Edna Molewa, SA se beleërde minister van omgewingsake, het omgewingsaktiviste wéér warm onder die kraag oor haar skynbaar "ondeurdagte" besluite ten koste van die land se bedreigde spesies en natuurlewe.
Dié keer het haar besluit dat Suid-Afrikaanse leeuboere vanjaar met 1 500 leeuskelette mag handel dryf, aktiviste só boos dat president Cyril Ramaphosa se amptelike webblad deur 'n kuberkraker geteiken en gesluit is in weerwraak teen die regering se "gierigheid".
Die handel in leeubene vir die Chinese "tierwyn-bedryf" is al lankal 'n steen des aanstoots vir duisende diereliefhebbers wat keelvol is vir Oosterlinge wat "alles eet wat hulle sien- selfs klippe - en Suid-Afrika se wildlewe op land en see stelselmatig uiitroei - van renosters en olifante tot perlemoen, vis en nou leeus ook!"
Die Burger het soos volg oor vandag se presidensiële kuberkrakery berig:
Leeu-aktiviste kraak glo Cyril se amptelike webblad
Deur Elise Tempelhoff 19 Julie 2018 19:16
OMGEWING
Kuberkrakers wat leeus se belange op die hart dra en “gewalg” is oor die geblikte leeubedryf in Suid-Afrika, het Donderdagmiddag op pres. Cyril Ramaphosa se amptelike webblad, ThePresidency.gov.za toegeslaan en dit “tydelik” gesluit.
Ene Paladinen met die Twitter-naam @VirusSec het verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en gesê hy het die webblad verwyder weens die regering se gierigheid.
@VirusSec sê op sy Twitter-rekening hy is van Afganistan.
@VirusSec het ’n foto van die webblad met Ramaphosa daarop getwiet en gesê:
“Gierigheid het hierdie Afrikaregering lankal oorgeneem.” Die hutsmerk #OpFunKill
is daarby getwiet. Dié hutsmerk dui onder omgewingsaktiviste op die “uitwissing van spesies”.
@Hot_p0ppy het in antwoord getwiet: “Verkoop leeubeendere vir wyn? Absoluut walglik. Hulle het daarvoor gevra.”
Op ’n vraag deur die bewaringsorganisasie, EMS, of die rede vir die aanval op Ramaphosa se die webblad die “handel in leeuskelette” is, het @VirusSec getwiet:
“Dit is so.”
Die aktivis Sharone Hoole het getwiet: “Uitstekend . . . dankie . . . kan jy jou voorstel?
Teel die koning van Afrika, soos beeste. En dit vir vals medisyne! Hou (die webblaaie) van die gieriges en korruptes afgeskakel.”
Omgewingsaktiviste is woedend vir die regering en spesifiek vir Edna Molewa, minister van omgewingsake, omdat sy goedkeuring gegee het dat Suid-Afrikaanse leeuboere vanjaar met 1 500 leeuskelette mag handel dryf. ’n Brief wat Molewa reeds in Junie aan Manketsi Tlhape, Noordwes se LUR vir landelike ontwikkeling, omgewingsake en landbou-ontwikkeling, geskryf het en waarin sy dié getal bekend maak, het vandeesweek uitgelek.
Linda Park van die bewaringsorganisasie Campaign Against Canned Hunting (Cach) het gesê dit is geen wonder nie dat die webblad aangeval is. “Edna (Molewa) veroorsaak oral ontploffings.”
Sy het aan Ramaphosa getwiet: “Ons wag, sedert jy as president aangestel is dat jy van hierdie aaklige vrou ontslae raak. Miskien sal jy nou verstaan hoe gevaarlik sy is.”
Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het beloof om vas te stel of die webblad wel aangeval is. Sy het nog nie gereageer nie, maar teen belowe om te reageer, maar teen 18:30 was die webblad steeds onbereikbaar.
@VirusSec het glo vandag hierdie foto getwiet toe hy president Cyril Ramaphosa se amptelike webblad aangeval en verwyder het omdat "gierigheid dié regering oorgeneem het." Foto: Twitter
Dit volg op dié berig wat Sondag in die Sunday Times verskyn het:
1‚500 lion skeletons can now be exported annually: DEA
Environmental Affairs Minister Edna Molewa says all activities involving the African lion‚ including hunting‚ possession and trade are regulated through a permit system
With or without their heads‚ 1‚500 lion skeletons can now be exported annually from South Africa.
Comments