Beach House Restaurant Property Pointer Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die wiel van geregtigheid draai stadig maar seker . . .

Die twee jong gewoontemisdadigers wat op 2 Desember verlede jaar by die huis van 'n geliefde 81-jarige inwoner van Santos Haven ingebreek, haar beroof en wreed aangerand het, is onlangs onderskeidelik 15 en 12 jaar tronk toe gestuur vir roof met verswarende omstandighede.

Duwayne Moodien (21) en Shane Alexander (24) is ook in die Mosselbaaise streekhof elkeen 'n bykomende drie jaar tronkstraf opgelê op aanklag van huisbraak.

Dwyne MoedienShane Alexander 24 met wit hemp

Duwayne Moodien (21 - links) en Shane Alexander (24). Moodien is tot 15 jaar en Alexander tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis op 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede . Albei is ook 'n addisionele drie jaar gevangenisstraf opgelê op 'n aanklag van huisbraak.

Moodien en Alexander was verlede jaar net 'n paar dae uit op parool toe hulle op Sondag 2 Desember 2018 in die vroeë oggendure by tannie Annelene Massyn (81) se huis ingebreek, haar wreed aangerand en beroof het.

Annelene Massyn

Sy is met die vuis in die gesig geslaan en met 'n mes gedreig voordat die verdagtes onder meer met drie selfone en 'n iPad op die vlug geslaan het.

Hulle is binne 24 uur aangekeer in Aslapark met van die gesteelde goedere in hul besit en was sedertdien in aanhouding. Albei is ou gewoontemisdadigers in die groter Mosselbaai-omgewing wat al onderskeidelik tronkstraf vir moord, besit van dwelms, huisbraak en diefstal uitgedien het.

Die saak het verlede jaar groot opspraak verwek weens gebreke in die strafregstelsel wat gevaarlike gewoonte-misdadigers beskerm ten koste van die veiligheid van onskuldige landsburgers en hulpelose bejaardes.

Massyn se broer, Theo Munro van Beaufort-Wes, het verlede jaar die misdaad skerp veroordeel op sy Facebook-blad:

"Ek is so verbitter, my oudste en enigste suster van 81 is vanoggend aangerand in 'n aftree-oord in Santos Haven.
"Twee het ingekom by 'n venster en haar wakker geslaan met die vuis, haar hande vasgebind en mond toegebind en 'n klomp goed gesteel.
"Dankie Here sy leef. Wat help so 'n veiligheidskompleks?"

Modien en Alexander het destyds toegang tot die aftreeoord, wat 24-uur beman word, verkry deur in 'n boom duskant die pallisadeheining te klim, en oor te spring.
Die boom is kort daarna afgekap en veiligheidsmaatreëls is verskerp.

Santos Haven1

Massyn se geliefdes het die vonnis verwelkom en gesê die traumatiese aanval het 'n blywende uitwerking op haar wat haar waarskynlik lewenslank sal bybly.

Lees meer hier:

Intussen blyk dit uit die beskuldigdes se misdaadrekords dat Shane Alexander (24) reeds op 15-jarige ouderdom tot nege jaar tronkstraf vir moord gevonnis is. Hy is in 2010 gevonnis en is ná 6 jaar op parool vrygelaat. Hy is sedertdien weer tronkstraf opgelê vir huisbraak en was tydens die inbraak by Santos Haven op parool . . .

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/misdaad

Related Articles:

Comments  

0 #1 omurajigociko 2021-01-27 20:02
[censored] No Prescription: http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/ [censored] 500 Mg cpn.tqzi.mosselbayontheline.co.za.uuw.dj http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/
Quote