Oyster World Skorpios Security Property Pointer Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die afgelope week was ‘n geskiedkundige tydperk vir Suid-Afrika wat hopelik ‘n nuwe era inlei. Binne ‘n paar dae het die beleërde pres. Jacob Zuma teen alle verwagtinge in sy bedanking aangekondig (hoewel duidelik teësinnig!) en ‘n dag daarna is ANC president Cyril Ramaphosa as die nuwe SA president ingehuldig.

zuma klou 2

Cyril Ramaphosa 3Hoewel ons heeltemal nie-polities is, was die opbou tot Zexit só intens en aangrypend dat Zuma se bedanking – nogal op Valentynsaand! – die land se mense kortstondig herenig het in vreugde, verligting en hoop. Op alle media- en sosialemedia-netwerke het dit deurnag gegons, vreugdevure het gebrand en ‘n vuisvoos land het skielik ‘n sprankie hoop gekry dat dinge nét kan beter raak.

Die spreekwoord lui ‘n goeie humorsin is ‘n kenmerk van intelligensie – en as dit waar is, is die land vol slim mense . . . Maak nie saak hóé erg die land getref word deur rampe, misdaad, droogte en onderlinge verdeeldheid nie – humor was nog altyd die één gemene deler wat dié verdeelde nasie kenmerk en in staat stel om saam te lag en voort te beur ondanks hul verskille . . .

Zuma end of an era 4

Dit was ook die grappies en spotprente in die nasionale en internasionale media wat gedurende Zuma se presidentskap die duidelikste weerspieël het hoe Suid-Afrikaners en die wêreld oor sy leierskap voel. Sy uittrede op Valentynsaand het ‘n nuwe stortvloed grappies tot gevolg gehad – en as hy enige bedenkinge oor sy gewildheid gehad het, behoort dié spontane en humoristiese uitbeelding van vreugde en verligting hom finaal te oortuig het dat hy die regte besluit geneem het.

Ons bedoeling is nie om aanstoot te gee of dat mense hulle moet verlustig in enigeen se ondergang nie, maar ‘n mens sal sukkel om ‘n meer treffende en akkurate opsomming van Zuma se rampspoedige presidentskap en die land se gevoel oor sy bedanking te kry as in dié humoristiese spotprente en videos. Op die einde het hy dit aan homself gedoen en die mense het genóég gehad:

 zexit7 5

zexit valentines card 6

 zexit 7

 zexit1 8

 Zexit my way 9

 zexit3 10

 zexit4 11

zexit5 12

Zuma foto verklein voorblad 13

zexit8 14

Sy laggie en charisma :

https://www.sowetanlive.co.za/news/south-africa/2018-02-15-the-life-and-times-of-jacob-gedleyihlekisa-zuma/

https://web.facebook.com/elsa.wessels/videos/10156059861893397/

https://www.netwerk24.com/Stemme/Spotprente/spotprente-deur-fred-se-oe-20180207

Related Articles:

Comments  

0 #1 Shad 2020-08-05 13:54
Hi to all, the contents present at this web page are genuinely
remarkable for people experience, well, keep up the nice work fellows.


Here is my web site Apolo
- Catarsis: https://hot-charts.top/dl/apolo-catarsis.html
Quote