Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Ook Mosselbaaiers en mense regoor die Suid-Kaap is diep geraak deur die vermisraking en dood van die 17-jarige Stefan Marais van Riversdal vroeër vandeesmaand – veral omdat albei sy ouers, Pine en Petrusa, vroeër by Hoërskool Punt skoolgehou het en bekend is in die omgewing.

Stefan Marais1 2Die begaafde graad 11-leerling van die Hoër Landbouskool Oakdale het voorverlede Vrydagmiddag (19 Januarie) ná ‘n skooluitstappie na Stilbaai nie saam met sy skoolmaats per bus na die skool teruggekeer nie. ‘n Grootskaalse soektog is onmiddellik van stapel gestuur en sy liggaam is eers die volgende dag sowat 300 m van die monding van die Goukourivier vanuit ‘n helikopter gesien en deur polisieduikers aan wal gebring.
Die voorlopige uitslag van ‘n nadoodse ondersoek wat Dinsdag op hom uitgevoer is, het bevind hy het erge kop- en nekbeserings opgedoen voordat hy waarskynlik verdrink het.

‘n Gedenkdiens is Vrydagoggend vanuit ‘n volgepakte NG Moedergemeentekerk in Riversdal gehou. Benewens sy ouers, word Stefan ook oorleef deur ‘n jonger boetie, Pieter, wat ook op die uitstappie was.

Lees meer hieronder:
Stefan Marais 768x870 3stefan Marais2 480x320 4


Foto links bo: Stefan het op akademiese sowel as sportgebied uitgeblink – veral in rugby en krieket. Regs bo: Skoolmaats op pad na die gedenkdiens.

Die tragedie het mense landwyd aangegryp en het wye mediadekking geniet. Vrae oor hoekom niemand vroeër opgemerk het dat Stefan nie in een van die busse is nie, is soos volg in die Suid-Kaap Forum beantwoord:

STEFAN MARAIS: GEMEENSKAP SOEK ANTWOORDE

RIVERSDAL NUUS – Baie vrae oor die omstandighede waaronder Stefan Marais dood is, het ontstaan tydens die soektog na hom en ook nadat sy lewelose liggaam in die Goukourivier gevind is.

Stefan krieket 5

Veral op die sosiale media platforms het dit behoorlik gegons.

Hieronder volg ‘n paar van die kommentare en vrae:

Renata van Dyk: Dit is so hartseer! So onnodig? Waar was die onderwysers wat toesig moes hou en seker moes maak dat hy saam met de groep terug Riversdal toe is?

Marié van Rooyen: Baie, baie hartseer… my hart gaan uit na sy familie en vriende… volgens die berigte wat ek lees was die bus al terug op Riversdal en toe kom hul eers agter hy is nie daar nie… sjoe, dit maak nie sin nie…

Kobus en Lizelle Lloyd: Ek het die berig ook so verstaan… Nogals gewonder daaroor…? Baie baie jammer en sterkte aan die familie en vriende…

Sanet Robertson: Baie hartseer en onnodig… iets maak net nie sin hier nie?? Ongelukke gebeur, maar iets nie lekker met die storie nie?

Linda Francine: Wat my pla is dat eers by die skool het hulle besef hy is nie daar nie.

Theresa Potgieter: Nou hoe het hy verdrink, was hy alleen dat niemand gesien het nie ??????

Nicole Coly Swart: Suid-Kaap Forum… jammer dat ek dit hier vra: Soos ek verstaan was in een van die berigte genoem dat hulle eers die seun vermis het toe hulle by hulle bestemming uitgekom het… dis algemene kennis dat voor ‘n bus vertrek dat kinders getel word… hoe is dit moontlik dat niemand die seun toe dan al vermis het nie?

Andriana Burgh: Dis wat ek myself vra, êrens moet iemand weet… dis so hartseer, my hart breek vir die ouers!

Suid-Kaap Forum het die skoolhoof, mnr. André Latsky vir kommentaar genader.

Kommentaar (effe verkort)
“Die Hoër Landbouskool Oakdale bied reeds oor jare heen die graad 8-spanbouaktiwiteite op die sand langs die Goukourivier by Stilbaai aan.

“Op Vrydag 19 Januarie was 101 graad 8’s, 21 lede van die skool se VRL en vyf personeellede betrokke by die aanbieding hiervan. Voorbereidings is reeds Donderdagmiddag op die sand gedoen deur twee leerkragte en 14 VRL-lede wat ook die aand op Stilbaai oornag het.

“Vrydagoggend om ongeveer 07:00 het die graad 8-leerders en sewe VRL-lede met vier busse vanaf Oakdale na Stilbaai vertrek.

“Een van die ander busse was reeds op Stilbaai met die VRL wat Donderdag daar oornag het.

“Stefan, lid van die VRL het eers Donderdag om 19:00 vanaf die Kalahari Vasbyt gearriveer en kon dus nie die aand saam met die ander VRL-lede op Stilbaai oornag nie.

“Hy het dus Vrydagoggend saam met een van die 15-sitplekbussies na Stilbaai gery. Die Oakdale-VRL vervul die rol om as groepleiers op te tree vir elk van die 10 groepe waarin die graad 8-leerders verdeel is.

 Stefan 6

Stefan het uitgeblink in rugby.

“Die spanbouaktiwiteite sluit raakrugby, toutrek, massa-aflos en ontwikkelingsbaan in, waarvan geen aktiwiteit in die rivier aangebied is nie, slegs op die sand. Deelname geskied in groepsverband en kompetisiebasis tussen verskeie groepe.

“Na afloop hiervan om ongeveer 11:40 is die graad 8-leerders en VRL toegelaat om onder toesig van vier personeellede die sand in die rivier af te spoel.

“Leerders is versoek om ongeveer 11:50 reg te maak om met die busse na Riversdal terug te keer. Nadat getalle van die graad 8-leerders gekontroleer is, het die VRL gou weer gaan swem.

“Die groep het ‘n bietjie dieper in die rivier geswem as die res van die groep waar hulle in die water gespeel het, eerder as om te swem.

“Die personeel het die VRL versoek om uit die water te kom en op die busse te klim. Die vyf busse het om 12:00 vertrek sodat die groep betyds sou wees om 13:00 middagete in die koshuis te nuttig.

“Stefan het nie saam met die bus teruggery as waarmee hy na Stilbaai gery het nie en is deur betrokke personeel aangeneem dat hy by een van die ander vier busse ingeklim het.

“Dit blyk dat, gedurende hul spelery in die rivier Stefan onder die water verdwyn het sonder dat een van die 20 VRL-lede dit agtergekom het.

stefan 7

Stefan Marais was ‘n uitmuntende sportman in tennis

“Die ondeursigtige aard van die bruin rivierwater het dit onmoontlik gemaak om enigiets onder die water op te merk.

“Daar is soveel sorg geplaas op die welstand van ons groot groep van 101 graad 8-leerders dat die VRL-getalle nie gekontroleer is nie.

“Die skool onderneem gereeld akademiese-, sport- en landbou-uitstappies en toere met groot getal leerders.

“Ons reis dikwels met 18 rugbyspanne na verskeie skole en verskeie provinsies vir deelname en was toesig en beheer oor ons leerders deur personeel altyd ‘n prioriteit en van hoogstaande gehalte.

Ons skool betreur hierdie onvoorsiene en tragiese voorval waarin een van ons model-leerders sy lewe verloor het.”

https://www.suidkaapforum.com/…/die-gemeenskap-soek-antwoor…
Lees ook:
https://www.suidkaapforum.com/…/stefan-marais-die-engele-hu…

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 ed pills canadian 2020-07-09 08:46
ed pills canadian: http://www.cialij.com/
Quote