Wolwedans Game Farm Property Pointer Skorpios Security Oyster World Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Skelm "agente" wat toenemend hoopvolle vakansiegangers uit derduisende rande bedrieg, raak nou 'n groot probleem in kusdorpe soos Mosselbaai en doen geweldige skade aan die toerismebedryf en beeld van die dorp.

In dieselfde tyd wat ons eergister berig het oor 'n gesin in Bayview, Mosselbaai, wie se huis sonder hul medewete deur 'n "ontwikkelaarsfirma in Bela-Bela" aan Bloemfonteiners "uitverhuur" is, het die Overbergse Polisie en distriksmunisipaliteit nou toegeslaan op 'n vrou met dosyne skuilname wat onwettige verhurings vanuit haar huurhuis in Gansbaai gedoen het en tientalle mense met derduisende rande ingeloop het.

Ironies genoeg is dit juis danksy sosialemedianetwerke dat dié skelmstreke toenemend oopgevlek word. 

Mariette Vermeulen Lourens van Gansbaai is vandeesweek in hegtenis geneem op verskeie klagtes van bedrog, terwyl die Overberg-munisipaliteit ook klagtes teen haar aanhangig gemaak het. Dit is nie seker of sy ook in die Mosselbaai-omgewing bedrywig was nie. 

 Mariette Lourens

 Mariette Vermeulen Lourens het in Desember verlede jaar dié profielfoto op haar Facebook-profiel geplaas.

Mosselbayontheline waarsku al geruime tyd teen dié onwettige en onreëlmatige praktyke in die eiendomsbedryf omdat die verhuringsmark nie gereguleer word nie en elke Jan Rap en sy maat deesdae 'n "agent" is wat sy eie of ander eiendomme teen hemelhoë pryse uitverhuur en die prysmark kunsmatig opjaag. Dis 'n baie vinnige (maar immorele) geldmaakopsie om belasting te ontduik en dis miskien tyd dat die Mosselbaai Munisipaliteit ook optree teen dié groeiende tendens? Die vinnigste manier om dié "agente" vas te vat is om hulle bloot by die Ontvanger van Inkomste aan te kla . . . ?

Lourens, blykbaar 'n enkelma wat 'n huis in die Gansbaai-omgewing huur, het onlangs nog die volgende op haar Facebook-blad geplaas: "Jy sien altyd hoe kinders baklei oor die erfporsie, maar jy sien nooit hoe word daar baklei oor wie sorg vir die ouers nie . . . " 

Só het ons Woensdag op ons Facebook-blad berig: 

Dis nogal ontstellend as 'n wildvreemdeling aan jou deur klop en vra of jou permanente woonhuis gereed en beskikbaar is vir die klomp vakansiegangers wat op pad is . . . 

'n Gesin van Bayview het dié ervaring gehad nadat 'n groep Bloemfonteiners blykbaar lelik ingeloop is deur kuberskelms wat hul ruim Bayview-huis as 'n lekker 3-slaapkamer-selfsorgvakansietuiste op die internet geadverteer het . . . nogal met 'n ekstra kamer en beddens daarby teen R1 850.00 per dag. Die Bloemfonteiners het selfs 'n faktuur gekry, maar nadat hulle die 50% deposito betaal het en finale reëlings wou tref oor waar om die sleutel te kry, was die "verhuurder" se selfoonnommer net "af" . . .

Gelukkig het hulle snuf in die neus gekry voor hulle sak en pak uit Bloemfontein vertrek het en toe 'n familielid op Brandwag gevra om te gaan kyk of daar ooit so 'n huis in Bayview bestaan en of alles in orde is . . .

Die geskokte huiseienaar het nie 'n idee gehad wat aangaan of wie hul huis as 'n lekker vakansietuiste geadverteer het nie. Volgens die huiseienaar is net een van die foto's wat in die advertensie gebruik is, wel dié van die buitekant van hul huis. G'n mens sal egter weet by watter huis(e) die ander foto's wat glo die binnekant van die huis wys, geneem is nie . . .

Die Bloemfonteiners is uiteraard bitter teleurgesteld dat die seevakansie waarna hulle so uitgesien en klaar die helfte voor betaal het, nou neusie verby is. . . maar ook dankbaar dat hulle nie al die pad verniet Mosselbaai toe gery het nie.
Hulle het die saak by die Polisie aangegee.
* Die feit dat die huurmark so ongereguleer is en elke Jan Rap en sy maat deesdae hul eie of ander mense se huise teen hemelhoë pryse uitverhuur, is besig om Mosselbaai se toerismebedryf groot skade te berokken. Verlede Desember is een vakansiewoonstel aan drie groepe mense oor dieselfde tydperk uitverhuur en moes hulle druipstert al die pad terugry huis toe. Dis skandalig en mense word aangeraai om nie sommer by verdagte internet-transaksies betrokke te raak nie en doodseker te maak hulle werk met gevestigde, professionele eiendomsagentskappe of die regmatige eienaar van die huis.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2304361579795096?

‘Agent’ het glo talle bedrieg

Maygene de Wee 19 Desember 2018 17:11

Die polisie het Dinsdag ’n “eiendomsagent” van Gansbaai in die Wes-Kaap, wat na bewering honderde mense landwyd uit etlike duisende rande bedrieg het, in hegtenis geneem.

David Beretti, munisipale bestuurder van die Overberg-distriksmunisipaliteit, het die inhegtenisneming van Mariette Vermeulen Lourens – glo ook bekend as Mariette van Eeden Lourens, Sharika Botha, Claire Kotze, Isabel Vermeulen, Brian Berry, Umit Pillay, Karin Gresse, Sandy Maritz, Belindi Jacobz, Melissa de Jongh, Gilbert de Jongh en Kathy Immelman – bevestig.

Mariette Vermeulen Lourens soos sy op haar Facebook-profiel lyk. Foto: Facebook 

Brig. Donovan Heilbron, polisiebevelvoerder van die Overberg-streek, het Woensdag gesê dat sy in hegtenis geneem is kort nadat ’n ambulans haar by die Uilenskraalmond-vakansieoord gaan haal het omdat sy glo ’n hartaanval gehad het. Volgens hom is etlike sake van bedrog sedertdien teen haar aanhangig gemaak.

“Ek kan nog nie bevestig hoeveel sake nie of wanneer sy in die hof gaan verskyn nie,” het Heilbron gesê. Lourens, wat self in die Uilenskraalmond-vakansieoord in ’n huurhuis woon, het glo ander vakansiehuise daar en elders in Gansbaai en in die Wes-Kaap aan niksvermoedende vakansiegangers verhuur.

Die huise is glo op Gumtree en Facebook geadverteer. Belangstellendes moes glo ’n aansoekvorm invul en na voltooiing daarvan het sy na bewering op ’n deposito aangedring. In baie gevalle het sy na bewering ook geëis dat die volle huurbedrag voor ’n sekere tyd betaal word aangesien daar glo ’n lang waglys was vir die huise en die betalings die besprekings sou bevestig.

Die vakansiegangers het na bewering in al die gevalle op die afgespreekte tye by die huise opgedaag net om te besef dat dit reeds aan verskeie ander mense uitverhuur is, of dat daar glad geen bespreking vir hulle gemaak is nie. In baie gevalle het die wettige huiseienaars glo nie eens geweet dat hul huise “uitverhuur” is nie. Lourens, wat glo van die huis af gewerk het, is teen daardie tyd glo reeds vort met die geld en sou glo nie op enige navrae reageer nie.

Ek kan nog nie bevestig hoeveel sake nie of wanneer sy in die hof gaan verskyn nie. ” – Brig. Donovan Heilbron “

Bronne op Gansbaai het gesê dat meer as 30 mense reeds na vore gekom het en beweer dat hulle ’n vakansiehuis by haar bespreek het en dat geen vakansiehuis beskikbaar was nie. Op die Facebook-blad, Wie maak vir GANSBAAI lekker?? (die oorspronklike groep), beweer mense dat bedrae wat wissel van R4 000 tot soveel as R11 000 as deposito’s aan haar betaal is.

 

In ander gevalle is die huurgeld vir die volle duur van die bespreekte vakansies na bewering betaal. Hierdie bedrae beloop glo tot soveel as R20 000 per gesin. Beretti het gesê dat die distriksmunisipaliteit nou ook met regstappe gaan begin teen Lourens asook die mense by wie sy haar huis huur. Hy het gesê sy het onwettig ’n verhuringsagentskap uit die huis bedryf en dit mag onder geen omstandighede gedoen word nie.

“Ons gaan beslis optree teen haar en die mense by wie sy die huis gehuur het. Geen ondernemings mag vanuit die oord bedryf word nie.” Hy het ook gesê sy is nie ’n werknemer of ’n agent van die distriksmunisipaliteit nie.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/agent-het-glo-talle-vakansiegangers-bedrieg-20181219

Lees gerus ons vorige berigte oor dié groeiende probleem: 

Verwante arikels:

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 uocojux 2020-11-10 02:22
[censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] 500mg Capsules tlu.ykva.mosselbayontheline.co.za.jno.sk http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote