Property Pointer Reflexions Professional Hair Skorpios Security Beach House Restaurant Top Up Service Station Oyster World Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery

 

MosselbayonTheline | First With The News

Sjoe, hoe feesteliker die vakansieseisoen raak, hoe vindingryker raak die skelms . . . 
Karwagte met kleurvolle (gesteelde?) uniforms duik skielik oral op en oornag het Mosselbaai 'n oormag "smouse" bygekry wat enigiets van vis, hout, juwele of dagga in woonbuurtes probeer verkoop . . . dat party boonop lekker aangeklam is, laat geen twyfel oor waarvoor hulle daai ekstra geldjie wil gebruik nie  

vakansiefotos2

Die skelms laai blykbaar ook nou hul batterye . . . en twintig batterye is gesteel by die selfoontoring op Hartenbos. Kitsbankkliënte word ook gemaan om eers die kanselleer-knoppie 'n paar keer te druk om enige programmering wat dalk gedoen is, uit te skakel voordat 'n transaksie gedoen word.

Skelm "agente" 

Dis nogal ontstellend as 'n wildvreemdeling aan jou deur klop en vra of jou permanente woonhuis gereed en beskikbaar is vir die klomp vakansiegangers wat op pad is . . . 

'n Gesin van Bayview het dié ervaring gehad nadat 'n groep Bloemfonteiners blykbaar lelik ingeloop is deur kuberskelms wat hul ruim Bayview-huis as 'n lekker 3-slaapkamer-selfsorgvakansietuiste op die internet geadverteer het . . . nogal met 'n ekstra kamer en beddens daarby teen R1 850.00 per dag. Die Bloemfonteiners het selfs 'n faktuur gekry, maar nadat hulle die 50% deposito betaal het en finale reëlings wou tref oor waar om die sleutel te kry, was die "verhuurder" se selfoonnommer net "af" . . .

Gelukkig het hulle snuf in die neus gekry voor hulle sak en pak uit Bloemfontein vertrek het en toe 'n familielid op Brandwag gevra om te gaan kyk of daar ooit so 'n huis in Bayview bestaan en of alles in orde is . . .

Die geskokte huiseienaar het nie 'n idee gehad wat aangaan of wie hul huis as 'n lekker vakansietuiste geadverteer het nie. Volgens die huiseienaar is net een van die foto's wat in die advertensie gebruik is, wel dié van die buitekant van hul huis. G'n mens sal egter weet by watter huis(e) die ander foto's wat glo die binnekant van die huis wys, geneem is nie . . .

Die Bloemfonteiners is uiteraard bitter teleurgesteld dat die seevakansie waarna hulle so uitgesien en klaar die helfte voor betaal het, nou neusie verby is. . . maar ook dankbaar dat hulle nie al die pad verniet Mosselbaai toe gery het nie.
Hulle het die saak by die Polisie aangegee.


* Die feit dat die huurmark so ongereguleer is en elke Jan Rap en sy maat deesdae hul eie of ander mense se huise teen hemelhoë pryse uitverhuur, is besig om Mosselbaai se toerismebedryf groot skade te berokken.

Verlede Desember is een vakansiewoonstel aan drie groepe mense oor dieselfde tydperk uitverhuur en moes hulle druipstert al die pad terugry huis toe. Dis skandalig en mense word aangeraai om nie sommer by verdagte internet-transaksies betrokke te raak nie en doodseker te maak hulle werk met gevestigde, professionele eiendomsagentskappe of die regmatige eienaar van die huis. 


* Lees ook hier van 'n Overbergse "agent" wat eergister in hegtenis geneem is nadat sy tientalle vakansiegangers met derduisende rande ingeloop het: 


Mariette Lourens

Mariette Vermeulen Lourens van Gansbaai is in die Overberg in hegtenis geneem op verskeie klagtes van bedrog met onwettige vakansiehuisverhurings

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/190-onwettige-agente-…

* Intussen wag 'n aksiebelaaide feesprogram op vakansiegangers met 'n wye verskeidenheid konserte en vermaak wat oral aangebied word. 

vakansiefotos1


Die gewilde Afrikaans konsertreeks op Hartenbos wat deur AfriForum geborg word, beloof om weer 'n groot hoogtepunt te wees met van die land se gewildste kunstenaars wat op 22, 24, 28 & 29 Desember optree. 
Kyk meer hier: https://itickets.co.za/events/399816

Ons gee die res van die nuus soos gebruiklik in beeld. Kyk dit hier op ons FB-blad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2304361579795096?

Mosselbayontheline vier ook vandag sy eerste bestaansjaar! Baie dankie vir al die wonderlike ondersteuning! Ons vier dit met 'n paar van ons eerste foto's van dié tyd verlede jaar, asook 'n spesiale bonus!

mosselbayonetheline 1 year celebrations

 http://www.mosselbayontheline.co.za/…/188-i-year-celebratio…

 

 
 
Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh