Reflexions Professional Hair Property Pointer Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Oyster World Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery

 

MosselbayonTheline | First With The News

 

seapoint 2

Foto: Só het die Seepunt-promenade nog verlede jaar gelyk . . . en op die onderste foto kan gesien word hoe dit in Januarie 2018 lyk. Die onderste foto is deur Hassner Pepler geneem.

seepunt Hassie 3

So gaan Kapenaars die volgende paar maande moet leer presies hóé kosbaar water is . . .

Dag Zero: Net 50 liter per dag en géén omdraaikans
Deur Marelize Barnard 18 Januarie 2018 13:37

‘n Skamele 50 liter per dag.

Van 1 Februarie is dit Kapenaars se voorland, nadat Patricia de Lille, burgemeester, Donderdagoggend bekend gemaak het daar is geen omdraaikans voordat Dag Zero in April gaan aanbreek nie.

Dit gáán gebeur en dit is nou ‘n werklikheid.

De Lille het gesê daar word aanvaar dat mense wat tot nou nié water bespaar het nie, dit ook nie in die toekoms gaan doen nie. En dít beteken dat Dag Zero op 21 April gaan aanbreek. Inwoners van Kaapstad se daaglikse waterverbruik word gevolglik vanaf 1 Februarie beperk tot 50 liter per persoon per dag.

Daar is 200 plekke geïdentifiseer waar spesiale waterpunte opgestel gaan word waar mense ná Dag Zero ’n daaglikse waterrantsoen sal kan gaan haal.

Dié water sal nie verniet wees nie, maar ’n manier sal uitgewerk word sodat dié wat water gaan haal se besonderhede aangeteken word, sodat mense nie hul daaglikse kwotas oorskry nie.

Dié fase sal bekend staan as Vlak 7.

Die Kaapstadse metroraad het verlede jaar al gewys hoe die waterpunte gaan lyk waar mense ná Dag Zero water kan gaan haal. Foto: Verskaf

waterpunte 4

Die verhoogde tariewe per maand is:
Gebruik tussen 0 en 6 000 liter water – verhoog vanaf R28,44 na R145,98 per huishouding per
maand;
Gebruik tussen 6 000 liter en 10 500 liter water verhoog van R109 tot R390 per maand;
Gebruik tussen 10 500 en 20 000 liter water verhoog van R361 tot R1 536 per maand;
Gebruik tussen 20 000 liter en 35 000 liter water verhoog vanaf R1 050 tot R6 939 per maand; en
Gebruik tussen 35 000 liter en 50 000 liter verhoog van R2 888 tot R20 619 per maand.

Behalwe vir die superduur water, word mense se daaglikse waterverbruik tot 50 liter beperk met ’n nuwe Vlak 6B.

Die krane sal nie net onverwags eendag droog word nie, maar die metroraad sal mense betyds waarsku wat die datum en uur is waarop dit van die metroraad se kant af toegedraai sal moet word.

Daar sal steeds water beskikbaar wees vir instansies soos hospitale.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afvaldienste, sê die logistiek is groot en ingewikkeld.

“Dit gaan ’n massiewe uitwerking op besighede hê,” waarsku Limberg.

Water sal steeds aan informele woonbuurte verskaf word soos nou, aangesien dit by sentrale punte deur mense gaan haal moet word, wat basies dieselfde manier is as wat water met Vlak 7 by sentrale punte gehaal sal moet word.

Peter Flowers, direkteur van water en sanitasie in die Kaapse metroraad, sê Dag Zero is nie wanneer die water finaal op is nie, maar wanneer die metroraad krane gaan toedraai sodat daar slegs water deurgelaat sal word vir plekke soos hospitale.

Meer inligting oor waterpunte gaan volgens Flowers reeds vanaf volgende week beskikbaar gestel word, sodat mense vertroud kan raak met waar die waterpunte in hul direkte omgewings is.

Met 60% van inwoners van Kaapstad wat steeds nié water bespaar nie, sal mense nie meer gevra word om dit uit vrye wil te doen nie, maar met superduur watertariewe gestraf word vir hoë gebruik.

“Ons kan nie meer vir mense vra om water te bespaar nie. Ons moet hulle dwing,” sê De Lille.

Sy sê dit is onwaarskynlik dat die raad Vrydag op ’n spesiale raadsitting die voorgestelde droogteheffing gaan instel. Sowat 60 000 het deelgeneem aan die proses van openbare deelname en hulle ten sterkste teen die droogteheffing uitgespreek.

De Lille sê die openbare teenkanting teen die voorgestelde droogteheffing is ’n harde les vir die metroraad. Begrotings van ander projekte gaan nou skerp gesny en projekte ook geskrap word.

Die raad gaan Vrydag ’n nuwe voorstel ook oorweeg, naamlik dat die prys van water skerp verhoog gaan word.

safe image 5

Dag Zero: Net 50 liter per dag en géén omdraaikans

Dit gáán gebeur en daar is nie meer omdraaikans nie – Kaapstad se Dag Zero is ’n werklikheid, sê Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad.
NETWERK24.COM

https://www.netwerk24.com/…/dag-zero-net-50-liter-per-dag-e…

Puttoilette Kaapstad se voorland
Deur Malherbe Nienaber 18 Januarie 2018 11:38

Tydelike puttoilette en waterlose stelsels gaan moontlik met Dag Zero talle Kapenaars se voorland wees, terwyl dit maande kan neem voordat waterbronne genoegsaam sal herstel om weer kraanwater te kan verskaf.

So reken die Wêreld natuurfonds in Suid-Afrika (WWF SA), wat weekliks inligting aan inwoners en sakeondernemings in Kaapstad gaan stuur om hulle voor te berei vir wanneer die kraanwater opdroog.

Die Kaapstadse metroraad het vandeesweek aangedui dat die geskatte datum van Dag Zero van 22 April tot 21 April 2018 vervroeg is weens die waterverbruik wat nog nie tot onder 500 miljoen liter per dag gedaal het nie.

Met dié dat inwoners by waterpunte sal moet toustaan vir 25 liter per dag, sal daar baie min water oor wees om toilette mee te spoel.

“Jy sal waarskynlik moet dink aan alternatiewe waterlose sanitasiestelsels tuis. Sommige mense mag dalk tydelike puttoilette bou en mense in woonstelle gaan kleiner, mobiele stelsels benodig,” sê die WWF.

Dit is ook waarskynlik dat talle ondernemings nie hul deure sal kan oop hou nie, omdat hulle groot hoeveelhede water vir hul kernfunksies benodig, of net nie drinkbare water en sanitasie aan hul werknemers sal kan bied nie.

Skole wat nie alternatiewe waterbronne soos boorgate of reënwatertenks het nie, sal waarskynlik ook moet sluit en dit kan daartoe lei dat nog meer mense van die huis af sal moet werk, waar moontlik.

Die metro se hoofwatertoevoer sal afgesny word en slegs noodsaaklike dienste soos hospitale en klinieke, informele nedersettings en die 200 waterpunte vir inwoners, sal nog water ontvang.

“As die krane eers toegedraai word, weet ons nie hoe lank dit sal duur totdat die meeste woonbuurte weer kraanwater sal ontvang nie. Die damvlakke sal maande neem om te herstel en as dieselfde hoeveelheid winterreën as verlede jaar uitsak, sal ons waarskynlik eers teen Augustus ’n behoorlik styging sien.”

Volgens die WWF kan die herstel van basiese waterdienste moontlik eers “diep in die wintermaande” plaasvind.

“Ons moet gereed wees om vir minstens drie maande, en tot selfs ses maande, met baie min water klaar te kom, maar dit is alles afhanklik van die reënval in opvanggebiede.”

Dag Zero word bereken deur te kyk na die hoeveelheid water in Kaapstad se ses grootste damme, die hoeveelheid wat inwoners en die landbou gebruik, en hoeveel water by die damme verdamp.

Dit neem ook in ag dat die laaste sowat 13,5% van die damwater nie bruikbaar is nie en dat daar teen die geraamde datum geen nuwe waterbronne bygevoeg is nie.

“Dag Zero is die ergste scenario, maar dit kruip al hoe nader sedert die stadsraad dit begin vooruitbepaal het.

Beduidende waterbronne sal waarskynlik nie voor April in werking gestel word nie, so die enigste manier om dié dag uit te stel, is as ons nóú water bespaar.”

Na verwagting sal die waterprojekte wat groter volumes ontsoute water en grondwater lewer, eers teen Julie en Augustus in werking gestel word, maar selfs dan sal dit nie in Kaapstad se volle waterbehoeftes voorsien nie.

Inwoners is ook gewaarsku om nie meer as vyf liter munisipale drinkwater op te gaar nie en veral nie hul reënwatertenks daarmee te vul nie.

Lees ook:
Waterkrisis: De Lille in rug gesteek, magte verdeel

Deur Marelize Barnard 19 Januarie 2018 12:27

Patricia de Lille, burgemeester, sê sy het nie geweet dat die DA in die Kaapse metropool ‘n voorstel gaan indien wat haar van haar magte gaan stroop om die waterkrisis te hanteer nie.

Dirk Smit, speaker, het gesê die raad het met 125 stemme teen 57 gestem dat haar magte verdeel gaan word. Die DA beheer die raad.

Patricia de Lille 480x320 6Die Kaapstadse metroraad het ook die nuwe superduur watertariewe goedgekeur wat as deel van Vlak 6B vanaf 1 Februarie sal geld.

De Lille se magte om oor die waterkrisis te besluit is grotendeels oorgedra aan Ian Neilson, adjunkburgemeester, en die burgemeesterskomitee in geheel.

Dit volg nadat die DA se Federale Raad Sondag besluit het dat die magte van De Lille weggeneem moet word.

Die ANC het gesê hulle stem nie saam met die nuwe tariewe nie en die ACDP en VF Plus sê hulle sal dit ondersteun, maar is nie gelukkig daarmee nie.

Grant Haskin van die ACDP sê De Lille slaan net met ‘n stok en gee niks wortels nie.

Neilson sê met Dag Zero sal daar slegs 13,5% water in damme oor wees, wat slegs 15 liter per persoon per dag sal wees.

Neilson sê die massiewe styging van watertariewe is om mense te kry om minder water te gebruik. Hy sê nadat daar vroeër in die raadsvergadering besluit is teen die droogteheffing, is daar nou ‘n nuwe aanduiding van wat die raad moet doen.

In die komende jare se begrotings sal n nuwe manier gekry moet word om ‘n tariefstruktuur in te stel sodat die stadsraad verseker is van die inkomste uit water.

Dit gaan gepaard met die sogenaamde “nuwe normale” situasie wat aanvaar moet word.

Die DA in die Kaapstadse metroraad het Vrydagoggend sy voorstel om ‘n bykomende droogteheffing in te stel, op die raadsvergadering teruggetrek.

Wat vanoggend in die raadsvergadering gebeur het:

Die ANC het eers uit die buitengewone raadsvergadering geloop waar besluit moet word oor die spesiale droogteheffing, nuwe baie hoër waterrekeninge, asook ‘n moontlike 8%-verhoging in erfbelasting. Die ANC het uitgeloop terwyl Patricia de Lille, die burgemeester, in ie raadsaal gepraat het.

Hulle het hul weer by die vergadering aangesluit toe die waterkrisis bespreek is. Die ANC wou weet of die terugtrek van die droogteheffing die gevolg is van die proses van openbare deelname of ‘n bevel van die DA se nasionale bestuur.

Volgens die ANC is meer as 24 000 kommentare van die publiek nie in ag geneem in die verslag wat nou voor die metroraad dien nie. Daarom is die verslag onwettig.

Die EFF se Andrew Arends sê die DA staan vir “Droogte Alliansie”. Daarna noem hy die DA die “Deurmekaar Alliansie”.

Die Kaapstadse metroraad moes Vrydagoggend stem oor of Kapenaars gestraf gaan word met ’n spesiale droogteheffing of met hoër waterrekeninge.

Die raadsvergadering is gehou oor die geldelike gemors waarin die droogtekrisis die stad se boeke gedompel het.

Die Kaapstadse metroraad is oorval met kommentaar oor die droogteheffing en 61 002 insette is

Maandag (15 Januarie) teen middernag ontvang as deel van die openbaredeelnameproses.

Van die klagtes is:

* Die Kaapstadse metroraad het waarskuwings oor die impak van die droogte geïgnoreer en nié proaktiewe stappe gedoen nie;
* Daar was swak beplanning en daar moes oor die laaste vyf tot tien jaar begroot gewees het vir die aanvulling van waterbronne;
* Die inkomste wat die metroraad wil maak uit die droogteheffing lyk of dit heelwat meer is as die verwagte verlies aan inkomste weens die laer volumes water wat verkoop word;
* Die droogteheffing straf mense wat water spaar en in sommige gevalle groot uitgawes aangegaan het soos om watertenks te koop of boorgate te sink;
* Die middelklas word weereens belas met nog belasting wat dit vir hulle onbekostigbaar maak, in ag genome die hoeveelheid belasting wat mense reeds moet betaal.
* Pleks van die droogteheffing word die nuwe verhoging van tariewe nou verbruikers-beperkingstariewe” genoem.

Die metroraad sê in die agenda dat die doel van dié nuwe tariewe vir vlak 5-, 6- en 7-waterbeperkings nié is om meer geld uit verbruikers te maak nie, maar eerder om mense te ontmoedig om so baie water te gebruik.

Metroraad sny eie koste

Wat ook sal moet gebeur om vir die droogteheffing op te maak, is dat die metroraad amptenare en raadslede se bywoning van konferensies, asook hul reiskoste, gaan moet sny. Die raad sal ook minder vakante poste moet vul, minder oortydgeld aan amptenare betaal en in die algemeen uitgawes moet sny om R2,6 miljard in die huidige begrotingsjaar te kry om sy uitgawes wat met water verband hou, te betaal.

Dié aanpassings aan die begroting sal op 31 Januarie by die eerste gewone raadsvergadering van die jaar saam met die aansuiweringsbegroting ingedien word en daar sal dan daaroor besluit word.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Droogte/kaapse-droogteheffing-teruggetrek-anc-loop-uit-vergadering-20180119

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 uecosekureho 2020-12-24 00:20
[censored] 500mg: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] yfc.rrmo.mosselbayontheline.co.za.act.em http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote