Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Beach House Restaurant Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Oyster World Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die “skisofreniese” weer wat die Mosselbaai-omgewing tans geniet met heerlike sonskyndae afgewissel met lekker reënbuie, is ‘n wonderlike luukse vergeleke met die kritieke droogtes elders in die land.

gilde7 768x576 2‘n Groepie Mosselbaaiers het ook gereël om nood-bystand aan Kapenaars te verleen wat deur drakoniese waterbeperkings en -heffings in die gesig gestaar word. Mense kan reeds houers vol water by Vredebest in Voorbaai gaan aflewer vanwaar dit op 7 Februarie na Kaapstad geneem sal word. Op die FB-groep Mosselbaai op sy Beste kom die omgee-hart van die Suid-Kapenaars na vore met dosyne mense wat water wil help skenk . . .

gilde34 3

gilde26 768x576 4gilde42 768x576 a5

water na Kaapstad 6

Intussen is die amptelike ondersoek na die oorsprong en ontstaan van die verwoestende brande wat die Mosselbaai-omgewing die vorige twee weke geteister het, nog nie bekend nie. Volgens woordvoerders van Cape Nature is alle aanduidings egter dat die brande by Albertinia/Riversdal sowel as dié in die Ruiterbos-omgewing wel deur menslike aktiwiteite veroorsaak is. Die volledige uitslag van die ondersoeke word vroeg in Februarie verwag.

(Lees meer oor die brande hier:)

http://www.mosselbayontheline.co.za/2018/01/14/4263/

Ander nuus-hoogtepunte van die week is:

Roadworks begin near Groot-Brakrivier

22 January 2018

grootbrak locality plan 22 january 2018 0 7

The Department of Transport and Public Works (DTPW) has started a R182 million project to upgrade the portion of MR344 (R102) between Hartenbos and Groot-Brakrivier, as well as the portion of DR1578 between Tergniet and Wolwedans. The project is expected to have been completed by mid-2020.

The project is required as these roads have reached the end of their design lives. Work will include a roundabout at an intersection on the R102; repairs to bridge structures; and the upgrading of culverts and street lighting.

The project is expected to better accommodate the growth in traffic volumes experienced in the past and expected as a result of the increase in the number of residences in the immediate vicinity. It will also provide a continuously surfaced link between the communities of Wolwedans and Tergniet. This road carries high volumes of heavy vehicles that serve the industrial developments located along the road.

Half-width construction (involving the closure of one lane) will take place in sections with stop/ go controls to manage the flow of traffic. Motorists can expect a 15-minute waiting period at stop/ go points. DTPW is aware that delays are frustrating, but some inconvenience during construction is inevitable. Motorists will soon be able to enjoy a safer and more pleasant travelling experience on these roads.

DTPW is committed to creating short-term Expanded Public Works Programme employment and skills training opportunities. During the course of this project, a total of R17 million will be spent on targeted enterprises, R3 million on targeted local labour, and 36 000 person-days of work will be created for people from the Mossel Bay municipal area.

The high-quality road infrastructure that DTPW provides is an important component of a safe and effective transport system, and an enabler of economic and social development in the Western Cape.

Join the Department on Twitter @WCGovTPW under the hashtag #roadworksWC

Demi Leigh 1 8

MEJ. HEELAL DEMI-LEIGH NEL-PETERS BESOEK HAAR TUISDORP SEDGEFIELD IN SA

‘n Skare mense het Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, ingewag waar sy Woensdag vroeg in SuidAfrika sou aankom.

Haar vlug uit Amerika word ná 08:00 op die O.R. Tambo-lughawe verwag.

Plaaslike skoonheidskoninginne en die Soweto-gospelkoor het reggestaan om haar te verwelkom.

Nel-Peters het in Las Vegas 91 deelnemers van oor die wêreld heen uitgestof om die kroon van die mooiste vrou in die heelal te dra. Mej. Colombië is as eerste prinses aangewys en Mej. Jamaika as tweede prinses.

Nel-Peters woon deesdae in New York en het sedert sy in November gekroon is al heelwat met bekendes skouers geskuur. Sy het ook die Golden Globe-toekennings in Los Angeles bygewoon.

Die laaste keer toe ’n Suid-Afrikaner as Mej. Heelal gekroon is, was in 1978 toe Margaret Gardiner met die gesogte titel weggestap het.

Soos die tydskrif Sarie vroeër berig het, beplan Nel-Peters se ouers, Johan en Anne-Mari, ’n groot verwelkomingsfees.

Nel-Peters sal gedurende haar sogenaamde feesvieringsweek in Suid-Afrika aan Johannesburg, Kaapstad en haar tuisdorp, Sedgefield in die Suid-Kaap, besoek aflê. Luidens ’n verklaring wat deur Sun International uitgereik is, sal sy werk doen om vroue oor die hele wêreld deur middel van haar Unbreakable-veldtog te bemagtig.

Nel-Peters het hierdie inisiatief reeds vroeër in Suid-Afrika begin waar sy onder meer saam met selfverdedigingskenners werk om vroue op te lei en te bemagtig. Van die vaardighede wat aan vroue geleer word, behels hoe om sekere situasies te hanteer, soos verskillende vorme van aanranding, toksiese verhoudings en seksuele teistering.

Nel-Peters sal onder meer slypskole in Soweto en Kaapstad aanbied. Daarby sal sy ook die slagoffers van die Knysna-brand besoek wat begunstigdes van haar fondsinsamelings is.

safe image.php 9

Groot opwinding by lughawe oor Demi-Leigh se tuiskoms

‘n Skare mense het Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, ingewag waar sy Woensdag vroeg in Suid-Afrika sou aankom.
NETWERK24.COM

gilde3 10

UITSTALLING VAN PRODUKTE VIR DIE GASVRYHEIDSBEDRYF

Joy Cook (Whalephin Gastehuis)

“Sedert 2017 het die Gastehuis Gilde van Mosselbaai die leemte gesien om die leweransiers aan die eienaars van die Gastehuise te Mosselbaai bekend te stel.

Met die eerste uitstalling in 2017 wat ook aangebied was by die Portao Diaz Hotel was daar net 8 uitstallers, waar daar wel gesien is dat daar wel ‘n behoefte bestaan vir die uitstal van leweransiers vir die eienaars van Gastehuise. Dit het goed uitgewerk om dit aan die begin van die nuwe jaar aan te bied na die besige somer seidoen.

Op 23 Januarie 2018, is die tweede suksesvolle uitstalling met 30 uitstallers, weer by Portao Diaz Hotel aangebied. Die personeel van die Hotel was weereens baie behulpsaam en was met tipiese Afrika drag geklee en tydens die uitstalling is vetkoek met heerlike vulsels aan die uitstallers en Gastehuis Gilde eienaars aangebied.

Tydens die uitstalling, het die lede van die Gastehuis Gilde saamgekom om die 6 weeklikse vergadering te hou waartydens Franco Angeleri, verbonde aan die SA Tourism en die nuut aangestelde HOO, Me Aneli Gerber die vergadering toegespreek het.

Die uitstallers het elkeen ‘n prys geborg wat die dag baie aangenaam gemaak het. Daar was linne, sjokolade, koffie, vrugtesappe skoonheidspreperate, toerbussie-eienaars, media, fotograaf ens.

Langs hierdie weg bedank ons die eienaar en personeel van Portao Diaz Hotel wat hierdie dag vir die Gastehuis Gilde moontlik gemaak het.

Daar is gevra of die uitstallers weer so ‘n uitstalling sal verwelkom en ondersteun, waarna die uitstallers almal daartoe ingestem het. “

Foto: Anelie Gerber, Mosselbaai se nuwe toerisme-hoof, het vrugtesap gewen. Hier is sy by Louis Cook, voorsitter van die Mosselbaai Gastehuis Gilde.

gilde1 11

Foto: Die bestuur van die Mosselbaai Gastehuis Gilde is van links: Louis en Joy Cook van Whalephin Gastehuis, Ria Schutte (onder-voorsitter), Tertius Coetzer (bemarker) en Franco Angileri (gasvryheidskonsultant van die Toerisme Graderingsraad.)

gilde4 12

ICOSA NEEM SKOOLPROBLEME HOF TOE

good 13

Icosa leier en raadslid van die Mosselbaai munisipale raad, Dawid Kamfer en uitvoerende lede van die party het Maandagaand met besorgde ouers op Sonskynvallei vergader. “Ons het ‘n regsverteenwoordiger opdrag gegee om die hof te nader om ‘n oplossing vir die probleme met skoolvervoer en toelatingskwessies te gelas.”

MOSSELBAAI NUUS – Die leier van Icosa en raadslid in die plaaslike raad, Dawid Kamfer, sê hy is boos.

“Ek is baie teleurgesteld oor die manier waarop die kinders wat van Powertown hervestig is na Sonskynvallei en nou probleme ondervind met vervoer na skole.

“Ons het die gemeenskap deurentyd gemaan om versigtig te wees en aan hul kinders se toekoms te dink voor hulle hervestig, maar dit was tevergeefs.”

Raadslid Kamfer en uitvoerende bestuurslede van Icosa het Maandagaand met inwoners van Sonskynvallei vergader oor die inwoners se besorgdheid oor toelatingskwessies en skoolvervoer.

“Icosa het reeds ‘n regsverteenwoordiger opdrag gegee om die howe te nader vir ‘n bevel dat die onderwysdepartement steeds vervoer aan leerders na Groot-Brakrivier moet verskaf.

“As gemeenskapsleier het ek aan die gemeenskap die probleme verduidelik met Hartenbos Laerskool wat net ‘n gegewe aantal kinders kan huisves.

“Met die talle probleme wat Sonskynvallei se kinders in die gesig staar, kon ‘n mens die probleem sien kom,” berig raadslid Kamfer.

Hy het sy kommer uitgespreek dat die probleme met skoolvervoer en geskikte plasings daartoe kan lei dat kinders die skool verlaat en op die strate gaan beland.

“Ek wil my skok uitspreek teenoor die DA en burgemeester Harry Levendal wat die betrokke mense heuning om die mond gesmeer het deur vervoer te gereël het, net om die mense onder valse voorwendsels uit Powertown weg te kry.

“Ek meen raadsheer Levendal het geweet daar gaan nie in 2018 weer vervoer wees vir die kinders wat na Groot Brak vervoer moet word nie.

“Die onderwysdepartement se regulasies is duidelik, kinders moet na die naaste skool gaan en vervoer kan nie beskikbaar gestel word aan leerders wat binne ‘n radius van 5km vanaf hul skool woon nie.”

Icosa beoog volgens raadslid Kamfer om dringende vergaderings met al die rolspelers te beroep.

“Die moontlikheid is nie uitgesluit om boikot te reël na die skool nie."

“Ons prokureur is opdrag gegee om hof toe te gaan om die kinders teruggeplaas te kry by Groot-Brakrivier se skole waar hulle verlede jaar was.

“Of, om die ouers terug te plaas na Powertown toe. Icosa kan nie toekyk hoe met die toekoms van ons jeug gespeel word nie,” aldus raadslid Kamfer.

Lees ‘n verwante artikel: Powertowners word soos melatses behandel

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/icosa-neem-skoolprobleme-hof-toe-20180123

Related Articles:

Comments  

0 #1 romanoK 2020-08-24 17:56
deployed http://storatuttarflickor.blogg.se/ fingering vagina
Quote