Delfinos.Passion for food-Passion for life Top Up Service Station Oyster World Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Trans-Agulhas lok honderde mense na strand

Deur: Seugnet van Zyl

Die 30ste Trans-Agulhas-uitdaagwedvaart vir rubberbote het Donderdagoggend afgeskop met sowat 40 deelnemers van Plettenbergbaai in die Suid-Kaap.

Dié wedvaart vir rubberbote word as die taaiste ter wêreld beskou en skop elke jaar op 28 Desember af.

Daarna moet die deelnemers die see oor vyf dae en byna 700 km op rubberbote trotseer.

Barnet, ’n Australiër wat deesdae in Bloubergstrand woon, en Oosthuizen van Welgemoed in die Kaap hou onder meer die rekord vir meeste agtereenvolgende oorwinnings en die langste vennootskap.

Hulle het al 11 Trans-Agulhas-wedvaarte saam gewen en is al 15 jaar spanmaats. Hulle hoop om dit vanjaar 12 oorwinnings agtereenvolgens te maak.

Oosthuizen sê hulle is versot op dié sport en Barnet voeg skertsend by dit hou hulle jonk en die meisies op die strand is nie te versmaai nie.

ta burger 2

Tjaart Oosthuizen en Dave Barnet, verdedigende kampioene van die Trans-Agulhas-wedvaart.
Foto’s: Seugnet van Zyl

Deelnemers aan die Trans Agulhas-wedvaart kom by Santos-strand in Mosselbaai aan.

Dié wedvaart gaan alles oor tyd. Sodra deelnemers met hul rubberbote by ’n strand aangekom het, moet ’n spanmaat sou gou moontlik afspring en na die eindstreep hardloop.

ta burger1 3
ta burger2 4
Christi Kriel (57) van Durbanville het saam met Terblanche (16), die jongste van sy vyf seuns, aan vanjaar se wedvaart deelgeneem. Sy ander vier seuns, Christiaan (26), Wardo (24), Marco (22) en Rudi (20) het ook deelgeneem.

Kriel, wat al aan meer as 20 Trans-Agulhas-wedvaarte deelgeneem het, sê hy wou eintlik al twee jaar gelede uittree, maar sy ouer seuns het gesê dat hy darem saam met sy jongste seun ook aan die wedvaart moet deelneem.

“Dis ’n baie sosiale sport. Om dit saam met jou kinders te doen is wonderlik.”

Christiaan neem vanjaar aan sy negende wedvaart deel en het dit ook al twee keer gewen. Dit is Wardo se sesde en Marco se derde wedvaart. Dis ook die eerste jaar dat Rudi sy boot self stuur.

ta burger3 5
Terblanche Kriel spring van die boot af om na die eindstreep te hardloop terwyl sy pa, Christi, agteroor val.

Sparks Esterhuyzen, ’n inwoner van Hermanus en leier van die See-en-Sand- en Boskursusse op dié dorp, het in 1987 met die idee vir die Trans-Agulhas-wedvaart vorendag gekom.

Teen daardie tyd het Esterhuyzen al vyf keer om die mees suidelike punt van Afrika geroei. Hy het die sowat 700 km van Nature’s Valley na Kaapstad in ’n kano afgelê.

Hy en Jean Engelbrecht van Stellenbosch het die bal aan die rol gesit en besluit om dié roete met hul rubberbote aan te pak. So is die Trans-Agulhas-wedvaart gebore.

Almal het destyds gemeen dis te gevaarlik en kan nie gedoen word nie, maar dit het Esterhuyzen en Engelbrecht nie van stryk gebring nie.

ta burger4 768x576 6

Mense kom op Santos-strand in Mosselbaai byeen om te kom kyk na die rubberbote wat die strand inkom as deel van die Trans-Agulhas-wedvaart.

ta burger5 768x1024 7

Rubberbote lê langs mekaar op die strand waar deelnemers aan die Trans Agulhas-wedvaart by Santos-strand in Mosselbaai aangekom het.

ta burger6 8

Vakansiegangers op Santos-strand in Mosselbaai. Foto: Seugnet van Zyl

Bron:
https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/trans-agulhas-lok-honderde-mense-na-strand-20171228

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 amazon viagra pills 2020-07-07 09:38
amazon viagra pills: http://viacheapusa.com/
Quote