Beach House Restaurant Oyster World Reflexions Professional Hair Skorpios Security Wolwedans Game Farm Property Pointer Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die verwoestende brande wat sedert 23 Oktober 2018 groot dele van die Suid-Kaap vanaf Vermaaklikheid naby Riversdal tot in Plettenbergbaai in puin gelê en reeds nege lewens geëis het, woed steeds plek-plek in onherbersame bergareas voort.

Inussen gaan inwoners van Knysna ook onder erge rookbesoedeling gepaard wat erge gesondheidsprobleme veroorsaak weens opruimingswerk wat tans by Geelhoutvlei Timbers gedoen word waar massas fyn houtsaagsels (houtmeel) steeds diep onder die oppervlak smeul. Stootskrapers is intussen ingespan om die smeulende houtmeel (biomass chips) na die oppervlak te bring.

Dis 'n uiters gevaarlike proses wat dae lank kan duur en maniere word ook gesoek hoe inwoners dié herwonne houtmeel as grondbemesting kan bekom wanneer dit afgekoel het. Dié private saagmeule gaan blykbaar sy werksaamhede ná die opruimingswerk staak, wat beteken dat sowat 400 mense hul werk kan verloor. 

brande in Suid Kaap

Die Garden Route Distriksmunisipaliteit het intussen 'n dringende verklaring uitgereik dat alle beheerde brande in die Tuinroete-gebied ten sterkste verbied word. Dit volg nadat grondeienaars blykbaar op eie houtjie besluit het om hul eiendom teen die brandgevaar te beskerm deur voorbranding en beheerde brande toe te pas. Beheerde brande mag slegs deur brandbeheerowerhede uitgevoer word. Die verbod geld tot verdere kennisgewing. Alle inwoners en grondeienaars is ook gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle vuur maak in veilige, wettige plekke en om veilig van sigaretstompies ontslae te raak.

Gebiede waar dit steeds plek-plek brand en opruimingswerk steeds volstoom voortgaan, is: Jonkersberg (Geelhoutboom/Groeneweide-plaas); Waboomskraal; Hoekwil / Beervlei; Spitskop / Dubbelberg en die Garcia-pas. 

Die eerste van die reeks verwoestende brande het reeds op 23 Oktober 2018 in Vermaaklikheid naby Riversdal ontstaan. Sewe huise en derduisende hektaar weiding en landbougrond is in dié brand verwoes, wat ook die lewe van die ervare en geëerde helikopter-vlieënier Nico Heyns van Knysna geëis het. Heyns, wat vir Working on Fire gewerk het, is in 2016 as 'n held geloof vir sy byna onmoontlike reddingspogings om die vakansiedorpies St Francis Bay en Cape St Francis van 'n vlammehel te red.

brande6

 

brande8

In 'n daaropvolgende brand in die George-omgewing wat na bewering op 24 Oktober 2018 op 'n plaas in Herold ontstaan het, is ook groot skade aangerig voordat verskeie ander brande sedertdien verspreid in die omgewing ontstaan en reeds meer as 91 000 hektaar verwoes het. 

Die verwoesting op Karatara waarin twee volwassenes en ses kinders van dieselfde familie omgekom het, is seker een van die mees hartverskeurende brandrampe wat 'n mens jou kan voorstel. (Lees meer hier):

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/170-oelfse-gesin-verloor-nege-geliefdes-in-suid-kaapse-brande

Herman Pieters van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se rampbestuurspan het gesê die meeste brande wat steeds voortwoed, is meesal in onherbergsame bergareas wat moeilik bereikbaar is en hoewel dit nie 'n onmiddellike bedreiging vir infrastruktuur en bewoonde gebiede inhou nie, is die weer so onvoorspelbaar dat alle brandgebiede deurgaans gemonitor word. Opruimingswerk en aktiewe brandbestryding was vanmiddag nog plek-plek aan die gang en alle brandbestryders is op bystanddiens. 

Volgens Pieters het die wind, droogte en weerlig beslis van die brande veroorsaak en hoewel die brande mettertyd bymekaar aangesluit het om een vuurlyn te vorm, het van hulle beslis verskillende en onafhanklike oorspronge. Intussen het Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike ontwikkeling en omgewingsake, vroeër gesê die oorsprong van die brande word ondersoek en hy weet waar die eerste brand in die George-omgewing uitgebreek het. (Berig hieronder). 

Die jongste inligting oor die brande word deurgaans op die FB-blad opgedateer: 


Image may contain: text

https://web.facebook.com/gardenroutedm/?rc=p

 Press Release

2018/11/15 @ 10:30
CONTROLLED FIRES ARE BANNED UNTIL FURTHER NOTICE

All controlled burning of land in the Garden Route is prohibited.

Controlled burns / firebreaks are not permitted to be done by any person other than the fire control authorities.

It has come under the attention of the Garden Route DM Joint Operations Centre (JOC) that some land owners are attempting to start controlled burns.

Everyone needs to adhere to these precautionary measures until further notice.

The municipality appeals to all people who live, work and visit the area to exercise extreme caution at all times; to make fires in protected and designated areas only, and to dispose of cigarette butts safely. There is a long, hot summer ahead and we need everyone to help in keeping our region safe.

For more information regarding fire permits, contact:
George - 044 801 6300
Hessequa - 028 713 8000
Mossel Bay - 044 606 5107
Kannaland - 044 805 5071
Oudtshoorn - 044 203 8911
Knysna - 044 302 8911
Bitou - 044 533 500
For enquiries relating to wildfires, contact the Garden Route DM JOC on 044 805 5071.

Management of Geelhoutvlei Timbers has confirmed that the commencement of excavation work/procedures of biomass chips started this afternoon. As this is an extremely dangerous situation, they will excavate and spread the heap open from the edges and work towards the centre of the area. This might take several days to complete. Geelhoutvlei management has been asked for an expected time-frame of the clean-up operations. This will be communicated to the public as soon as it is available.

Bullldozer currently busy adressing the issue of smouldering biomass chips at Geelhoutvlei Timbers.

 
 

Garden Route fires: Investigation launched to determine cause

"We’ve lost 90 000 hectares of natural vegetation, from Plettenberg Bay in the east, to Mossel Bay in the west, to Oudtshoorn inland." - Anton Bredell

“We will start with an official investigation to determine the cause of the fire on 24 October. I am quite confident that the cause of this fire will be determined within the next few months.”

Garden Route fires kill nine, temporarily displace thousands

Fire season came early this year, when a blaze on the southern slopes of the Outeniqua Mountain range near George developed into a raging inferno, forcing the evacuation of residents north of the town.

It took a week to bring the George blaze under control; in that time the flames spread almost 50 kilometres east, fanned by gale force winds and scorching temperatures, reaching Karatara, with deadly consequences, five days later.

The Garden Route District Municipality confirmed that two adults and six children had died as a result of the fire. The fatalities occurred in the small settlements of Bosdorp and Farleigh near Karatara.

Shortly after the tragic events near George, other Garden Route fires were reported as far east as Stormsriver, with a particularly menacing blaze gutting the vast pine plantations of Buffelsnek, about 50 kilometres inland from Knysna.

Again, locals had to be evacuated from their homes, while structures adjacent to the woodlands were reduced to ash.

Bredell explained the magnitude of the blaze, saying:

“We’ve lost 90 000 hectares of natural vegetation, from Plettenberg Bay in the east, to Mossel Bay in the west, to Oudtshoorn inland.

In the George fire we evacuated around 2000 people, all of them are back in their homes, except about 100 [people] – we’re still busy declaring the area safe and then they will be put back in their homes.

I must also tell you that 680 people combatted this fire, mostly from Working On Fire [WoF], some from the Free State and other provinces – we’re very grateful for their help and support.”

Western Cape fire season

Bredell bemoaned the fact that the Garden Route fires came at an unexpected time, noting that the Western Cape’s infamous fire season is, theoretically, from 1 December onwards. However, Bredell says that while the early start to the fire season is cause for concern, firefighting resources are available and ready to be deployed at the first sign of danger, saying:

“We’ve had a very bad start to the fire season, this is just the start, we actually plan our fire season from 1 December. Over the last two weeks we’ve had seven big fires. We’ve lost 2500 [structures] in informal settlements within the City of Cape Town – those are people we need to look after.

The firefighters are always on standby. I think the success of the story is that we managed to land 680 firefighters within 12 hours in the George area.”

https://www.thesouthafrican.com/garden-route-fires-2018-investigation/


Meer as 90 000 ha verwoes in brande

Deur Jackie Kruger 05 November 2018 

Minstens 91 000 ha is verwoes in brande wat reeds meer as ’n week lank in die Tuinroete-gebied in die SuidKaap
woed.
Helen Zille, Wes-Kaapse premier, het Maandag die gebied besoek.

brande Helen Tolhuis

Wes-Kaapse premier Helen Zille nekyk die brandskade aan die tolhuis in die Montagupas by George. 

“Geografies is dit ’n veel groter gebied as die 22 000 ha wat verlede jaar in die Knysna-brande verwoes is,” het sy op ’n kort mediakonferensie by die Garden Route-distriksmunisipaliteit in George gesê.

Volgens dié distriksmunisipaliteit was daar teen Maandagmiddag steeds vyf brandgebiede in die Suid-Kaap – by Grootvadersbosch naby Heidelberg, die Garciapas tussen Riversdal en Ladismith, Herbertsdale naby Mosselbaai, die groter George-gebied wat Jonkersberg, Knysna en De Vlugt insluit en Soetkraal tussen Plettenbergbaai en Uniondale.

Alle paaie is oop behalwe die R339 tussen Knysna en Uniondale.


Zille het gesê berekenings word gedoen om te bepaal of die gebied tot rampgebied verklaar moet word. Sy het
haar simpatie uitgespreek teenoor die familie van die agt mense wat verlede week in die brand in die Karataragebied
gesterf het. Verskeie strukture, waaronder die Geelhoutvlei Timbers-saagmeul naby Karatara, het ook
afgebrand.
500 brandbestryders is ontplooi. Zille het gesê sy is dankbaar vir die Suid-Afrikaanse weermag se hulp met
lugbystand.
Sy het gesê die situasie is onder beheer. Die brand het in die rigting van Plettenbergbaai beweeg en
gemeenskappe wat in die vlamme se pad was, is na veiligheid geneem.

Zille, vergesel van burgemeesters van dorpe wat deur die brande beskadig is, het ook in reënweer die tolhuis in
die Montagupas besoek wat in puin gelê is, asook inwoners wat nou tydelik in Sedgefield gehuisves word.

brande4

'n Gebied wat gebrand het naby die tolhuis in die Montagupas.


Teen Maandagmiddag was die noordelike lyn van die brand by Grootvadersbosch nog aktief en het die vuurlyn
in die rigting van Barrydale beweeg, volgens die Garden Route-distriksmunisipaliteit. Opruiming gaan voort.

By die Garciapas is verskeie aktiewe vuurlyne, maar dit bedreig nie infrastruktuur of mense nie. Opruiming gaan
voort.
By Herbertsdale naby Mosselbaai was daar teen Maandagmiddag geen aktiewe vuurlyne meer nie. Opruiming
gaan voort.

In die groter George-gebied wat De Vlugt, Outeniqua en Jonkersberg insluit, is daar ’n aktiewe vuurlyn in die
omgewing van Waboomskraal en Jonkersberg. Nog brandspanne is gestuur na Noll en Kransbos waar
opvlammings was. Weens swak lig is daar geen lugbystand nie.

Gemeenskappe van Diepwalle en Kransbos wat ontruim is, sal slegs terugkeer na hul huise wanneer dit bevestig
word dat die gebied veilig is.
Die brand by Soetkraal is deur weerlig veroorsaak en woed hoog in die berg. Die situasie word gemonitor.
Tsitsikamma
In die Tsitsikamma in die Oos-Kaap het Maandag ligte reën geval, luidens ’n verklaring. Weerlig het op 29
Oktober ’n reeks brande tussen Stormsrivier en Clarkson veroorsaak, en Sondag ook by Coldstream en
Kareedouw.
Die brand het Maandag oor meer as 80 km gestrek van Coldstream in die weste tot Palmietvlei in die ooste. Die
gebied wat geraak word, is sowat 40 000 ha en 6 000 ha het gebrand. Die brand is sowat 80% onder beheer.
Brandspanne was Maandag op die brandlyn by Coldstream en ook by die een by Palmietvlei.
By Clarkson is ’n aktiewe vuurlyn. Monitering gaan voort en brandspanne is op bystand.

By Petrusville is die brand onder beheer en gaan opruiming voort.

In die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete- nasionale park is die brand onder beheer en word dit gemonitor.
By die Stormsriver Village is geen aktiewe brande nie en opruiming gaan voort. Die Petro Port-brand is onder
beheer en patrollering gaan voort. By Thornham en Nompumelelo kry opvlammings aandag.
Die Soekoeshoek-gemeenskapslede is toegelaat om na hul huise terug te keer nadat die gebied veilig verklaar is.
Hulle is Sondag na veiligheid geneem. By Sanddrif was brandspanne by aktiewe brande noord van die N2, maar
daar was geen bedreiging vir die gemeenskap nie. By die
Tsitsikamma Lodge en omliggende gemeenskappe gaan patrollering voort en kry opvlammings aandag.

By Koomasbos is die brand onder beheer en gaan opruiming voort.
Daar is geen aktiewe brande by Hermanuskraal en Kwaaibrand nie. Monitering gaan voort. Tydelike water word
verskaf weens skade aan watertoevoer. By Witelsbos is brandspanne by ’n aktiewe brandlyn. By Woodlands is
geen aktiewe vuurlyne nie. By Kareedouw is die situasie onder beheer en word dit gemonitor.
In die Oos-Kaap
In die Tsitsikamma in die Oos-Kaap het ligte reën gister geval, luidens ’n verklaring. Weerlig het op 29 Oktober ’n reeks brande tussen Stormsrivier en Clarkson veroorsaak, en Sondag ook by Coldstream en Kareedouw.

Gister het die brand oor meer as 80 km gestrek van Coldstream in die weste tot Palmietvlei in die ooste. Die gebied wat geraak word, is sowat 40 000 ha en 6 000 ha het gebrand. Die brand is sowat 80% onder beheer.


Brandspanne was gister op die brandlyn by Coldstream en ook by die een by Palmietvlei.
By Clarkson was ’n aktiewe vuurlyn. Monitering gaan voort en brandspanne was op bystand.
By Petrusville was die brand onder beheer en het opruiming voortgegaan.
In die Tsitsikamma-gebied van die Tuinroete Nasionale Park was die brand onder beheer en word dit gemonitor. By die Stormsriver Village was geen aktiewe brande nie en gaan opruiming voort. Die Petro Port-brand is onder beheer en patrollering gaan voort. By Thornham en Nompumelelo kry opvlammings aandag.

Die Soekoeshoek-gemeenskapslede is toegelaat om na hul huise terug te keer nadat die gebied veilig verklaar is. By Sanddriff was brandspanne by aktiewe brande noord van die N2, maar daar was geen bedreiging vir die gemeenskap nie.
By die Tsitsikamma Lodge en omliggende gemeenskappe gaan patrollering voort en kry opvlammings aandag.
By Koomasbos was die brand onder beheer en gaan opruiming voort.
Teen gister was daar geen aktiewe brande by Hermanuskraal en Kwaaibrand nie.
Monitering gaan voort.

Tydelike water word verskaf weens skade aan watertoevoer.
By Witelsbos was brandspanne by ’n aktiewe brandlyn. By Woodlands was geen
aktiewe vuurlyne nie. By Kareedouw was die situasie onder beheer en word dit
gemonitor.

11/9/2018 Meer as 90 000 ha verwoes in brande | Netwerk24
https://www.netwerk24.com/…/meer-as-90-000-ha-verwoes-in-br… 2/6

BRAND HET OP PLAAS IN HEROLD ONTSTAAN

Eugene Gunning | Thursday, 01 November 2018

GEORGE NUUS EN VIDEO - Terwyl inwoners aan die Tuinroete steier na nog groot brande, weet ondersoekers na die oorsaak van die oorspronklike brand verlede Woensdag by Herold, op wie se plaas dit begin het en wie daarby betrokke was. Dit is deur Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in 'n eksklusiewe onderhoud onthul.

Hy het Dinsdag die gebied besoek. Bredell het met die George Herald gepraat te midde van toenemende vrae en kritiek oor die hantering van die brande deur die owerhede. Herold, hoofsaaklik 'n landbou-gemeenskap, is diep in die Outeniquaberge.

Die Knysna-brande van 7 Junie 2017, minder as 18 maande gelede, is nog vars in mense se geheue. Vrae word nou gevra of daar dan nie lesse geleer is uit die Knysna-brande nie en of genoeg betyds gedoen is om die brande te stuit wat 'n spoor van verwoesting gelaat het.

 
Brand het op plaas in Herold ontstaan
 
 
Anton Bredell antwoord ‘n paar dringende vrae van George Herald-joernalis Eugene Gunning.

Buiten die brand by Herold, het ander brande ook later voorgekom wat deur weerlig ontstaan het. Minstens agt mense het in een van die brande by die Farleigh-bosboustasie by Karatara gesterf. 'n Brand het ook ontstaan by De Vlugt. Duisende hektaar veld is verwoes en die brande het oor afstande van etlike kilometer versprei.

In een stadium was die vuurlyn (fireline) by een van die brande 25 km lank. Dit is aangehelp deur baie sterk winde, droë toestande en dele wat 45 jaar laas behoorlik gebrand het.
Op goeie gesag word verneem daar is getuies beskikbaar oor wat verlede Woensdag op die plaas in Herold gebeur het.

Kyk video hieronder

'n Landkaart van die brande op Woensdag 31 Oktober.

'n Inwoner van die gebied wat verkies om anoniem te bly, het vertel dat 'n foto kort na 18:00 Woensdagaand na 'n polisie WhatsApp-groep gestuur is. Daar was geen reaksie nie, want die betrokkene werk nie meer in Herold nie. Die persoon het die inwoner gevra om die brandweer te bel. Die inwoner het op die internet gaan kyk en 'n noodnommer, 10111 gebel. Niemand het geantwoord nie en die inwoner het toe op die George Herald se webtuiste vir noodnommers gaan soek. Per ongeluk het die inwoner die NSRI gebel en 'n verteenwoordiger van die instansie het toe die brandweer gebel.

Dit is 'n miernes van aktiwiteit in die gesamentlike operasionele bestuursentrum by die Garden Route-distriksmunisipaliteit.

Die George Herald het Woensdag verneem dat duidelikheid of die gebied tot 'n provinsiale rampgebied verklaar sal word, eers later verkry sal word. Die Wes-Kaapse kabinet sal daaroor besluit. Op die oomblik word die omvang van die skade nog bepaal.

Bredell het gesê weens die feit dat daar moontlik regsprosesse sal volg kan hy nie in die stadium kommentaar lewer oor die ontstaan van die vuur en wat daarmee verband hou nie. 

Hy het wel bevestig dat die brand beslis deur "nalatigheid" ontstaan het en nie deur natuurelemente soos donderweer nie. "Ons het 'n redelike goeie idee waar die vuur ontstaan het en ons weet hoe hy ontstaan het."

CapeNature het hom vroeg vandeesweek ingelig wie die eienaar van die plaas is waar die brand ontstaan het. "Hulle weet ook wie dit aan die brand gesteek het." Die ondersoek is nou aan die gang en sal uitwys wat gebeur het.

Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell (agter regs) tydens 'n besoek aan die gesamentlike operasionele bestuursentrum by die Garden Route-distriksmunisipaliteit. Agter, van links is Garden Route rampbestuurhoof Gerhard Otto, en Wendy Tawse van Cape Nature. Voor van links is Santa Sternsdorf, seksiebevelvoerder van George-brandweer, en Freddy Thaver, brandweerhoof van Garden Route DM. Foto's: Michelle Pienaar

Bredell het tydens sy besoek gesê dinge stuur op 'n ramp af. "Ons is bekommerd. Ons het alle kundigheid en hulpbronne ontplooi sodat ons 'n ramp kan voorkom."

Hy het benadruk dat die bepaalde weersomstandighede die situasie bemoeilik het om byvoorbeeld lugsteun te verskaf. Meer as 500 brandweerpersoneel, verskeie voertuie en vyf helikopters is ingespan. Munisipaliteite in die Wes-Kaap en nooddienspersoneel uit ander provinsies het ook kom help.

Volgens Bredell het die brandseisoen in die Wes-Kaap "regtig sleg" begin. "Die laaste twee weke was daar sewe groot vure. Ons het minstens 2 500 informele huise verloor." 'n Helikoptervlieënier het ook gesterf toe hy met brandbestryding gehelp het.

Volgens Bredell is daar wel baie geleer uit die Knysna-brande. Daar is steeds groot probleme met plantegroei en huise is gebou op plekke waar dit nie moes gebeur het nie. "Natuurlik sal mense vinger wys." Dis 'n situasie wat geërf is en bestuur moet word.

Wat hom betref is betyds opgetree. Die brande is nog nie verby nie en dit gaan 'n klompie dae neem voordat dinge normaliseer. Hy het mense gevra om nie paniekerig te raak nie. 

Lees ook ons vorige artikel oor beheerde brande: 

Related Articles:

Comments  

0 #1 ekaguvoduhe 2021-01-12 12:30
Buy [censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] emf.ksgn.mosselbayontheline.co.za.mfy.su http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote