Ponto Grille and Carvery Oyster World Skorpios Security Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Wolwedans Game Farm Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die twee jong Weskus-manne wat onder meer daarvan beskuldig word dat hulle ‘n robwelpie  grusaam gemartel en mishandel het, het hulself vandag vrywillig by die Polisie op Velddrif aangemeld toe hulle hoor daar word na hulle gesoek om ‘n dagvaardiging op hulle te beteken.

Mosselbayontheline is vertroulik deur ingeligte bronne meegedeel dat die twee beskuldigdes ook onderneem het om hul volle samewerking in die saak te gee. Hulle sal deur dieselfde prokureur verteenwoordig word.

Hulle moet op 17 September 2018 die eerste keer in die hof verskyn op verskeie klagte wat verband hou met wreedheid teenoor diere, dieremishandeling en die oortreding van verwante wetgewings van marienelewe en omgewingsake.

Die ondersoek na dié voorval wat in besonderhede op ‘n video verfilm en wyd op sosiale netwerke versprei is, het lank geduur omdat die Dierebeskermingsvereniging sowel as die departemente van omgewingsake en seevisserye daarby betrokke is. Die outentiteit van die video moes ook behoorlik deur kenners bevestig word voordat dit as bewysstuk in die hof voorgelê kan word.

robvideo


Foto: ‘n Skermgreep uit die video.

Die skokvideo waarop duidelik gesien en gehoor kan word hoe twee jong mans ‘n hulpelose robwelpie herhaaldelik met ‘n mes op die snoet kap en steek en teen die boot vasslaan terwyl hulle lag en mekaar in kru taal aanmoedig, het landwyd heftige publieke reaksie ontlok.

Die video is destyds na Mosselbayontheline en Weskusonteline gestuur in ‘n poging om die identiteit van die plek en die twee manne te help vasstel. Dit het oombliklik ‘n ontploffing van kritiek, verontwaardiging en woede op sosiale media ontlok en was binne ‘n paar dae ook op radiostasies en die voorblaaie van nasionale koerante. Die video is intussen van die internet verwyder hangende die hofsaak.

Die identiteit van die beskuldigdes van 19 en 22 jaar onderskeidelik sal eers ná hul verskyning in die hof bekend gemaak kan word.

  • Volgens ingeligte bronne is dit in ‘n mate ook ‘n toetssaak vir die gebruik en toelaatbaarheid van sosialemedianetwerke en -hulpmiddels in ‘n hof om misdaad te help bekamp.

Die voorblad-foto’s is net ter illustrasie en is nie die betrokke welpie in die video nie.


 

 Vorige berigte:

Related Articles:

Comments  

0 #1 ubamuwabari 2020-09-18 00:43
[censored] 500 Mg: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] Online qzc.fssj.mosselbayontheline.co.za.smg.le http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote