Property Pointer Ponto Grille and Carvery Oyster World Skorpios Security Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Beach House Restaurant Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

Ons kén darem ons “customers” en wéét wie is slim en vol “sports”. Toe ons gisterand laat uitEINDELIK van Hennie en Hanna Coetzer van Danabaai ‘n inboks-boodskappie kry om te sê hulle is “versigtig opgewonde om te antwoord, want ons is bang dit is ‘n April Fool-grappie” toe wéét ons ons het reg gekies! ????

Ons dansende huweliksherdenkingspaartjie het gister van g’n sout of water geweet nie – totaal onbewus daarvan dat hulle glo ‘n vakansie van twee weke lank in een van Mauritius se top-hotelle gewen het – komplimente van Ponto Grille & Carvery. Uiteindelik het vriende van vriende wat ons plasing raakgelees en hulle op die foto’s herken het, hulle gekontak en ingelig – vandaar die laataand-boodskappie.

rachus1 2

Toe ons omstreeks 22:30 dadelik die nommer skakel en vir Hanna vertel dat dit wel ‘n Aprilgek-grappie is, maar dat hulle eintlik spesiaal gekies is vir ‘n gratis ete vir twee, het sy kliphard gelag en laat hoor: “Delicious Mauritius kan gaan slaap. Ons Dorp van die Jaar is anyway verreweg die beste!” ????

Die Coetzers het in Februarie verlede jaar van Postmasburg in die Noord-Kaap Danabaai toe getrek, maar hulle ken Hartenbos en Mosselbaai reeds van hul kinderjare af. Veral Hanna het van kleinsaf altyd saam met haar familie op Hartenbos kom kamp en was glo destyds deur haar pa verbied om in die “hoenderhok” by die Poort te kom dans – verwysende na die ou sementdansvloertjie by die Punt waar almal op rotse gesit en saamgedans het. ????

Jare later het sy en Hennie mekaar juis tydens ‘n kampeer-vakansie op Hartenbos ontmoet en ook by die ou Rendezvouz Motel buite Mosselbaai gedans . . .

“Hennie was daardie jare saam met my broer in die weermag. Ek het die eerste dag al geweet hy is my trouman!”

Hanna is in 1984 met haar weermagman getroud en toe mosselbayonTheline hulle Saterdagaand by Ponto Grille & Carvery raakloop, was hulle besig om hul 34ste huweliksherdenking te vier. Toe ons hulle vra om die dansbaan te open om weer die goeie ou dansdae by de Poort te laat herleef, het hulle nie gehuiwer nie . . . en dis hoekom ons hulle op een of ander manier wou vergoed omdat hulle sulke lékker mense is – al is dit dan nou deur ‘n Aprilgek-grappie waaruit hulle darem ‘n gratis ete wen! ????

“Moenie worry nie – ek het darem nog nie vir my ‘n bikini vir Mauritius gaan koop nie! Toe Hennie lees die vakansie is vir TWEE volle weke, het hy ook geweet hier is ‘n slang in die gras!”

Die egpaar is nog nie seker presies watter dag hulle die gratis ete gaan opeis nie, maar ons sal daar wees om hulle wéér af te neem, want sulke lekker mense hóórt in Mosselbaai en is ‘n aanwins vir die dorp!

(Rol ondertoe om te sien hoe ons die Coetzers met Bloumaan en Aprilgekdag uitgevang het.)

rachus 3 

rachus 4

Dis hierdie foto’s uit vergange se dae oor hoe daar vroeër jare by die POORT in Mosselbaai gedans is, wat die idee laat ontstaan het om dié tradisie te laat herleef by Ponto Grille & Carvery.

rachus 5

Baie mense onthou nog dié ou POORT-kafee waar daar in die jare 60/70 heerlike lekkernye te koop was en waar daar gedans en gekuier is dat die biesies bewe!

racchus 6

“ONCE IN A BLUE MOON” wen mense ook uit die bloute ‘n gelukkie . . .

Wow, het julle gisteraand die BLOUMAAN gesien? Die tweede volmaan in ‘n maand word Bloumaan genoem en dis ook die tweede en laaste Bloumaan vir 2018 nadat daar ook twee volmane in Januarie was. Bloumaan kom selde meer as een keer in ‘n kalenderjaar voor – vandaar die uitdrukking “once in a blue moon” en derhalwe wag daar ‘n GROOT verrassing vir twee Mosselbaaiers wat gisteraand soos van ouds by Die Poort in die volmaan gedans het!

Die gelukkige paartjie op die eerste foto het gister hul 35ste huweliksherdenking gevier en net omdat hulle sulke groot “sports” was om die dansbaan by Ponto Grille & Carvery amptelik te open (en duidelik nog net so lief is vir mekaar soos op hul troudag!) wen hulle ‘n weelderige vakansie van 2 weke in die vyfster Shangri-la Hotel en Spa op die oostelike oewer van Mauritius in Trou d’Eau Douce Bay – met komplimente van die eienaars en bestuur van Ponto Grille & Carvery!

Al wat die gelukkige paartjie moet doen, is om op die foto te klik en kommentaar te lewer sodat ons hulle kan opspoor om die wonderlike nuus oor te dra! Hulle moet ook hul telefoonnommer vir ons inboks asb.

Danksy die groot belangstelling onder inwoners en besoekers om weer soos in die ou dae langs die see by Die Poort te dans, laat Ponto Grille & Carvery nou dié vergange dae herleef met ‘n volwaardige “Dinner & Dansaand” elke Saterdagaand waar musikant Rachus Muller gunstelinge uit die ou dae speel! Kom herleef jou herinneringe of kom maak nuwes en dans Saterdagaande saam – die heerlike seelug en uitsig op rotse en branders is nog net so mooi soos destyds!

Intussen is dit weer heeltyd speeltyd in Mosselbaai en omgewing waar Paasvakansiegangers die heerlike weer en wye verskeidenheid aktiwiteite met oorgawe geniet! Kyk die foto’s op ons FB-blad om te sien wat alles in die omgewing aangaan!

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2120262118205044

* March 31, 2018 – that full moon you’ll see in the sky all night carries the name Blue Moon. In fact, it’s the second and final Blue Moon of this year. By popular acclaim, a Blue Moon is defined as the second of two full moons to occur in one calendar month. January had two full moons. Now March does, too.

Two Blue Moons in one year seem to belie the idea that once in a Blue Moon indicates something rare. It’s true that, in recent years – with more than one definition for Blue Moon – Blue Moons seem to happen pretty often. Yet it’s indeed quite rare to have two Blue Moons in a single calendar year. It last happened in 1999 and won’t happen again until 2037.

http://earthsky.org/tonight/years-2nd-blue-moon-on-march-31

 rachus 7

 rachus 8

rachus 9

rachus 10

Kyk ook hierdie “vreemde” video van hoe lekker die mense nog kuier en dans by die Punt! Elke Saterdagaand by Ponto Grille & Carvery:

https://www.youtube.com/watch?v=XtX48BbYAx0&feature=youtu.be

Related Articles:

Comments  

0 #1 cephalexin for sale 2020-08-30 18:03
cephalexin for
sale: https://keflex.webbfenix.com/
Quote