Reflexions Professional Hair Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Top Up Service Station Property Pointer Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Olie van Transnet se olieputte wat al jare lank sporadies die riviertjie en omgewing in die spogwoonbuurt Bayview besoedel en ná reën 'n oliemoeras vorm, veroorsaak nie net erge grond- en waterbesoedeling nie, maar ook 'n gesondheidsgevaar en marienebedreiging omdat dit uiteindelik in die see by Bayview-strand beland.

olie1

Tog is daar blykbaar geen politieke wil of aanspreeklikheid van enige owerheidskant om dié volgehoue en toenemende besoedeling daadwerklik te bekamp nie.

Tot die stormwater-mangat naby die olieputte is vol olie, terwyl die grond in die omgewing swart en olie-deurdrenk is. Wanneer dit reën, loop die olieputte boonop oor sodat die hele omgewing in 'n swart oliemoeras omskep word.

olie2

Navrae hieroor het ons van bakboord na stuurboord verwys. Volgens Mosselbaai Munisipaliteit behoort die grond en olieputte aan Transnet en is dié staatsbeheerde maatskappy se afdeling vir omgewingsbestuur en gevaarlike afvalstowwe verantwoordelik vir die bestuur en instandhouding van die olieputte en terrein.

"Mosselbaai-munisipaliteit kan nie reageer op navrae oor infrastruktuur wat op private eiendom is nie. Die munisipaliteit se sorgsaamheidsplig word nagekom deur die relevante owerhede in kennis te stel van enige besoedeling. Die owerhede is die distriksmunisipaliteit en die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning: remediëring en voorvalbestuur. Die fasiliteit word deurgaans gemonitor. Die onlangse storting is op 30 September 2019 aangemeld."

Olieput

'n Epos aan Transnet (TNPA) se plaaslike mediawoordvoerder het ons verwys na Transnet se afdeling vir Spoorvrag (Freight Rail) en ons wag steeds op terugvoering.

olie3

Die grond al langs die riviertjie en mangat is swart en olie-deurdrenk. Boonop is dit nie 'n nuwe probleem nie. Volgens inwoners gaan dit al jare so aan en val al hul aanmeldings en pleidooie op dowe ore. 

olie4

Dit is ook nie net die lekkende olieputte op Transnet se gronde wat Bayview-inwoners ontstel nie. Dié vervalle en ongebruikte ou store op die terrein is eweneens 'n onaanvaarbare onooglikheid en bied ook skuilplek aan rondlopers en misdadigers wat op parool vrygelaat word. 

olie5

Só lyk dit binne-in die vervalle ou store waar rommel opgehoop lê en rondlopers snags skuiling soek. 

olie6

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2537416176489634?

Related Articles:

Comments  

0 #1 Deanne 2020-07-06 21:50
My family every time say that I aam wasting myy time here
at net, but I know I am getting knowledge all thee time by reading such pleasant content.


My homepage: thought elevators
upsells: http://www.capft5.com/space.php?uid=2299&do=blog&id=4163
Quote