Ponto Grille and Carvery Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer Top Up Service Station Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

GENOEG is GENOEG! George neem leiding met reuse-veldtog teen korrupsie in Suid-Kaapse regeringsektore 

Deur Jackie Kruger 01 September 2018 07:17

’n Leefstyloudit moet gedoen word van amptenare wat oënskynlik bo hul vermoëns leef.

Só het genl.maj. Oswald Reddy, gebiedshoof van die polisie in die Tuinroete, Vrydag gesê toe ’n veldtog teen korrupsie in alle regeringsfere in George in die Suid-Kaap afgeskop het.

Die veldtog is ’n inisiatief van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) in die Suid-Kaap.

Ten tyde van die bekendstelling van die veldtog by Eenheidspark aan die bopunt van Yorkstraat, het talle polisiebeamptes, personeel van die departement van korrektiewe dienste (DKD) en ander staatsdepartemente plakkate teen korrupsie en
gesinsgeweld geswaai.

Stadsraadslede en munisipale amptenare ook gewaarsku dat hulle vir die res van hul lewe die etiket daarvan sal moet saamdra as hul skuldig bevind word aan korrupsie.


Reddy het onder meer gesê korrupsie is ’n plaag wat die gemeenskap bedreig, die armes ontneem van wat hulle
toekom en die rykes verryk.

Volgens hom bevat die polisiediens se teenkorrupsieplan vier hoekstene, naamlik voorkoming, opsporing, ondersoekwerk en streng optrede teen polisiebeamptes wat hul aan korrupsie skuldig maak.


“Korrupsie word geensins geduld nie,” het hy bygevoeg.

Volgens hom kan die geveg teen korrupsie gewen word deur onder meer fluitjieblasers te beskerm, leefstyloudits te doen van beamptes of amptenare wat skynbaar bo hul vermoëns leef en deur korrupsie by die tolvrye nommer 0800 701 701 aan te meld.

Hy het ook verwys na onlangse kindermoorde in Kaapstad en gesê die siklus van geweld moet gebreek word.

“Mense moet uitpraat oor die misbruik van vroue en kinders en gesinsgeweld.”


Charlotte Clarke, George se onderburgemeester, het in haar toespraak onder meer gesê die gevaar bestaan dat korrupsie genormaliseer kan word.


Sy het ’n beroep op ouers en veral ma’s gedoen om standpunt teen korrupsie in te neem en hul kinders te leer om verantwoordelik op te tree.

“Onthou, ons kinders is die ouers en leiers van die toekoms. Ons moet hulle leer om verantwoordelike burgers te word.”

Sy het stadsraadslede en munisipale amptenare ook gewaarsku dat hulle vir die res van hul lewe die etiket daarvan sal moet saamdra as hul skuldig bevind word aan korrupsie.


George

Foto: Polisiebeamptes en ander staatsamptenare swaai plakkate teen korrupsie in George.  Foto: Jackie Kruger

Lees ook: 

Related Articles:

Comments  

0 #1 icekferwa 2021-02-26 00:51
[censored] 500mg Dosage: http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/ [censored] 500mg qri.kosc.mosselbayontheline.co.za.sio.av http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/
Quote