Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Oyster World Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Top Up Service Station Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Dit is hartverskeurend ironies. Die geliefde vrou het net meer as 'n maand gelede haar 63ste verjaardag gevier en in die "rustige, veilige" Stilbaai by familie kom aansterk ná 'n voetoperasie.

heila koppie tee

 Haar man is 'n oud-bevelvoerder van die onluste-eenheid naby Springs aan die Oosrand. Toe word sy Maandag koelbloedig afgemaai in 'n koeëlreën waar sy saam met vriende en familie om die vleisbraaivure kuier - deur vyf gewapende mans wat sonder waarskuwing op die niksvermoedende groepie begin skiet het voordat hulle die huis beroof en gevlug het.

stilbaai Hein en Heila

Dié wrede aanval Maandagaand op die 63-jarige Heila Kilian (Lovey) op 'n plaas net buite Stilbaai (anderhalfuur van Mosselbaai) laat 'n mens onwillekeurig wonder hoe lank die beeldskone Suid-Kaap nog relatief "veilig en gevrywaar van plaasmoorde" gaan bly as al hoe meer mense - ook van buurlande - hier 'n tuiste kom soek.

Mosselbaaiers en grondeienaars op plase in die omgewing is oorwegend buitelug- en natuurmense wie se lewenstyl rondom die mooi natuurskoon en buitelug-aktiwiteite geskoei is. Ons kuier saans graag buite om vleisbraaivure; ons swem en hengel en "surf" in die see of gaan stap langs die strand of op staproetes.

Ons vertrou diefwering en alarmstelsels, buurtwagte en die plaaslike SAPD-lede bied genoeg beskerming . . .
Dis een ding om paraat te wees teen individuele opportunistiese rondlopers wat in woonbuurtes ronddrentel of in digte bosse skuil, maar hoe paraat is ons mense buite die dorpswyke werklik teen georkestreerde plaasaanvalle deur gewetenlose groepe van vier of vyf booswigte wat nie huiwer om te moor en martel nie, soos wat al so lank in die res van die land gebeur?

Is ons dalk té gerus? Dink ons die Suid-Kaap se geografie en demografie vrywaar ons van dieselfde terreur wat daagliks op plase in die res van die land afspeel?
Dis dalk tyd dat ons wakker skrik . . . Stilbaai is TE naby Mosselbaai om dit NIE as 'n waarskuwing te sien nie . . .

Hier is die volledige berig vir dié wat dit nie aanlyn kon lees nie:

    “Tannie Lovey is geskiet. Sy het dit nie gemaak nie.”

So het ’n familielid die nuus van die moord op Heila Kilian oorgedra aan haar man, Hein, ’n oudbevelvoerder van die onluste-eenheid in Dunnottar naby Springs aan die Oosrand. Die 63-jarige Kilian, wat alombekend was as “Lovey”, is Maandagaand doodgeskiet toe vyf gewapende aanvallers losgebrand het op ’n groep mense op ’n plaas naby Stilbaai in die Suid-Kaap. Sy het by haar suster, Brenda Thomas, gekuier ten tyde van die voorval.

Heila en dogter

Wyle Heila Kilian en haar dogter, Marike van der Linde.

Die aanvallers het in ’n gesteelde bakkie gevlug en word steeds gesoek. Volgens Katy van der Merwe, ’n woordvoerder vir die familie, het ’n familielid Hein met die nuus gebel. “Tannie Brenda het op ’n manier losgekom en na die buurplaas gehardloop,” sê sy. “Al nommer wat sy kon onthou, is die van haar seun, Brendan Vorster. Hy het vir oom Hein gebel en gesê: ‘Daar was ’n aanval. Tannie Lovey is geskiet. Sy het dit nie gemaak nie.”

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê Kilian en nog drie mense is Maandag omstreeks 22:10 oorval op die plaas sowat 2 km buite Stilbaai. Daar is ook ’n kwekery en ’n koffiewinkel op die plaas.

heila plaashuis

“Die eienaar van die Gazania-kwekery en nog drie mense het vleis gebraai in die tuin agter die huis toe hulle deur vyf gewapende mans in oranje oorpakke en klapmusse genader is. Die mans het glo sonder waarskuwing op die slagoffers losgebrand.” Kilian is raakgeskiet en is op die toneel dood. Twee mans is vasgebind. “Nog ’n slagoffer – ’n vrou – het weggekom en die polisie is gekontak,” sê Pojie. Die aanvallers het die huis geplunder en ’n kluis oopgebreek. Hulle het met ’n onbekende bedrag geld, ’n versameling vuurwapens (waaronder ’n haelgeweer, twee gewere en ’n handwapen), asook jagmesse, in die eienaar se wit Toyota Hiluxbakkie gevlug.

Die registrasienommer is CCC 12419. Die bakkie is later in Heidelberg in die Wes-Kaap opgemerk by ’n vulstasie waar brandstof ingegooi is. “Dit dui daarop dat die verdagtes op pad was na Kaapstad,” sê Pojie. Die aanvallers word gesoek.

Die gemeenskap van Springs erg geskok oor die dood van Kilian. “Daar is byna nie ’n mens wat sy nie aangeraak het nie. Sy het liefde uitgestraal en tyd vir almal gehad. Sy was ’n ma vir almal,” sê sy. Volgens Van der Merwe het Kilian op 5 Februarie haar 63ste verjaardag gevier. Sy het onlangs ook ’n voetoperasie gehad en was agt weke lank in ’n rolstoel. Sy het verlede Sondag in Stilbaai aangekom en sou dié Sondag weer terugvlieg. “Die vakansie was bedoel om ’n tyd van herstel te wees. Niemand het verwag dat dit sou gebeur nie,” voeg sy by.

Die Kilian-egpaar het vier kinders, Eugene Engelbrecht, ’n seun uit Heila se eerste huwelik wat in Australië woon, ’n dogter, Marike van der Linde, en nog twee seuns, Anton en Zane Kilian. Zane het onder meer vir die Valke en Griekwas rugby gespeel. “Zane is die jongste en bly net ’n huis van sy ouers af. Hy vat dit baie sleg,” sê Van der Merwe. Die egpaar sou op 29 Junie hul 40ste huweliksherdenking gevier het. Volgens Van der Merwe is geen begrafnisreëlings nog getref nie.

“Die familie wag om te hoor wanneer Eugene van Australië kan kom en vir wanneer die lykskouing afgehandel is.”

* Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, speursers. Ludwig Schnetler, by 079 894 1593 of 028 754 6100 bel, of die tolvrye Stopmisdaadnommer by 08600 10111.

https://www.netwerk24.com/…/vrou-in-plaasaanval-by-stilbaai…

Voorblad: Só is Black Monday op 31 Oktober 2017 in Mosselbaai/Hartenbos  gevier uit protes teen die oorweldigende vlaag plaasaanvalle en -moorde wat die land toenemend verlam. 

http://www.mosselbayontheline.co.za/2017/10/31/mosselbaai-vat-hande-teen-misdaad-geweld-en-plaasmoorde/

 Meer op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2128800490684540?_

Related Articles:

Comments  

0 #1 ijefolexu 2020-09-26 00:11
[censored] 500 Mg: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] Online mbg.pnve.mosselbayontheline.co.za.kuf.tx http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote