn your South African home into a B&B, your plans must be agreed by the Town Planning Department of your local council. If they approve them, you must register the business and secure a trading licence from the Licensing Department. You must also register with the regional Services Board and the tax authorities, as a business sole proprietor, close corporation (cc) or private company (pty).

If you’re still tempted to run a B&B in South Africa, further information and advice can be obtained from the following: the Bed and Breakfast Association of South Africa (BABASA), PO Box 2005, Groenkloof, 0027 (Tel. 012-480 2041, www.babasa.co.za) and the Guest House Association of Southern Africa (GHASA), 27 Tennant Road, Kenilworth, Cape Town, 7800 (Tel. 021-762 0880, www.ghasa.co.za).

Short-Term Letting

Most people who do holiday letting have a simple agreement form that includes a property description, the names of the clients, and the dates of arrival and departure. However, if you do regular letting, you may wish to check with a lawyer that your agreement is legal and contains all the necessary safeguards. If you plan to let to non-English speaking clients (South Africa is attracting visitors from all over the world), you must have a letting agreement in other languages. If you use an agent, he will provide a standard contract.

Long-Term Letting

Owners who will be away from South Africa for much of the year or for long periods might consider a long-term let while they’re absent. Unless your property is rent-controlled (and very few in South Africa are) you can set any rent you decide. It must be realistic, of course, or nobody will rent the property. The best way to gauge the current rental level is to investigate rents being charged for other properties in the area; pose as a potential tenant if necessary or enquire at local estate agents.

If you are away from South Africa for long periods, you might decide to let your property through an estate agent who, as well as finding a tenant, will mange the property while you are absent. If you use an agent, you will have to pay him commission. There is no fixed rental commission in South Africa, but expect to pay at least 10 per cent (probably more), the amount depending on the type of service provided, i.e. partial or full management of the property.

If somebody wants to rent your property, he must make the offer in writing. If an agent is handling the letting, he will probably draw up a document for the applicant to sign. You should ask for and check an applicant’s credit references and/or proof of income.

Lease

Since August 2000, residential leases have been governed by the Rental Housing Act, which stipulates that a lease must contain the following:

• The landlord’s name and address;
• The tenant’s name and address;
• A description of the property, e.g. its address;
• A list of any existing defects to the property (see Obligations below);
• The amount of rent and any periodic increases;
• Any other expenses that the tenant must pay;
• When the rent must be paid (usually at the beginning of each calendar month);
• How much deposit must be paid by the tenant as insurance against any damage he might cause (at least six to eight weeks’ rent is usual);
• The period of the lease unless it’s ‘open-ended’, and details of the notice required by the landlord and tenant to terminate it;
• The landlord’s and tenant’s obligations towards each other (see below);
• Any ‘house rules’ that the tenant must comply with (which usually include restrictions on noise, particularly between around 11pm and 8am, keeping pets and sub-letting);
• A list of furniture and fittings, if the property is let furnished.

Strangely, a lease can be oral, but you are strongly recommended to draft a written lease. In any case, if a tenant requests a written lease, a landlord must provide one.

Obligations

The law requires the following obligations from landlords and tenants:

• The landlord must issue a detailed written receipt for every payment received from the tenant.
• If the tenant pays a deposit, the landlord must invest it in an interest-bearing bank account and must give the tenant a written statement of the interest earned whenever he asks for one.
• Before the tenant moves in, he and the landlord must inspect the property and draw up a list of defects, which must be attached to the lease.
• When the tenant moves out, he and the landlord must inspect the property again to see if the tenant has caused any damage.
• If there’s no damage, the landlord must refund the deposit and the interest within seven days.
• If there’s damage, the landlord can pay for repairs out of the deposit and must refund the balance and the interest within fourteen days.
• If the tenant owes money to the landlord, the landlord can deduct it from the deposit before refunding it.

If any disputes arise between landlords and tenants, they can be referred to the Rental Housing Tribunal of the province in which the property is located. Contact a provincial government office for details.

https://www.justlanded.com/english/South-Africa/South-Africa-Guide/Property/Letting-your-property?htm_source=facebook&utm_medium=share&utm_campaign=fbugcguides&utm_nooverride=1

Lees ook die volgende menings en kommentare:

Die probleem is ongelukkig nie beperk tot die Mosselbaai-omgewing nie. ‘n Eiendomsagent in Stilbaai het onlangs ‘n emosionele skrywe daaroor op die agentskap se FB-blad geplaas. Hier is dit onveranderd:

DIE VOLLE WAARHEID OOR LANGTERMYNVERHURING IN STILBAAI:

LET WEL: My post is informatief en op ervaring gebaseer en geensins bedoel om op enige iemand se tone te trap of veroordelend te wees nie.
Aangaande huureiendomme op Stilbaai en die tekort daaraan
(Dit geld vir meeste kusdorpies soortgelyk aan Stilbaai en is nie uniek aan Stilbaai nie.)
Ek lees elke dag met trane in my oë van desperate versoeke van langtermyn-huur-soekers.
As Eiendomsagent word ek daagliks male sonder tal daarmee gekonfronteer en dit breek my hart.
Hier is (so kort as wat ek moontlik kon)die verklaring vir die “Tekort” waaraan niemand iets kan doen nie:
Catch 22 om die minste daarvan te sê.
My simpatie lê eweneens by die Huurder en VER-huurder(eienaar) en ek kies geen kante nie.
Been there . . . Ekself moes 16x in 6 jaar verhuis as huurder totdat ek so bevoorreg was om my eie eiendompie te kon koop in Stilbaai.
Stilbaai was vantevore primêr ‘n vakansie- en vissersdorpie
Die grootstes aanvraag na eiendomme was vir vakansie huise/wonings.
Eienaars het dus ‘n primêre woning elders besit en ‘n gemeubileerde strandhuis(soos dit alom bekend was vroeër jare) waarheen hul dus vakansietye sou kom of soos wanneer hul dit verkies het.
Die aanvraag na langtermyn-verhuringseiendomme het progressief gestyg soos wat werknemers hul hier kom vestig het uit ander stede en kom werk het by plaaslike besighede wat minimum-salarisse betaal (onder meer was die rede die “seisoenale aard” vd dorp).
(Die salarisse is ‘n kwessie vir ‘n ander dag en ek spreek dit nie nou hierin aan nie.)
Die gevolg was dat die werknemers nie voldoende salarisse verdien om vir hulself wonings hier te koop nie en verplig was om soms selfs gemeubileerde wonings te huur en elke Des te gaan “plak” elders sodat die eienaars hul strandhuise kon benut en geniet oor hoogseisoen (Desembers)
(Wat die eienaars se volste reg is omdat hul die eiendomme besit)
Maw huurkontrakte word wettiglik opgestel vir 11 maande waarvan die huurder ten volle bewus is en weet dat hul Des moet uit wees.
1. Nou kom die tameletjie: Wanneer die eienaar die eiendom verhuur in bv Januarie vir 11 maande bekommer die Huurder (en Eienaar) hul nie veel oor einde November se onmoontlike soeke na ‘n huurplekkie vir Des nie, want dis mos nog “lank”.
Kort voor lank is Des op hulle en dan is daar JUIS minder blyplek vir die huurders.
Om nie van die ongerief te praat dat die huurder feitlik die hele eiendom moet ontruim om die eiendom in dieselfde kondisie te laat as wat hul dit in Jan ontvang het nie, tesame met die verhoogde druk van hul beroepe voor hoogseisoen.
2. Dan is daar nog ‘n tameletjie, die per maand huurtariewe was vir jare baie bekostigbaar(baie meer as in die stede) en dit het veral mense met ‘n laer inkomste genoop en gedwing om hierheen te trek op soeke na meer billike verblyf, MAAR dan besef die persoon dat hul moontlik oorhaastig die besluit geneem het omdat werk met gemiddelde salarisse op Stilbaai skaarser as ‘n naald in ‘n hooimied is.
Sodra die Huurder dit besef is dit reeds te laat, want hul het reeds hul hele lewe opgepak en na Stilbaai gekom en dit kos weer ‘n klomp geld om te hervestig na waar hul oorspronklik vandaan is.
3. ‘n Verdere rede vir die tekort is dat eienaars ook die reg het om die besluit te neem(vir watter rede ookal) om hul eiendomme in die mark te sit en te bemark om te verkoop.
Dit skep ‘n vrees by die Huurder wat reeds daar woon en in sommige gevalle maak die huurder dit soms ongerieflik vir voornemende kopers om die eiendom te besigtig.
(Nie ALLE huurders nie NET sommiges)
Die vrese van die Huurder is te verstane en te begrype, maar sodra die eienaar bewus raak van die huurder se houding raak dit alom bekend en dit maak ander voornemende Verhuurders/Eienaars skepties om dit eers te oorweeg om hul eiendom op die langtermyn te verhuur.
Die eienaars maak ook hul somme en die somme klop nie, bv.
Tot onlangs toe kon mens nog ‘n eiendom huur(3slkmr,2badkmr) vir R4000-R4500 pm uitgesluit krag en waterverbruik.
Die eienaar redeneer dat:
1. Nadat die eiendom se erfbelasting en ander tariewe van die bogenoemde huurbedrag afgetrek is, bly daar min oor om die normale “wear en tear” van die eiendom te regverdig, asook onderhoud (huurders onderhou nie regtig ‘n eiendom soos eienaars nie, dis ook te verstane) en die feit dat hul nie self Desembers na hul eie strandhuise kan kom nie en dan elders (as hul plek kry) te moet gaan R1000 per dag plus betaal vir hulself vir vakansie- akkommodasie.
2. Indien die eiendom nog op ‘n bankverband is en as voorbeeld dit R1m gekos het, regverdig die laer huur ook nie die huurkontrak nie, want die eienaar moet nog R7000 plus inbetaal en die eienaars besef dat die kool nie die sous werd is nie
3. Gooi nou die paar onbetroubare huurders wat nie hul huur getrou betaal nie, die eiendom beskadig en nie respekteer nie in hierdie poel en jy het ‘n resep vir:
“n ONOORKOMBARE SKAARSSTE AAN LANGTERMYN-HUUREIENDOMME!
Wat nou huidiglik gebeur is dat die handjievol eienaars wat wel besluit om langtermyn-verhuring op hul eiendomme te oorweeg sal dit verhuur mits:
1. Die huurbedrag al die vorige nadele oorkom maw die huurbedrae van R4000-R4500 bestaan nie meer nie;
2. Die huurders mag okkupeer teen die verhoogde bedrag van bv R6000 pm plus maar MOET Desembers uit wees;
3. OF as die risiko te hoog raak dan onttrek hul net eenvoudig die eiendomme van die Huurmark af
Dan laaste maar nie die minste nie:
Weens die verhoogde misdaad elders en tegnologie wat alles verander tesame met sosiale media kan al hoe meer gesinne dit bekostig om hierheen te trek en eiendomme te koop hier in Stilbaai, want die man of vrou is nie gebonde aan ‘n kantoor vir hul beroepe nie en die mans kan heen en weer pendel en hul gesinne in ‘n baie beter en veiliger omgewing agterlaat.
In die laaste jaar was nie een van my eiendomverkope vir vakansie- of strandwonings nie, almal was vir om permanent hierheen te trek.
So nou is daar NOG minder langtermyn-huureiendomme.
Die slegte nuus (sonder dat ek pessimisties raak) is dat dit nie gaan beter word nie
Ontwikkelaars wil ook nie eers kyk daarna om eiendomme te koop en te omskep in “clusterwonings” vir langtermyn-huurders nie, want dis nie die belegging werd nie en tans oorskry die aanvraag na eiendomme te koop die huurmark by verre.
Ek hoop van harte dit antwoord die Langtermyn-huursoekers se “waarom” vrae!
Ek is net jammer dat ek nie antwoorde en oplossings ook hiervoor het nie.”

https://web.facebook.com/groups/1501454480142017/permalink/1976911329262994/

‘n Plaaslike gastehuiseienaar met jare ervaring in die bedryf en wat lid is van die Nasionale Akkommodasie Assossiasie van SA (NAASA) meen daar is geen beheer oor die registrasie van akkommodasie-instellings in die land nie.

“Die grootse probleem waarmee geregistreerde gastehuise en ander klein akkommodasie-instellings soos selfsorg-eenhede, lodges, B&B’s, ens. in die Groter Mosselbaai te doene het, is die ongeregistreerde instansies wat bed-en-ontbyt en selfsorg vanuit hul wonings en oumawoonstelle aan instap-gaste aanbied.

Hierdie instansies het geen ekstra oorhoofse koste nie en ondermyn dus die pryse van die geregistreerde instansies wat aan sekere standaarde en vereistes moet voldoen. Juis omdat hulle aan geen standaarde hóéf te voldoen nie, is dit gewoonlik dié ongeregistreerde instansies waaroor die gaste klagtes het en wat dus Mosselbaai se naam deur die modder sleep. Hierdie probleem is nie net tot Desembervakansies beperk nie, maar is deur die jaar van toepassing.

Tot en met 30 Junie 2017 moes alle kleinskaalse geregistreerde akkommodasie-instansies verhoogde belasting en tariewe betaal, aangesien hulle besighede vanaf hul enkelresidensieel-gesoneerde wooneenhede bedryf het. Dit het aansienlik verhoogde koste teweeggebring. Vanaf 1 Jul 2017 het die munisipaliteit alle instellings met vier of minder kamers van hierdie verhoogde kostes vrygestel en word hulle as residensiële wonings aangeslaan, terwyl instansies met vyf en meer kamers steeds verhoogde tariewe moet betaal. Die instansies met vier en minder kamers hoef ook nie meer by die munisipaliteit aansoek te doen om ‘n B+B, gastehuis of selfsorgeenheid te bedryf nie, maar hoef net die munisipaliteit in kennis te stel dat hulle dit wel bedryf. Instansies met vyf en meer kamers moet magtiging verkry.

Voor bogenoemde vrystelling, was daar Munisipale Bywette wat bepaal het dat instansies met minder as vyf kamers by die Mosselbaai Toerismeburo (MTB) moes registreer en aansluit. Eienaars het egter verkies om onder die radar te beweeg om munisipale kostes te bespaar en om nie aan standaarde onderwerp te word nie. (Nie dat MTB enigsins enige inspeksies uitgevoer het om minimum-standaarde af te dwing nie!)

Tot 31 Maart 2013 moes alle kleinskaalse akkommodasie-instellings in die Wes-Kaap by die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme geakkrediteer word en aan die Wes-Kaapse minimum-standaarde voldoen wat deur ‘n plaaslike toerismeburo (PTB) afgedwing moes word. Dit het egter ook nie plaasgevind nie. Sedert 1 April 2013 is die akkreditasie gestaak en sou die “Tourism Grading Council of SA” (TGCSA) hierdie funksie oorneem. Hierdie ooreenkoms het egter tragies misluk. Die gevolg is dat daar in die Wes-Kaap geen beleid oor die registrasie van akkommodasie-instellings bestaan nie.

In terme van nasionale toerismewetgewing moet alle instansies in die toerismebedryf (of dit nou ‘n toeroperateur, toergids, padstal, akkommodasie-instelling of wat ook al is), by die Departement van Toerisme geregistreer wees. Die enigste groep in dié bedryf wat egter wel registreer, is die toergidse – by die res vind daar niks plaas nie. Elke provinsie moet ook sy eie toerisme-wetgewing opstel in ooreenstemming met nasionale wetgewing. Die Wes-Kaap se toerisme-wetgewing is egter nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Daar is absoluut geen beheer oor diegene wat huisvesting aanbied nie. Die bietjie beheer wat hulle gehad het, is in 2013 afgestaan.

Die groot akkommodasie-soekengins soos Safri Now, Lekkeslaap, Booking.com, AirBnB, ens. registreer enige instansie by hulle; geen navraag word gedoen of daardie instansie iewers geregistreer is of aan enige minimum-standaarde voldoen nie. Die TGCSA is ook skuldig hieraan en aanvaar enige instansie solank daardie instansie aan hul minimumstandaarde voldoen.

Bogenoemde probleme kan alleenlik uit die weg geruim word as daar behoorlike, afdwingbare wetgewing op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke bestaan. Indien dit in ‘n groot mate vir toergidse werk, is daar geen rede waarom dit nie ook in ‘n redelike mate vir die res van die toerismebedryf kan werk nie. In Namibië moet alle instansies wat korttermyn-akkommodasie aan deurreisende toeriste/gaste voorsien, volgens die toespaslike toerisme-wetgewing geregistreer wees. Dit sluit onder meer die registrasie van AirBnB’s in.

Akkommodasie-instellings in Mosselbaai met 5 en meer kamers moet verhoogde munisipale tariewe betaal, aangesien hulle volgens die munisipaliteit ‘n besigheid vanuit hul enkelresidensieel-gesoneerde persele bedryf. Hulle verskaf dus akkommodasie aan ‘n gewillige koper teen ‘n ooreengenome prys oor ‘n sekere tydperk. Hierdie tydperk kan wissel van ‘n dag tot ‘n week en selfs ‘n maand of meer. Hierteenoor betaal die persoon wat sy huis met 5 slaapkamers, insluitend ‘n oumawoonstel, aan toeriste of inwoners verhuur slegs residensiële tariewe, terwyl hy/sy ook met sy beskikbare produk (akkommodasie) handel dryf deur huisvesting aan ‘n gewillige koper teen ‘n ooreengekome prys en tydperk te verhuur. Beide hierdie instansies dryf handel. Daar was so ‘n paar jaar gelede ‘n poging om die Munisipale Wet op Eiendomsbelasting só te wysig dat langtermyn-verhuring ook onderhewig aan verhoogde tariewe sou wees. Daar was egter soveel teenkanting – veral vanaf verhuringsagente – dat dit nie deurgevoer is nie.

Wetgewing bepaal dat alle instansies wat met betalende gaste/kliënte werk (winkels, gastehuise, ens.) ‘n TV-besigheidslisensie moet hê vir elke televisie op die perseel. ‘n Gastehuis met 5 of selfs minder kamers met ‘n TV in elke kamer betaal dus lisensiegeld vir elke TV, terwyl huiseienaars wat hul huise verhuur vir slegs een TV betaal, ongeag hoeveel televisiestelle in die huis is. Daar is nog heelwat ander verswarende betalings soos bv. verhoogde posbustariewe, SAMRO, ens. wat geregistreerde instansies moet betaal terwyl die “fly by nights” daarmee wegkom.”

Stad Kaapstad begin nou optree teen van dié “onwettige korttermyn-verhurings van wooneenhede”. Lees gerus die onderstaande om uit te vind of jy binne die wet optree?

https://www.property24.com/articles/short-term-apartment-lets-in-cape-town-could-be-illegal/26500

Wat sê die wet oor AirB&B ? Lees gerus wat die belastingimplikasies is:

https://geca.co.nz/tax-implications-of-bb-hosting-have-you-got-yourself-covered/https://geca.co.nz/tax-implications-of-bb-hosting-have-you-got-yourself-covered/

 airbnb 11

airbnb 11

airbnb3 13

airbnb2 14

airbnb4 15

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh