Suid-Afrika het van die mooiste natuurskoon in die wêreld, met ‘n unieke en ryk plant- en dierelewe wat nêrens elders in die wêreld voorkom nie.
Dis ‘n paradys vir fotograwe wat hulle om elke hoek en draai vasloop in asemrowende natuurtonele . . .
Ons spog graag met top-fotograwe soos Jean du Plessis, Kolie Visser en ander se “foto-vangste” . . .
Hieronder is ‘n paar van die bekroonde oud-Burger-fotograaf Jeán du Plessis se onlangse meesterstukke . . . Vir die voëls? Aikôna! Dis die nuutste en beste “chick flicks” !
Comments