Die Mosselbaai/Hartenbos-omgewing met sy pragtige natuurskoon en volop buitemuurse aktiwiteite is vinnig besig om een van Suid-Afrika se gunsteling-toeristemekkas te word.
Gedurende Paasnaweek en die Paasvakansie is daar weer ‘n VOL program vir besoekers wat aan almal se giere en geite voldoen – van restaurante met pragtige see-uitsigte tot ‘n wye verskeidenheid staproetes langs die kus en op wildplase!
Die Diaz & Hawefees, die Buffalo Rally EN die MossJazz-fees is pas verby en was volgens alle aanduidings en landwye kommentare van die beste nóg! Mosselbayontheline het in vorige plasings breedvoerig daaroor berig (in beeld!) en vermoed hier is ‘n paar baie moeë mense op die dorp! ????
Een van Mosselbaai se grootste aantrekkingskragte bly maar sy unieke en ongerepte natuurskoon waarheen ‘n mens altyd kan vlug as die feeste en daaglikse stres te veel word. Om net teen laatmiddag op die strand te gaan stap wanneer die son sy verfblikke op die uitspansel omkeer, is seker een van die beste stresontladings denkbaar – en dis boonop gratis en binne elke Mosselbaaier se bereik! Die ongelooflike kleurespel op die water en in die lug roer iets diep binne-in elke wese en die helende krag daarvan moenie onderskat word nie.
Paasnaweek en die Paasvakansie is vir baie inwoners en besoekers ‘n rustige blaaskans saam met vriende en familie om weer batterye te herlaai ná ‘n rowwe eerste termyn. Tradisioneel is Paasnaweek ook die amptelike oorgang na Herfs/Winter, so sonsoekers moet vir oulaas die lekker sonskyndae geniet.
Kyk ook die lekker vakansiefoto’s op ons FB-blad:
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2120969481467641
Só word daar gekuier op Hartenbos!
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2120947004803222/
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/videos/2120942174803705/
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2117954775102445
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2109377199293536
Comments